
Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,
Die mallemeule by Cresta-winkelsentrum in Randburg het Saterdag omgeval.
Jacks Kruger, ʼn fotograaf van Johannesburg wat die sentrum saam met sy sesjarige dogtertjie besoek het, het aan Maroela Media gesê hulle was juis op pad na die pretpark in die sentrum toe hy net mense hoor skree en gil het. “Een vrou het by die trappe afgehardloop en ek het ook gaan ondersoek instel,” het hy gesê.
Die mallemeule het omstreeks 10:30 omgeval. “Die skag het reg af gebreek. Vier kinders was op die mallemeule toe dit gebeur het, maar hulle het slegs geringe beserings opgedoen.”
Volgens Kruger het paramedici die kinders op die toneel ondersoek.
“Ons besoek die sentrum gereeld en my dogtertjie ry graag op die mallemeule. As ons ‘n paar minute vroeër daar was, dan was sy ook op die mallemeule.”
Cresta-winkelsentrum het Maroela Media versoek om ʼn e-pos te stuur vir verdere kommentaar. Maroela wag nog vir terugvoer van die sentrum. [Creste-winkelsentrumbestuur het intussen reageer. Lees meer. – Red]
Maroela wag ook vir terugvoer van die polisie.
Kruger het die foto’s met sy selfoon geneem en dit word met vergunning op Maroela Media gepubliseer:
- Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,
- Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,
- Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Daar is nie iets soos ‘n ongeluk nie. Ongelukke gebeur wanneer iemand nie hul werk doen of waaksaam is nie.
Hoop nie dat die vier kinder aan dieselfde kant gesit het nie.
Die ding was na jare se wan gebruik van geen balans net n kwessie van tyd.
Niemand pas die balans op enige van die goed toe nie. Soos jy nader staan word een kant oorlaai. Gaan kyk maar op enige dorp
Ek is dankbaar dat daar nèt 4 kinders oppi mallemeule was, & dankbaarder dat hulle niè èrnstig beseer is nie. Dit kon nòg ‘n tragedie gewees het om by diè jaar se lys te voeg. Ek neem aan daardie een word slegs deur kinders/kleuters gebruik & beweeg stabiel in een rigting…, Èk het al by skoue ens gesien hoè jong mans op daardie swaaie metti kettings tekere gaan. Dis SKRIKWEKKEND!!! As een van daai swaaie op een of ander manier sou loskom & inni toeskouers inploeg, sàl daar beslis ernstige beserings, & moontlike sterftes wees!!!
“Cresta-winkelsentrum het MM versoek om ‘n e-pos te stuur . . . ”
Ek verstaan nie. Moet seker wees “MM het Cresta-winkelsentrum versoek . . . “?
Nou wat gaan die SAPD doen omtrent die geval