[Foto’s] Lichtenburg-rioolkrisis: Inwoners se gesondheid in gedrang

Lugfoto's van Lichtenburg se rioolkrisis

Lugfoto’s van Lichtenburg se rioolkrisis

Lugfoto’s van Lichtenburg in die Noordwes het die erns van die rioolprobleem in die dorp uitgebeeld. Die oorsprong van die probleem is die stukkende rioolaanleg wat veroorsaak dat ’n rivier van riool die omgewing besoedel.

Die foto’s is onlangs deur ʼn plaaslike vlieënier geneem en aan AfriForum gestuur. Die rioolprobleem hou ʼn groot gesondheidsrisiko in vir enige een wat daarmee in aanraking kom, en inwoners is bekommerd dat e. Coli-verwante siektes moontlik kan uitbreek.

“Ingevolge Artikel 24 van die Grondwet het die munisipaliteit ʼn verantwoordelikheid, wat gesondheid en welstand betref, teenoor gemeenskappe asook teenoor die natuur,” het Marcus Pawson, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noordwes, in ‘n verklaring gesê. “Die realiteit is egter dat daar met die huidige rioolkrisis nie ʼn gesonde omgewing vir enige inwoner in die aangrensende woonbuurte geskep word nie.”

Johan Swart, bestuurslid van die Lichtenburg-tak, het gesê hulle waarsku die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit en die departement van water en sanitasie al vir twee jaar lank. “Die AfriForum-tak in Lichtenburg eis dat die munisipaliteit hul verantwoordelikheid nakom en inwoners beskerm.”

AfriForum is besig om rioolmonsters te neem wat dan ontleed sal word om te bepaal hoe gevaarlik die riool is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tammy ·

Baie dankie aan AfriForum vir hulle harde werk. Sonder julle sou Suid-Afrika n veel armer plek gewees het. Elke persoon in hierdie land behoort hulle te ondersteun. Al help jy met net n baie klein bedrag kan hulle n groot verskil aan jou en jou mede landsbugers se lewe maak.

CHRISTA ·

Wat is daar wat die ANC in stand kan hou – net hulle bankrekeninge?

Pieter ·

Nee Christa. Hulle kan nie eers hulle bankrekeninge in stand hou nie. Did ‘n bodemlose put. Hulle kry net nie genoeg om te verober nie – sprinkane

Peet Schabort ·

En so gaan dit op baie plekke in die land MAAR hou net aan om druk uit te oefen deur foto’s en videos te neem veral nou dat dit nie reëntyd is. Veral hier vanaf die Vaaldam tot sy beginpunt daar naby Breyten asook die Wilgerivier terugwaarts.
So ironies dat ons SKOON DRINKWATER vanaf die Katsedam invoer en daarvoor betaal om die Vaaldam aan te vul maar gooi ons by bykans elke dorp poefie by die eens skoon water. Ons doen ook so met die ander spruite en riviere na die Vaaldam . Asof dit nie genoeg is doen ons dit ook aan die onderkant van die dam. Sodoende het ons een van die grootste rioolslote in Afrika geskep. Dan SUIWER ons daardie ‘rioolwater’ teen groot koste om dit drinkbaar te maak.
Sal ons ooit agterkom dat die aarde geskep is met water wat onvervangbaar is en nie meer gemaak kan word?
Nie eers die ANC kan water maak maar dit net kan help opneuk.
Soos gesê, vat jou kamera en neem foto’s en videos. Terwyl jy die video neem praat jy en doen verslag en moet ook nie vergeet om die dag en datum te noem met jou opname.
Vir die Vaaldam se opvanggebied gaan kyk onder SAVE (Save the Vaal) en tree in verbinding met hulle.
ONS MAG NIE TERUGSIT EN KYK HOE ONS WATERBRONNE BESOEDEL WORD.

Peet Schabort ·

“Met nie reëntyd” word bedoel dat water tien teen een riool is en nie deur ‘n munisipaliteit afgemaak kan word as reënwater want dit is gewoonlik wat gebruik word om die probleem te omseil.

Peet Schabort ·

Die afkorting SAVE staan vir “Save the Vaal Environment”.
Die voorsitter Irene Main is by 078 5211 676 van wie ek toestemming het om haar nommer hier te plaas.
Tree met haar in verbinding om enige tipe van besoedeling te rapporteer.

Jan ·

Dit is die nuwe SA ! Wat het die mense dan verwag, toe hulle vir FW ja gestem het, n land van melk en heuning. Nee hulle het n rivier van Riool gekry!

Liewe lulu ·

Peet, die besoedeling wat ons kan rapporteer aan Irene, is dit net in die Vaal area of kan ons enige ander area sn ook aan haar rapporteer, soos bv Thaba Limpopo?

Peet Schabort ·

Sover ek bewus is is dit net die Vaaldamgebied maar bel haar en vind uit, dalk het sy ‘n kontakpersoon daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.