Foto’s: Landswye onluste duur steeds voort

Polisiebeamptes probeer kalmte afdwing in Soshanguve waar woedende betogers paaie met brandende bande en klippe versper het. (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency)

Met die algemene verkiesing net enkele weke weg, het diensleweringsbetogings die land vandeesweek lamgelê en minstens twee lewens geëis en steeds is daar geen einde in sig nie.

Vanmiddag was gedeeltes van die N2 buite die Strand in die Wes-Kaap steeds vir verkeer gesluit, terwyl gewelddadige betogings in Pennyville in Soweto en in Alexandra in Johannesburg voortduur. In Eersterivier in die Wes‑Kaap is paaie ook gesluit waar voertuie aan die brand gesteek is weens ontevredenheid oor behuising.

Die Wes-Kaapse polisie sê 37 verdagtes het in die hof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is in verband met die onluste in Lwandle, buite die Strand.

‘n Vragmotor in Soshanguve wat onder betogers deurgeloop het. (Foto: Bongani Shilubane/African News Agency)

In Rust‑ter‑Vaal in Vereeniging duur botsings tussen betogers en die polisie voort, terwyl daar in Pennyville agt mense vir openbare geweld in hegtenis geneem is. Hiér word betoog deur inwoners wat daarop aandring dat titelaktes vir eiendomme binne ʼn week nog aan hulle oorhandig moet word.

In Alexandra is betogings al meer as ʼn week lank aan die gang. Inwoners het versperrings aan die brand gesteek en chaos in die gebied veroorsaak in hul protes oor diensleweringsprobleme. In Soshanguve buite Pretoria is twee betogers vandeesweek dood.

Skole in Gauteng en op die Kaapse Vlakte is deur die betogings geraak, op plekke is gesondheidsdienste geaffekteer en in die Vrystaat is vragmotors aan die brand gesteek.

Die M20 in Soshanguve is deur betogers met klippe afgesper. (Foto: Bongani Shilubane/African News Agency)

Intussen lyk dit asof niemand wil pa staan vir dié onrus nie – die DA blameer die regerende ANC vir onluste, terwyl die ANC teruggekap het deur te sê die DA moet verantwoordelikheid neem vir inwoners se besware.

“Dit is so duidelik soos daglig dat ANC-anargiste die land wil afbrand en gemeenskappe wil kriminaliseer om die indruk te skep dat goedbestuurde DA-regerings soos Johannesburg en Tshwane nie vir die mense werk nie,” het die DA-leier in Gauteng, John Moodey, Vrydagmiddag gesê.

Dennis Cruywagen, die ANC se woordvoerder in die Wes-Kaap, het op sy beurt gesê die DA moet aanspreeklikheid aanvaar vir sy mislukkings. “Die DA se standaard-antwoord is om die ANC vir alles te blameer wanneer hy droogmaak, soos deur Khayelitsha in die donker te hou deur nie straatligte op te rig nie en opsetlik en moedswillig nie genoeg huise te bou nie,” het hy gesê.

Steven Mokgalapa, burgemeester van Tshwane, skuil in ‘n polisie-njala nadat betogers in die Gomorrah-informele nedersetting in die weste van Pretoria gewelddadig geraak het toe hy die gebied besoek. (Foto: Bongani Shilubane/African News Agency)

“Hierdie taktiek om te probeer om die verantwoordelikheid vir die verskillende gemeenskappe se woede te ontduik sal nie werk nie. Ons doen ʼn beroep op Alan Winde en die DA-leierskap om op te hou om die vinger na ons te wys en eerder verantwoordelikheid te neem. Die premier en die burgemeester moet na die verskillende gemeenskappe toe gaan en hulself daar verduidelik.”

Shenilla Mohamed, uitvoerende direkteur van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika, het ʼn beroep op politici gedoen om planne te beraam om aandag aan die besware van gemeenskappe te gee. “Die opvlam van betogings in aanloop tot die verkiesing is aanduidend van mense se ontevredenheid met politici wat nie hul beloftes die afgelope vyf jaar nagekom het nie. Toegang tot water, behoorlike behuising en elektrisiteit is noodsaaklik vir enigiemand om ʼn waardige lewe te lei,” het Mohamed gesê.

