[Foto’s] Luukse motorboot sink by Gordonsbaai

Celine, die motorboot wat by Gordonsbaai op 20 November 2016 gesink het Foto: NSRI

Celine, die motorboot wat by Gordonsbaai op 20 November 2016 gesink het Foto: NSRI

ʼn Luukse motorboot het Sondagoggend in Gordonsbaai, aan die ooste kant van Valsbaai, gesink, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.

“Die bemanning is omstreeks 06:10 na Harbour Island in Gordonsbaai ontbied waar die 40 voet lange boot, Celine, besig was om te sink,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die
NSRI, gesê.

“Niemand was aan boord nie en die eienaar is na die toneel ontbied nadat mede boot-eienaars opgemerk het sy boot is besig om te sink.”

Die eienaars en versekeraars het met ʼn maatskappy reëlingsgetref om die boot weer vlot te maak. “Die oorsaak word ondersoek.” Die boot is weer omstreeks 14:00 vlot gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Unlucky Luke ·

Ek kan maar net nie wen nie.

Die vorige keer toe my skip met geld opgedaag het, was ek by die lughawe .

Hierdie keer het my skip met geld gesink.

As ek al die geld bymekaar tel wat ek Lotto gespeel het (en het nog nooit iets gewen nie), het ek al my eie Jackpot gehad.

Nee- wat, lyk my ek sal maar moet aanhou werk vir my geld

Speedguard ·

Toe ek navraag gedoen het oor waneer my skip gaan inkom het hul my laat weet hy het ingekom ,ek kon hom egter nie sien nie , dit was toe al die tyd ‘n duikboot!

Charmaine from Breakwater Diving Services ·

THANX to our great team of divers from Breakwater Diving Services! Gordons Bay based. Owner Xagene Lotz, divers Pieter van Staden, Xavier Zeelie, Kevin Gomes, Brian Pendlebury and Wyatt Lotz – for their hard work to salvage the boat Celine today in Harbour Island. Well done!

Rassie ·

Ek sal julle sê soos die Suid oos die laaste paar dae in die Strand en Gordonsbaai waai sal ek nie verbaas wees as die boot teen ‘n hawemuur of rots geskaaf het en uiteindelik ‘n gat in die romp veroorsaak het nie!

Tonginniekies ·

Dit was toe NIE die badprop wat die ou uitgetrek het na sy bad nie…

Giffie ·

Lol ja ne geldjies is klaar nou roer hul die versekering….nice truuk gone wrong

t ·

Ja, hy het nie die hele instruksie gelees oor hoe jy so ‘n truuk trek nie. Jy moet eers die boot diep water toe neem…

SkarrelKind ·

Sommige van julle verbaas my. Asof julle daar was. Rukwinde in Gordonsbaai, het al op tuisweerstasies winde van goed in die 120’skm per uur gemeet. As die wind sooo dae aan een daar waai, is enige iets moontlik. En wie sink hulle eie boot in ‘n hawe? Dis mos nou ‘n dom aaaname. Kry eers die feite voor julle kommentaar lewer. Of ondervind self die wind voor julle praat.

Ruby ·

Tipies Suid-Afrikaners, ruk die dam onder die eend se gat uit!!! Hulle weet nie wat daar gebeur het nie, maar onmiddellik was die ou besig om assuransie-bedrog te prober pleeg!! Get a Life!!

Hanna Nel ·

Ek bly in Gordonsbaai, nie baie ver van waar die boot gesink het nie. GLO my die wind is baie erg hier. So JA dis moontlik.

Janine ·

Ons was van die 11de tot die 18de Nov in Gordonsbaai en glo my die wind het elke liewe dag baie erg gewaai. Selfs die kabelkarretjie in Kaapstad was gesluit vir die week, dit het een dag gehardloop en dit was 15 Nov en die toue was 3.5 uur lank gewees. Nie eers die harbour cruises van Cape Town City Siteseeing het uitgevaar nie. So ja dit is moontlik dat die boot kon sink.

Marianne ·

Ha ha ha ooh ala perskes!!!!
Ja ons sit op droe grond en gis – die arme boot…. Was dit nou haar skuld dat sy moes sink?
Haar naam is Celine…. Celine Dion sing My hart will go on, tema lied van Titanic….. ????
Sy het ook gesink.
SHAME MAN!

Marianne ·

Well nou ja. Kyk na die foto’s…….
Luuks van voor ….. Afgeskeep van agter.,…
Hawe golwe het die dame se ass vol water geplons.
Sy kon krake in haar veselglas romp ontwikkel het en geskink het.
Dit kon groot skade – massive skade – duur skade gewees het.
As iemand well nie ek nie, haar Jan bekostig, kan hulle bekostig on haar te onderhou.

Haai nooit Heksie ·

Ag meeste kommentaar was tong in die kies, julle ou klomp suurknolle, weet JULLE wat gebeur het? Ook nie regtig nie ne? Mense spekuleer maar en mense raai maar. Tragies as ‘n land se mense so suur en judgemental geraak het dat hulle nie eers meer ‘n ou grappie kan waardeer nie. Natuurlik is dit nie ‘n grap dat die man se boot gesink het nie, maar eintlik is dit nie nuuswaardig as ‘n luukse motorboot sonder rede sink nie, wel ‘n rede tot kommer. TENSY dit ‘n bekende se boot is.

Tonginniekies ·

My Ma het ‘n spreekwoord gehad vir sulke suurknolle wat net eenvoudig nie humor kan herken nie. ” Mamma put ‘n lappie on.”
( Kom, mamma sit ‘n salfie op sodat die lewenspyne gesond kan word. Miskien sal die humorsin ook gesond word.)

ANRE ·

Hahahaha… ek het nou lekker gelag vir die kommentaar! Ek stem saam – mense, lag net bietjie! Skrywers kan ‘n roman hiermee optower… Meteoroloe kan oooh en aaah oor die sterk winds-omstandighede en die weer patrone bespreek wat gate in bote in waai… en die locals kan spekuleer hoe die ou se skelmpie ‘n gat in die boot met haar hakskoen gemaak het toe hy haar los. Die waarheid is tien teen een baie meer boring en ons is almal eintlik jammer vir die ou se boot se skade. Keep calm en sien bietjie humor raak!

Wimpie ·

Hou by humor. Moenie versekeringsbedrog insleep tensy jy nie die feite het nie.

Anke ·

Lyk my n paar jaloerse suurbekke het niks beter omte doen met hulle tyd. Mense kry al die feite voor dat julle kommentaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.