Foto’s: KZN-ongeluk eis twee

Die ongelukstoneel. Foto's: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto’s: Netcare 911

Twee mense is dood en talle, waaronder kinders, is beseer nadat ʼn minibustaxi Donderdagoggend in KwaZulu-Natal teen ʼn wal afgerol het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die R67 tussen Ixopo en Richmond plaasgevind.

“Nooddienswerkers moes teen die styl wal afklim om by die taxi se wrak uit te kom,” het Steinmann gesê. “ʼn Man was in die voertuig vasgekeer en moes uit die wrak gesny word.”Richmond ongeluk netcare 911 2

Twee mense is dood en 17 het matige tot ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel, waarna hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Richmond ongeluk netcare 911 3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.