Foto’s: “Laat Derby-Lewis vry”

Steve Hofmeyr by die optog Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Steve Hofmeyr by die optog Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

 ‘n eNuus-insetself volg onderaan die berig.

Clive Derby-Lewis, een van die mans wat skuldig bevind is aan SAKP-leier Chris Hani se moord, moet vrygelaat word, het Front Nasionaal (FN) Saterdag gesê.

“Derby-Lewis is Suid-Afrika se bekendste oorblywende politieke gevangene,” het Dan Roodt, die groep se adjunkleier, in Pretoria gesê. ʼn Optog is Saterdag gereël deur ondersteuners vir Derby-Lewis.

Roodt het Saterdag aan Maroela Media bevestig ʼn versoekskrif vir Derby-Lewis se vrylating is aan die direkteur van die departement van korrektiewe dienste oorhandig. FN gaan ook ʼn lys van meer as 1 000 name wat ʼn petisie vir Derby-Lewis se vrylating onderteken het, aan die DKD stuur.

Hy sê nagenoeg 120 mense, insluitend die sanger en aktivis Steve Hofmeyr, het Saterdag aan die optog deelgeneem.

FN het dit benadruk dat die vrylatingseis nie ʼn politieke stelling is nie. “Dit kan dalk soos ʼn paradoks klink. Clive is ʼn voltrekte politikus, ʼn staatsman en ʼn leiersfiguur vir die konserwatiewe beweging in Suid-Afrika,” het Roodt gesê. Die FN glo om hom vry te lat, is die regte ding om te doen.

FN eis sy vrylating “in die naam van geregtigheid, in die naam van God of Christelike welwillendheid en in die naam van burgerlike waardes”. “Hulle sal ons verregs noem vir hierdie versoek tot redelikheid,” het Roodt gesê. “Hulle sal ons as fasciste beskryf, of ongemanierde boere, maar ons verwerp alle etikette en slagspreuke.”

Hani is op 10 April 1993 in die oprit van sy huis in Boksburg doodgeskiet. Derby-Lewis (78) is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis en het reeds meer as 20 jaar van dié vonnis uitgedien. Hy is onlangs met kanker gediagnoseer en sy aansoek om mediese parool is al twee keer afgekeur.

Die SAKP in die Wes-Kaap beplan om Saterdag Chris Hani-gedenklesings te hou.

Hofmeyr het ook die optog in Pretoria bygewoon. “Op ons president se verjaarsdag vra ons vir ‘n klein bietjie hart en ‘n helse klomp geregtelike konsekwentheid. As [Robert] McBride en [Nelson] Mandela (en [Shabir] Shaik en [Jackie] Selebi) amnestie-gholf mag speel, is ek seker mediese parool kan oorweeg word vir een van die oudste politieke gevangenes ter wêreld,” het Hofmeyr aan Maroela Media gesê.
-SAPA

Die Clive Derby-Lewis-optog Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Die Clive Derby-Lewis-optog Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Steve Hofmeyr by die optog Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Steve Hofmeyr by die optog Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ria Maritz ·

Dankie Dr Roodt, Steve, Hannes Cloete, Abel Malan en andere – ELKEEN se teenwoordigheid daar. Dankie ook aan Maroela Media (Sune van Heerden) vir die plasing van hierdie rubriek.

“in die naam van geregtigheid, in die naam van God of Christelike welwillendheid en in die naam van burgerlike waardes”.

HIEROP MY ANTWOORD – AMEN !

My bede is dat Oom Clive vrygelaat sal word om sy laaste (menslik gesproke een jaar – volgens sy dokter) tyd op aarde saam met sy geliefdes deur te bring.

Self kon ek nie daar wees as gevolg van mediese omstandighede, maar in my hart en siel was ek daar vir Oom Clive.

Shannon ·

Roodt : “in die naam van geregtigheid, .. God of Christelike welwillendheid en ..burgerlike waardes”.

Sodra jy godsdiens inroep vir backup dan word dit basies `n slagspreuk. Maar tog, hy voeg by :
“..maar ons verwerp alle etikette en slagspreuke.”

Dan Roodt, toe ek jou jare terug reeds aangemoedig het om jou weeklikse geteem te laat vaar en jou gewig eerder in te gooi by `n meer waardige pleidooi soos juis díe van Derby Lewis toe verdiep jy jouself met nuwe ywer in nog aanval opstelle.

Hier is Steve, die pop ster se redenasie – luister mooi :
“As ons kabinet kan bestaan uit vrygelate politieke gevangenes, en as Selebi .. Shaik en McBride mag gholf speel, kan oom Clive mediese parool kry.”
Die man is briljant ! Het Steve ook `n BeeAaa geloop ? Klink vir my meer of die man `n suiwer wiskunde BSc voltooi het – die logika is verstommend eenvoudig… nie nodig om die gode op te roep nie.

Rudi ·

Weet nie wat jou opinie oor godsdiens is nie, ek’s godsdienstig maar ek stem saam met jou. Wat nou skielik “Christelik” is (aldan nie) hang blykbaar meestal af van die spreker se politiese opinies. Boonop is nie almal Christene nie. Nuttelose argument.

Demokraat ·

Moenie van die Goddelikheid ‘n soort van skans of wapentuig maak nie, Dan Roodt. Jou gewone betoë het nog altyd hoofsaaklik ‘n politieke inhoud gehad en hou dus maar daarby en los God uit jou oppervlakkige geveg – Hy laat hom nie misbruik nie.

Jasper ·

Na al die kommentare op verskillende forums het ek gedink daar gaan duisende Afrikaners opdaag.
120 Is terleurstellend.
Dankie Steve en die organiseerders vir jul moeite.

Ria Maritz ·

Weet jy Jasper, ek het gehoop dis ‘n tikfout – die 100, maar ek ken nie almal se omstandighede nie, daarom wil ek nie oordeel nie.

Wat wel opvallend is – Julius Malema reel ‘n optog of byeenkoms vir ‘n weeksdag , dan daag daar DUISENDE op … hierdie betoging vir Oom Clive is lank reeds gereel en versprei – en daar daag ‘n handjievol mense op.

Pieter ·

Jy was nie deel van die handjievol nie. Jy preek mos dan vir jouself.

Hantie ·

Die plakkaat: “Hani en Zuma se m@*r. Release Clive”, gaan Clive se saak baie skade doen. Of ons dit wil weet of nie, dit is waar die finale besluit geneem gaan word. Daar is nog baie emosie aan die ander kant oor Hani, en Zuma is die ou wat die finale besluit moet neem. Dit kan selfs maak dat CDL langer moet sit.

As hy vrygelaat word sal dit nie DANKSY hulle optog wees nie, maar ONDANKS. Kan hulle nie verstaan dat enige konnotasie met regse politiek sy kanse beduiwel nie! Ander mense is ook besig om hulle daarvoor te beywer, met ‘n baie groter kans op sukses, maar nou weet ek nie meer nie.

Natuurlik moet Clive Derby Lewis al lankal vrygelaat gewees het! Daar is tans ‘n nuwe mediese parool aansoek wat ingegee gaan word. Die SAKP wil dit nie he nie, en hierdie klomp regses gee hulle skietgoed. Clive sal dalk stilletjies vrygelaat word as hy gesien word as ‘n sieklike ou man, maar as hy ‘n politieke speelbal word, gaan hy defnitief bly sit.

FN gee nie om nie, want hulle is besig om goedkoop politiek te bedryf. Alles net ter wille van stemme, selfs al benadeel die Clive se saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.