“Terwyl die land op pad is na die stembusse toe, moet politici nóú post-verkiesingsplanne ontwikkel in ooreenstemming met die land se menseregteverpligtinge. Hierdie planne moet opgevolg word met beslissende optrede om die kwessies wat die gemeenskappe opper aan te spreek. Deur dit te doen sal mense se daaglikse lewens nie net verbeter word nie, maar die las van werkloosheid, armoede en ongelykheid sal ook hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

GAB ·

Lekker gerieflik vir ANC om sulke betogings te maak in alle DA gebiede terwyl hulle gebiede lam lê onder hulle beheer. Mafia bedrog spul en swak verloorders

Budget ·

Die sinnelose onluste het my nou oortuig om Chinese winkels te ondersteun, Koreaanse voertuie te koop, ingevoerde kos, klere en huishoudelike toestelle ens. te koop. Ek is ook kwaad, maar raak nie gewelddadig nie. Ek gaan net nie mense meer ondersteun wat net vernietig en als verniet wil he nie!

Jerry ·

Die ANC het doelbewus beloftes gemaak wat hulle geweet het nie nagekom sal word nie en waarvoor hulle die opposisie beheerde rade blameer. Die ANC orkestreer die betogings sodat mense se woede gekanaliseer word teen opposisiepartye. Teen die tyd wat die verkiesing plaasvind sal die mense te kwaad wees vir die opposisie en te bang wees vir die ANC. Die ANC se magsvertoon sal mense met nie veel van n keuse laat as om hulle kruisies by die ANC te trek. Hierdie ANC doelbewuste magsvertoon met onluste het dit ten doel om opposisiebeheerde gebiede onregeerbaar te maak en terug te vat. Die opposisie partye gaan sleg tweede kom in die komende verkiesing. Die ANC het die revolusionerestrukture en tande om met geweld en intimidasie te doen wat hulle wil. Die opposisie daarenteen kan niks anders doen as om die aftog te blaas en eenkant te staan en blaf! Die ANC is duidelik nie van plan om hulself na die verkiesing te laat vervolg vir staatskaping, hoogverraad ens. Die ANC sal selfs n bloedspoor van stapel stuur om hulle wandade te probeer verdoesel. Die ANC is n gewetenlose organisasie wat geen onreg verdra nie, nie net teenoor die opposisie, maar selfs teenoor hulle eie mense. Hier kom nog groot skade voor die verkiesing en na die verkiesing gaan mense net nog dieper in die gyselaar dryfsand wegsak. Wetsgehoorsame burgers gaan vir al die skade moet betaal sonder dat hulself skade aangerig het! SA kan dus met reg n gekkeparadys genoem word.

Jeremia ·

Jy is 100% in die kol. Daar is net een manier om on top of the game te bly. Sien wat gebeur en berei jou voor vir die toekoms. Die ANC gaan nie van die mag afstand doen nie en die faksiegevegte gaan uitloop op ‘n bloedige oorlog waarby Jan en alleman betrek ggan word. SA gaan wanneer alles geplunder is onder die beheer van verskeie krygshere staan en hulle gaan die wet neerle.

akkedis ·

die here help ons, ek hoop julle toekoms voorspellings is verkeerd !

Christo ·

Die ANC steur hom nie aan hofuitsprake nie. Nog die polisie nog die NVG en die Valke sal ANC politici wat aan enige iets skuldig is arresteer. Die Kommissie wat Staatskaping ondersoek is eintlik net oë verblindende. Daar gaan niks daarvan kom nie. As die wêreld gevrees het dat daar in 1994 ‘n burgeroorlog sou uitbreek, moet hulle oë oopgemaak word dat ons reeds in ‘n staat van anargie leef . Die sogenaamde dienslewering proteste is net die begin. Min van die gepeupel verstaan dat die ‘Government’ en die ANC een en dieselfde is. Ek is bevrees dat nóg die ANC nóg die EFF die verkiesings uitslae gaan aanvaar. Die een oor die twee derde meerderheid en die ander sal weer die witman blameer deur te beweer dat ons geknoei het deur in die OVK se stelsels in te ‘hack’. So wees maar voorbereid vir die tydperk ná die 8ste Mei. Dit gaan nie beter wees nie. Die sogenaamde politieke ontleders het met vele verkiesings in ander oorsese lande die pot mis gesit. As mens na elkeen luister verskil hulle navorsingsresultate. Die EFF se steun is baie groter as wat ons dink.

