[Foto’s] Limpopo sonder grense: AfriForum eis antwoorde

Jaco Grobbelaar by die grensdraad tussen Suid-Afrika en Zimbabwe (Foto: AfriForum)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het verlede week ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (die PAIA-wet) by die departement van binnelandse sake ingedien oor die vervalle toestand van die grensdrade tussen Limpopo en Zimbabwe.

’n Brief is ook gerig aan prof. Hlengiwe Buhle Mkhize, minister van binnelandse sake, om ’n dringende vergadering tussen die betrokke partye te reël om sodoende ’n oplossing te probeer vind.

Dié aksie volg nadat AfriForum ’n grensdraadouditprojek van stapel gestuur het wat bevind het dat daar feitlik geen grensdrade meer tussen Limpopo en Zimbabwe bestaan nie. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Limpopo, is die klein gedeelte grensdraad wat nog bestaan ook vol gate waardeur enigiemand maklik kan klim.

“Die grensdraad is in ’n baie slegte toestand en op die verskeie plekke is daar geen drade meer oor nie. Mense, diere en voertuie is vry om heen en weer oor die grens te beweeg en daar is absoluut geen beheer nie,” sê Grobbelaar.

In die PAIA-aansoek versoek AfriForum dokumente wat die begroting vir grensdrade en die instandhouding daarvan weerspieël, asook toekomstige aksieplanne vir verbetering.

“Aktiwiteite soos korrupsie, smokkelary, dieresiektes, stropery en mensehandel is van die grootste misdade wat oor die grens heen plaasvind en ’n negatiewe invloed op sowel Suid-Afrikaners as Zimbabwiërs het. Dit kan alles toegeskryf word aan die swak toestand en instandhouding van grensdrade, en korrupsie deur weermagamptenare,” voeg Grobbelaar by. “AfriForum beskou dit as ’n ernstige probleem en doen ’n beroep op die minister om die probleem met alle erns aan te spreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann Marx ·

Dis net julle kolonialiste wat wil grensdrade span….vir Afrikane is Afrika een groot stuk grond wat aan almal behoort, met vrye toegang na al die uithoeke toe sonder die alewige ge-draadspannery…

Voorstel ·

Daar is geen heining wat hulle sal keer. My voorstel is doodskiste op strategiese plekke as afskrikmiddel gepaardgaande met die nodige toormiddele.

Stelling ·

Vrye toegang is mos nie iets nuut nie, na die oorsteek is dit direk binnelandse sake toe.

Heinrich Schultz ·

Die grens drade is al non existent vir die afgelope 15 jaar. Bakkie vragte vol onwettige immegrante en smokkelary vind plaas uurliks. Waarom nou eers wakker skrik.

Boerseun ·

Daar is belangrikker dinge soos n privaat veiligheids poliesie om tyd en geld op te spandeer die helfte van zim is in elkgeval in SA. Drade hou niemand terug nie, julle in centurion behoort dit te weet. En wat se weermag gaan nou drade patroleer?

steve ·

Ag asb…. Moz, Lesotho en Swaziland se grense lyk dieselfde… Net jammer die polisie aan die anderkante is strenger as Ons polisie… Hier gaan dit oor job creation, hier gaanbdit oor n salaris en nie die job nie… Btw…wat gaan n stuk draad elk geval help…

Johanna Botha ·

Die grense is n sif maar land nou net uit die EU op die lughawe dan soek ons jou kinders se geboorte sertifikate …..SA is die grap van die EEEWWWW !

Stiena ·

Afriforum moet ook maar na die “grensdraad” tussen Kruger en Moz gaan kyk.

Juffie ·

Wat van ‘n muur soos in Amerika. As hulle dink dit sal werk dan moet dit hier ook werk!

Eugene ·

Die poletieke wil ontbreek by die regering om die kwessie ook soos vele ander aan te spreek.

What a joke! ·

Ja swaar….dis maar die norme stand van sake in Afrika…alles vervalle…
Siestog….

REAList ·

Afriforum en Outa is ‘n klippie in die skoen vir die regime.
Ondersteun hulle asb.

Johann Marx ·

REAList? Pasop. Klippies in jou skoen word een of ander tyd uitgehaal…

Ouvrou ·

Bietjie meer as 20 jr gevat om hierdie land af te breek tot niks. Oor nog 20jr sal daar voorwaar niks wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.