[Foto’s] Limpopo-ontsnapping: Twee vas, dié vier steeds soek

Argieffoto

Argieffoto

Twee van die ses verhoorafwagtende gevangenes wat uit die aanhoudingselle van die Witpoort-polisiestasie in Limpopo ontsnap het, is sowat 400 km van waar hulle ontsnap het weer in hegtenis geneem.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die twee, Moses Modimola (24) en Jerry Machaba (28), is Donderdagaand in Boksburg in Gauteng opgespoor en weer in hegtenis geneem nadat hulle vroeër die dag ontsnap het.

Die soektog na die ander vier voortvlugtiges duur voort. Hulle is Silence Duba (23), Thomas Chuma (29), Clifford Muhonhori (33) en Phineas Malangoane (36). Hulle is onder meer in hegtenis geneem op aanklagte van gewapende roof en verkragting.

“Die mans moet as gewapen en gevaarlik beskou word en die publiek word aangeraai om hulle nie te konfronteer nie, maar eerder dadelik die polisie in kennis te stel as iemand hulle opmerk,” het Otto gewaarsku.

Mense wat weet waar die verdagtes hulle bevind of wat verdagte mense in die omgewing opmerk, word versoek om kapt. Rakhubela by 082 469 1353 te bel.

Die omstandighede rondom die ontsnapping word ondersoek.

Dié vier verdagtes is steeds soek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.