[Foto’s] Luukse sportmotor erg beskadig op N3-snelweg

Die motor se wrak. Foto: Rescue Care

Die motor se wrak. Foto: Rescue Care

ʼn Man in sy 20’s is Vrydag in die vroeë oggendure beseer in ʼn ongeluk op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal waartydens ʼn silwer Jaguar XK erg beskadig is.

Volgens Garrith Jamieson, operasionele direkteur van Rescue Care-paramedici, het die ongeluk omstreeks 05:00 in die noordelike gedeelte van die snelweg naby die M13-wisselaar buite Pinetown plaasgevind.

“Die man was alleen in die voertuig toe hy beheer daaroor verloor het. Die motor het gerol en op sy wiele tot stilstand gekom,” het Jamieson gesê.

Die man het matige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek. Dit lyk nie of daar nog ʼn voertuig in die ongeluk betrokke was nie.

Die motor se wrak. Foto: Rescue Care

Die motor se wrak. Foto: Rescue Care

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Plaatsie ·

Hoe weet jy dit? Ken jy die eienaar so goed om so n uit spraak te kan maak?

WILLIE ·

Ek is oortuig dat hy nie vir jou geld gevra het nie! Ouens met baie breinselle doen gewoonlik goed vir hulleself. Ek is nou nie so seker wie die min breinselle het nie…

Cherokee ·

Stem saam Chris. Jy is waarskynlik reg. En daardie kar is so sag dit lyk asof dit van foelie gemaak is. Ek het kort na ek begin werk het ‘n kar gerol (Saab), die dak afgesaag en dit verander in ‘n sportsmodel. Diè Jaguar is opgefrommel.

CQ ·

Stem… Meer geld as breins… 20 jaar oud? MAW hy het sy lisensie ook maar net jaar of 2, wat hom nog n groentjie maak op die pad.

elize naude ·

vooroordele en jaloesie is die dwase se rigsnoer… en al het hy n fout gemaak of te vinnig gery het dit geensins met te min breinselle te make nie… ons maak almal foute srm of ryk…

Oosie ·

Stem saam. Erg beskadig? Wat van afgeskryf… Meer as ‘n Miljoen Rand… Versekering? Kanse goed dat eis geweier sal word… Eisch!! Met ys!

IV ·

Julle almal klink vreeslik slim. Iemand in sy vroee 20’s het nie gister sy lisensie gekry nie en as daar versekering is kan julle nie simmer besluit dat julle nie gaan betaaln nie. Kry stokperdjies om julle besig the hou

Cherokee ·

Iemand in sy vroeë twintigs het dalk nog nie eens ‘n lisensie nie. Wat die stokperdie aanbetref, oorweeg ‘n woordeboek.

Bets Bothma ·

Dis n probleem deesdae, enige janrap en sy maat kry n lisensie na n paar bestuurslesse en dan jy n draai deur die dorp en slaag jou lisensie, dan kan jy nog nie op die oop pad bestuur nie. Mense gaan direk vir n kode 10 lisensie, slaag dit met paar bestuurslesse en het nog nooit eers n motor bestuur nie – beslis nie so vinnige een soos in die foto nie!

Simon ·

Sjoe maar die.kar is goed opgefonkprop.
Iets ongelooflik on verantwoordelik moes gebeur het om so n kar op n snelweg waar almal in dieselfde rigting ry, te rol dat dit die uiteindelik gevolg is.

elize naude ·

fantastiese kar daai as mens in ag neem dat hy “bloot” ligte beserings opgedoen het!
ons almal was jonk en vir menige van ons sal dit n droom wees om so kar vir n spin te vat…
pure adrenalien en gelukkig niks ernstigs nie…
goeie beterskap

Eben Kitching ·

‘n Motor kan slegs buite beheer gaan as gevolg van meganiese probleme of probleme met hoe dit bestuur is. Ek is oortuig in di geval was dit nie meganiese probleme nie.

KarenG ·

Eben, ek stem mie heeltemal saam met jou nie.
Ek het op 2 geleenthede beheer oor my motor verloor en dit was nie oor my bestuursvermoe of meganiese probleme nie. Daar is soms eksterne faktore waaroor jy nie altyd beheer het nie.

Cherokee ·

Kan nie anders asom saam te stem Karen. Jy’s natuurlik reg. ‘n Iets wat oor die pad hardloop, ‘n ander kar wat onverwags vanaf ‘n ander pad inswaai, miskien ry mens netjies en veilig en leun net vooroor om ‘n bier van die passasierskant se vloer af op te tel of iets in dier voege.

Burger ·

Bydraes getuig van besonderse intellek. Vakansie raak lank…

Willem ·

Daat is n paar dinge wat jy nie vir n 20jarige of vroee 20jarige gee nie n jaguar is een van daai dinge

Danie Rossouw ·

Geen twyfel dat spoed (en TE veel self vertroue) die oorsaak was van die ongeluk. Hy kan dankbaar wees dat daar geen ander mense beseer of dood is want geen geld kan dit regmaak.
Duur les, maar glo hy het geleer hieruit.

