Foto’s en video: Leeus trek koedoe tussen motors plat

Foto: Carrie Dunford/Facebook

Foto: Carrie Dunford/Facebook

Foto’s van twee leeus wat ʼn koedoe tussen ʼn klomp motors in die Kruger-wildtuin plattrek, word wyd op sosiale media versprei.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die voorval het Vrydag plaasgevind. “Dit was vir die besoekers aan die park baie opwindend om dit reg voor hul oë te sien gebeur, maar dit gebeur van tyd tot tyd dat mense ooggetuies is van sulke gebeure,” het hy gesê.

“Wanneer leeus honger is en hulle sit hul prooi agterna, is hulle vasbeslote. Hulle sal nie sommer dat iets in hul pad staan nie. Die twee leeus was besig om die koedoe te jaag toe dit in die pad in gehardloop het en daar het hulle die bok platgetrek, al was die motors rondom hulle.”

ʼn Facebook-gebruiker, Carrie Dunford, het foto’s van die voorval op sosiale media gedeel. “Het die malste ding vanoggend gesien. Twee reuse leeus wat ʼn koedoe in die pad plattrek! Ek is so gelukkig om dit te kon sien en het my kamera gereed gehad,” het sy by die foto’s geskryf.

Teen Maandag is haar inskrywing reeds meer as 900 keer gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Na daardie koningsmaal kan hulle seker ‘n hele paar dae sonder kos klaarkom!!

Lappop ·

Ongelooflik! Wat ‘n voorreg om soos iets te kan sien en beleef. So jammer iemand het dit nie met ‘n video kamera afgeneem nie.

ladybug ·

Na al die vreeslike goed wat die afgelope tyd met mense gebeur het o.a. die Amerikaner wat deur die leeuwyfie deur ‘n oop venster gegryp is, sou ek seker my GAT af geskrik het as ek moes beleef hoe ‘n leeu ‘n bok sommer hier onder my neus bespring!

Maar dit is seker ‘n belewenis gewees vir dié wat dit gesien het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.