Jerry B ·

Julle brand alles af maar stem vir die persone wat die oorsaak is. Ek sal seker nooit verstaan nie.

Cherokee ·

Jerry, die algemene mening is gewoonlik dat jy verkeerd is. Tòg kry jy somtyds ‘n duimop.
Ek lees jou gewoonlik met ‘n vraagteken en bevind hierdie keer ‘n neutrale besluit.
Stuur R5 aan die ingeslote rekeningnommer om dit ‘legal’ te maak.
(Sorry, vir die oomblik was Afrikaanse legal .. . .. … onbereikbaar)

GM ·

Dis moontlik om al daardie dinge te kry (huise, water, krag, goeie skoolopleiding, tersiêre opleiding ens.) – betaal net daarvoor soos die res van ons. Dis so eenvoudig soos dit.

Ek ken ‘n meisie wat as student 3 werke gehad het om vir haar studies te kon betaal. Waar ‘n wil is, is ‘n weg.

humor ·

Jerry ek reken jy ontleed die huidige toestande reg. Ten spyte van die land wat aan die brand is is daar geen ingrype van die kant van die regering nie, en dit ontblood die president vir presies wat hy is. Volgens my n donker eerlose karakter. Ek reken die anc voel dit aan sy bas dat hy in n swak posisie staan om die verkiesing te wen en skep toestande wat n uitstel moontlik kan maak.

Blikke ·

Ek weet van n tyd toe die nonsens glad nie geduld was nie wat staan nog toegelaat was nie. Pateties hoe ons nou aankarring met slegs monitering en absoluut geen aksie nie. Belaglik en bekotsenswaardig!!!

? leser ·

wanneer gaan die a-en-cheee gedagvaar word vir wreedheid teen die mense van suid-afrika, spesifiek wit mense by die wereld hof

humor ·

Ek glo nie daar sal sommer n noodtoestand uitgeroep word nie, want dit sal die buitelandse beeld teenoor SA onsaglik skade berokken.

Willem Grobler ·

Hulle dring aan dat titelaktes aan hulle oorhandig word!? Sommer net só? Hierdie dui op die kern van die probleem. Normaalweg werk jy vir geld, spaar vir ‘n deposito, kry dan ‘n verband by ‘n bank en betaal dan jou huis af vir twintig jaar. Dáárna kry jy jou titelakte. Dit geld duidelik nié vir hierdie spul nie. Some animals are indeed more equal than others…

Attie. ·

‘n Sekere groep kiesers aanbid die voorvader geeste maar vermoor hul ongebore nageslag deur wettige “aborsie op aanvraag.” ‘n sekere groep kiesers dink so min van ‘n Lewende God dat hulle nie skroom om kerkgeboue te beskadig en te plunder nie. ‘n Sekere groep se leiers geen ander groepe nie bevordering in die staatsdiens nie. Elke kettingwinkel en selfoonmaatskappy en al die ander werkgewers word gedwing om slegs hul groepering aan te stel en my mense moet in die buiteland ‘n heenkome loop soek. Wat my egter totaal dronkslaan is dat ons elke verkiesing vir ‘n wenner wil stem en nog nie besef ons sal dit nooit regkry nie. Tans regeer groot dele van ons land dmv ‘n suksesvolle koalisie met my party. Stem vir ‘n party wat op skrif stel dat hy teen aborsie op aanvraag is. Miskien sal ons God wat lewe ons dan barmartig wees. Kom ons stem anders as in die verlede. kom ons dink voor ons stem, want dalk gaan ons nie weer die voorreg hê om te kan stem nie.

George in Bloem ·

Danksy die dom en onnosele gepeupel en die korrupte onbevoegde nuttelose ANC refering en hulle EFF en BLF tjommies kom SA se einde al hoe vinniger nader. Maak reg en tref voorsorg want dinge gaan nou vinnig begin lelik raak. Ek kan nie ‘n ander pad uit sien nie. Hierdie mense soek alles verniet en bowenal soek hulle konflik en bloedvergieting. Een of ander tyd moet die bom bars. Dit kan mos nie net so aangaan sonder geweldadige weerstand teen hierdie spul anarchiste nie?

Zirk ·

Duidelik die tirannie van die meerderheid het nou tot volle wasdom gekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.