Foto’s: Leeus in SA ná redding uit Gasa-strook

Motan bekyk sy nuwe omgewing by die Lionsrock-toevlugsoord. (Foto: Daniel Born/Four Paws)

Toe Motan en Pisa, twee leeus wat uit ʼn dieretuin in die Gasa-strook gered is, vandeesweek huiwerig hul pote op Suid-Afrikaanse grond sit, was dit waarskynlik die eerste keer in dié diere se lewe dat hulle gras onder hul pote gevoel het.

Motan en Pisa is twee van 47 diere wat Sondag ná maandelange beplanning en verskeie pogings deur Four Paws, ʼn internasionale dierewelsynsorganisasie, uit die Rafah-dieretuin in die Gasa-strook aan die Middellandse See gered is.

Hulle het Woensdag in Suid-Afrika aangekom waar hulle nou gewoond raak aan hul nuwe tuiste by die Lionsrock-toevlugsoord naby Bethlehem in die Vrystaat.

Die ander diere wat gered is, wat insluit ape, wolwe, jakkalse en selfs honde en katte, is meestal na Jordaniese toevlugsoorde geneem waar hulle voortaan versorg sal word. Onder dié diere was ʼn leeuwyfie waarvan die naels verwyder is en haar twee jonger sibbe. Hulle het ʼn nuwe tuiste by Al Ma’wa for Nature and Wildlife gevind, ʼn gesamentlike projek tussen die Prinses Alia-stigting en Four Paws.

Motan en Pisa het egter ʼn eenrigtingkaartjie Suid-Afrika toe gekry.

Pisa die oggend nadat sy vrygelaat is by die Lionsrock-toevlugsoord naby Bethlehem in die Vrystaat. (Foto: Daniel Born/Four Paws)

MJ Lourens, hoof van kommunikasie by Four Paws SA, sê aan Maroela Media dit was behoorlik iets om te sien toe die twee groot katte Woensdag by Lionsrock afgelaai is. “Jy kon sien toe hulle hul pote op die gras neersit, hulle weet nie wat dit is nie. Hulle het so ongelooflik versigtig getrap en dit was duidelik hulle ken nie gras en ongelyke grond nie,” vertel hy.

“Hulle het nog hul hele lewe lank in verskriklike klein hokke gebly met gelyk betonvloere, so hierdie is vir hulle ʼn splinternuwe ervaring.”

Lourens sê Motan en Pisa, onderskeidelik sewe en ses jaar oud, sal oor die volgende paar weke deur veeartse gemonitor en behandel word. “Ons laat hulle toe om nou maar eers aan te pas en hul voete te vind. Hulle is vreeslik maer, so hulle word nou goed gevoer in hul nuwe tuiste.”

Hildegard Pirker, hoof van dierewelsyn by Lionsrock, sê Motan en Pisa het in ʼn relatief goeie toestand by die oord aangekom. “Hulle sal in die spesiale sorg- eenheid vrygelaat word. Dit is belangrik vir hul aanpassingsfase om seker te maak hulle raak gewoond aan hul nuwe omgewing en versorgers. Albei sal ten nouste gemonitor word en ons sal deurgaans hul welstand evalueer,” het Pirker gesê.

Lourens sê Motan en Pisa sal vir die res van hul lewe versorg moet word, aangesien hulle nie weer in staat sal wees om self in die natuur te oorleef nie.

Motan en Pisa deel hul nuwe tuiste met Simba en Saeed, twee leeus wat in 2017 uit dieretuine in onderskeidelik Mosoel in Irak en naby Aleppo in Sirië gered is, asook die tier Laziz wat in 2016 uit ʼn dieretuin in die Gasa-strook gered is.

Amir Khalil, ʼn Four Paws-veearts wat aan die hoof staan van Four Paws-operasies in konflik- en oorlogsones, sê al hierdie diere wat gered is, het onuithoudbare omstandighede oorleef. “By Lionsrock gee ons hulle ʼn tuiste waar hulle die vrede, veiligheid en versorging ontvang wat hulle toelaat om te genees. Ons was gelukkig om al die ongelooflike herstelpad te volg tot by ʼn punt waar hulle uiteindelik soos die leeus en tiere optree wat hulle gebore is om te wees,” het Khalil gesê.

Besoek Four Paws se webtuiste om tot Motan en Pisa se sorg by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Han ·

Duisend dankies vir 4Paws.
En almal wat betrokke was om Afrika se katte trg te bring na hul Moeder land

Miems Heyman ·

Dankie dankie, ek is in trane. Please keep on helping, animals. Thank you so much Four Paws.

Griet ·

Fantastiese storie!!

Mag hierdie twee pragtige diere van nou af behandel word soos die koninklike diere wat hulle is!

Joe ·

Ja, baie dankie 4Paws! Uiteindelik ‘n ligpunt in hierdie dae!!

Stuiwer ·

Dit sal dalk ‘n goeie idee wees om hierdie dieremishandelaars se naels uit trek. Dan kan hulle ook voel hoe dit voel!

dalene ·

Thank you soooo much for your help.
People donate if you can.

Andrea ·

Welkom tuis julle pragtige diere! Mag jul nou in vrede en vryheid lewe! Dank aan 4Paws! ?

anon ·

DAAI KYKY OP MOTAN SE GESIG IOS HART VERSKEUREND MAAR TOG N GROOT OORWINNING

willem Botha ·

Dankie vir die stukkie positiewe nuus almal het dit nodig in SA.

Diereliefhebber ·

Wat ‘n pragtige storie. Ek volg Four Paws op Social Media – hulle doen ongelooflike goeie werk.

Annemarie ·

So mooi storie met ñ pragtige einde! Daarom gee ek elke maand my klein stukkie finansiële steun aan 4 paws! Dis oor en oor die moeite werd!

JohanL ·

Welgedaan en baie dankie aan al die partye betrokke om die twee leeus in ‘n meer natuurlike omgewing uitgeplaas te kry.

Liewe Heksie ·

Baie dankie vir almal wat betrokke is, my hart juig. Bid, glo en vertrou die ander diere wat ook nog in haglike omstandighede aangehou word, word ook spoedig gehelp.

Oom ·

Ai dis wonderlik, nou hoop ek net nie oom Cyril kom vat die grond nie anders het die arme goed nêrens om heen te gaan nie.

Amelia ·

Hoekom sal hul nooit weer kan aanpas nie? Hoekom moet vir altyd vir hul gesorg word? Meen hul dat die katte nooit weer self sal kan jag nie? Ek wonder maar net. As hul gerehabiliteer is, is daar dan glad nie n kans dat hul natuur om oorlewing sal inskop nie? Beteken dit nou dat hul soort van mak huiskatte is?

humor ·

As dit waar is dat hul hier in vrede en vryheid sal leef is hul werklik meer bevooreg as talle mense in SA.

Lizelda ·

Ai dis n kombinasie van hartseer en opgewondinheid in my hart. Dankie Four Paws sonder julle was dt nie moontlik nie.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.