Andre ·

Spyker op die kop en watse sinvolle mens koop so kar in elk geval.

elize naude ·

tja dit sou normaal wees… mens kry ouens wat stadiger groter chaos veroorsaak…

DS ·

Blablabla – regtig enige een van julle ooggetuie gewees van die ongeluk. Nee…. so gedink…. hou dan op spekuleer en eerder dankbaar dat niemand hulle lewe verloor het nie. ‘n ongeluk kan met enige iemand enige tyd gebeur.

Cherokee ·

DS, waarom geen klinkers in die naam? Daardie wintie(?) se ongeluk kon meer voertuie betrek het. Gelukkig het dit nie.

elize naude ·

stem saam en jaloesie van menige skrywers is erger as so ongeluk!

Koos ·

Ek stem met jou saam Willem, n Jaguar en n Toyota. Hulle val maklik glo my.

Dawie ·

Onbevoegde en ongekwalifiseerde dik vellige onbeskofte siel, wat nie weet wat integriteit is of eers die betekenis daarvan het nie, aldus aan sy optrede gemeet word?? Het kontak in hoë plekke en dink dit gaan hom hierdie keer weer uit die moeilikheid hou. Sy beskermer en kontak staan self met diè se een voet in die tronk en sal daarom dalk wil veg vir sy vryheid en a.g.v. daarvan kan hy moontlik ook die mat onder Hlauldi Motsuneng gaan uitpluk. Kom ons kyk, maar een ding is nie twee nie en dit is dat daar groot manne gaan wees wat gaan val.

Johan ·

Sien almal hierbo is speurders en phsycics hulle was op die ongeluks toneel en weet presies wat gebeur het,wow ons forensiese ouens gaan werkloos wees een van die dae…..

We Du Toit ·

Wat van ons is bly niemand is ernstig beseer nie maar nee ons is mos JALOERS op ander se rykdom. Die land is in sy ….

Ben ·

Besit so ‘n motor. Dit is baie vinnig en uiters gevaarlik in die hande van onervare bestuurders. Moet weet wat jy doen met daardie versneller pedaal.

Pietser ·

In sy 20’s m.a.w. hy kan 29 wees. Hy kan ‘n direkteur van ‘n maatskappy wees, ‘n chirurg, ens. Dit kan maklik sy eie kar wees.

elize naude ·

stem saam… maar party mense se jaloesie beperk hul oordeelsvermoë…

Ron ·

Chirurg? Na 6 jaar medies – 24
2 jaar voor jy kan spesialiseer – 28
5 jaar spesialisasie – 33
Daarna skuld afbetaal en praktyk bou.
Tja – meskien as entrepeneur op 18 uit matriek kan jy so ‘n motor bekostig iewers in jou twintigs maar definitief nie as chirurg nie!

Annie ·

Ongelukke tussen 23H00 en 06H00 word deur Versekeraars ge red flag. Ondersoek word gedoen vir drank & spoed.

Anoniem ·

Dis presies waaroor ek ook eerste gewonder het – drank en spoed.

petra van Vuuren ·

kom ek se die maklike woord . Roekeloos/Nalatige bestuur. Of hy nou 18 of 80 was. Mens jaag nie met enige motor nie.

Pastoor ·

Ek stem saam Petra. Daai is n masjien van 0 tot 120 kmpu 5 sekondes. Dit is nie vir speel nie. Met daardie krag speel mens nie. Dit is virri ooms

Pastoor ·

Ek stem saam Petra. Daai is n masjien van 0 tot 120 kmpu 5 sekondes. Dit is nie vir speel nie. Met daardie krag speel mens nie. Dit is virri ooms. Hyt hom afgeskryf. R 1 200 000

Justice ·

Ten minste het hierdie voertuig se uitstekende veiligheidseienskappe asook die veiligheidsgordel die bestuurder se lewe gered – geld goed gespandeer – sal seker weer met ‘n identiese voertuig vervang en meer versigtig wees.

John ·

Sjoe, as al hierdie kommentaar voor ‘n hof moes dien ter verduideliking van die gebeure het ons nou langs die goeie regter se graf gestaan. Dood na die aanhoor van diepe waarhede…

Joe ·

Die kommentaar is darem elke keer trolkos. Iemand lewer kommentaar net vir ‘n trol om soos goudvissie dit te verslind. Ek geniet dit. SleutelbordKrygers!

Bokkie ·

Enige persoon kan verantwoordelik ry.Sport motor of n gewone motor.

Paseseun ·

Ek het as 20 jarige student my Fiat 128 wat R500 gekos het en met my eie geld betaal het, gerol en afgeskryf. Dit het nie die nuus gehaal nie. Ek het dit stuk vir stuk verkoop en R1800 gekry vir die parte en dit was ook nie nuuswaardig nie, maar nou kan al die persone wat sulke snert kwytraak oor die berig ook hieroor spekuleer.

DS ·

Cherokee want dan sou dit mense soos JY se bynaam gespel het. Dan noem JY die bestuurder wintie. Wat as dit jou kind was wat in voorval was en almal lewer te lekker kommentaar sonder feite – ek weet ek was in daai situasie. So back off waardeer nie jou kommentaar nie !!!!

Joe ·

Want almal wat daai vinnige lang slappes ry, bestuur mos altyd net teen die spoedbeperking!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.