Ná die aanval op ʼn boer en sy vrou Woensdagoggend in die Dendron-distrik in Limpopo, het dié boeregemeenskap besluit om ook in ʼn optog op te staan teen die voortdurende plaasaanvalle en -moorde. Dit volg omtrent ʼn week ná optogte in Hartswater teen die moord op die Brand-gesin, Dan (83) en Breggie (79), en hul dogter, Elzabie.
Bykans 500 voertuie het Vrydagoggend by die afdraai langs die N1-snelweg na Morebeng (Soekmekaar) byeengekom om saam na die Morebeng-landdroshof te ry. Twee verdagtes wat vasgetrek is in verband met die plaasaanval sal na verwagting Vrydag (vandag) in dié hof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig drie aanvallers het die boer en sy vrou die oggend omstreeks 00:30 in hul plaashuis oorval. Die boer is erg aangerand en in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal opgeneem. Sy vrou is geskiet en is ook na ʼn hospitaal geneem. Die verdagtes het met die boer se Nissan Navara-bakkie en vuurwapens van die toneel gevlug.
Die drie verdagtes is kort ná 06:00 in Polokwane (Pietersburg) vasgetrek.
Honderde mense van Louis Trichardt, Dendron, Hoedspruit, Tzaneen en Polokwane het van 09:00 af by die bymekaarkompunt saamgedrom.
“Ons is kwaad. Ons is keelvol. Stop plaasmoorde.” Dít was die woorde op van die plakkate wat by die hof omhoog gehou is.
“Dit is belangrik dat die boodskap na buite uitgebasuin word. Ons gaan nie meer net terugsit en niks doen nie,” sê Cornea van der Walt, ʼn lid van die gemeenskap.
Van der Walt sê dit is ʼn baie emosionele dag vir almal in die boeregemeenskap. Sy sê die wreedheid van die egpaar se aanval maak hulle opstandig en kwaad.
“Almal ken mekaar in die boeregemeenskap. Ons kyk uit vir mekaar. Ons almal ken op die een of ander manier die boer en sy vrou wat aangerand is. Dit raak ons as gemeenskap diep. Hulle was goeie mense en sou niemand ooit skade aangedoen het nie,” sê Van der Walt.
James van den Bergh (53), ʼn sakeman van Polokwane en die sameroeper van die optog, sê die optog het ontsettende belangstelling onder lede van die gemeenskap gewek. TLU SA is ook aktief betrokke by die optog.
- Die mense het die koue in warm baadjies aangedurf om hul stem teen plaasaanvalle dik te maak (Foto: Verskaf)
- Mense is raadop oor die plaasaanvalle wat weekliks toeneem (Foto: Verskaf)
- Dit is ‘n baie emosionele dag vir die boeregemeenskap (Foto: Verskaf)
- Twee verdagtes wat vasgetrek is in verband met die plaasaanval sal na verwagting Vrydag (vandag) in dié hof verskyn (Foto: Verskaf)
- Twee verdagtes wat vasgetrek is in verband met die plaasaanval sal na verwagting Vrydag (vandag) in dié hof verskyn. (Foto: Verskaf)
- Die mense het by die Morebeng-landdroshof saamgedrom (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Al wat ek kan se is dit raak nou belaglik en die boere en mense oor die algemaan is gatvol vir die wetteloosheid in die land . Die regering moet nou na die tafel of hofsaal kom . So kan dit nie meer aangaan nie .
Rhamaphosa , Cele, Minister van Landbou, Dlamini Zuma, Mabazo julle word op kennis geplaas dat ons moeg is dat ons mense uitgemoor word en die lafaards kies altyd sagte teikens.
Daar is nou in Suid Afrika twee gebeurtenisse waar voertuie in konvooi ry. Een is in ‘n begrafnis stadige stoet vanaf die kerk na die begrafplaas om toetsien se se aan ‘n geliefde/s, en die tweede is in optog na ‘n hof toe soes nou in die Dendron-distrik in Limpopo, en in Hartswater. Sal dit moontlik wees om met sulke optogte aan te hou elke keer dat ‘n boer aangeval word en die aanvallers verskyn in die hof? Miskien sometime sal die ANC die bookskap kry!
Ek sal my kop in skaamte laat sak as ek nou een van die S A blanke kniebuigende sporthelde was. Dis nou die knape wat nou so stil is oor plaasaanvalle , seker omdat daar nie TV kameras op hom gerig word nie , of hoe , Pienaar ?
Wonder wanneer klim die slapruê ’95 rugby kaptein, AB, Faf en ’07 rugbykaptein in hul blink karre en gaan wys dat wit lewens ook saakmaak in gemeenskappe waar weerlose blankes vermoor en vermink word. Dalk as hul eenmaal voor die swart afgod vir geld gebuig het is daar nie omkeer kans nie.