[Foto’s] Lande dors na reën

Foto: Bennie van Zyl (word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Foto: Bennie van Zyl (word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Foto’s wat die impak uitbeeld van die droogte wat tans die land teister, word wyd op sosiale media versprei.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, het ingestem dat ons dié foto’s op Maroela Media mag deel.

Die foto’s is op 14 Desember op die pad tussen Hoopstad en Bothaville in die Vrystaat geneem.

Bennie het ʼn paar dae later die foto van die wolke op sy Facebook-blad gelaai en geskryf: “Ten spyte van die droogte, die veiligheidstoestande en ‘n regering wat met ‘n siek ideologie en beleid besig is om Suid-Afrika se toekomsdeur toe te maak, weet ons as Christene dat elke donker wolk gewis ‘n silwer randjie het, veroorsaak deur die enigste Ware Lig wat ons fondament is vir die toekoms.”

**Karoo Lusern het intussen Oudtshoorn-boere bedank wat baie geskenk het aan die boere in die Vrystaat en Premier Transport wat gehelp het met droogtehulp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Liza ·

Dit is absoluut hartverskeurend om te aanskou, en ons as mens staan magteloos en toe kyk hoe ons diere ly. Droogte hou ons op ons kniee en dit maak ons wees saam staan as ‘n gemeenskap. Boere in Nood julle doen fantastiese werk, baie dankie!

Johan ·

Bid, bid, bid, praat met die Here Suid Afrika. ”  BID tot die Here om reën in die tyd van die laat reëns; die Here maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ’n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen”.

Johannes Meintjes ·

Ja, hoe hard en duidelik, – of hoe lank nog deur tekens van die tye, – moet die Lewende God met hierdie land se hardnekkige en eiesinnig afgodedienaars praat sodat ons sal luister en in geregtigheid wedersyds-stigtelik sal begin handel?

Elna ·

Al wat ek kan sê is ‘foeitog…..’ sooo hartseer vir die boere, mag ons Vader se genade elke dag vir julle genoeg wees. Met ‘n hart vol deernis en meegevoel vertrou ek saam met julle almal vir wonderbare uitkoms. Asseblief Vader, net U en U alleen is by magte om te doen vér meer as wat ons kan bid of dink, Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.