[Foto’s] Mallemeule val om by Cresta-winkelsentrum

Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,

Mallemeule by Cresta-winkelsentrum (Foto word met vergunning op Maroela Media gepubliseer) Foto: Jacks Kruger,

Die mallemeule by Cresta-winkelsentrum in Randburg het Saterdag omgeval.

Jacks Kruger, ʼn fotograaf van Johannesburg wat die sentrum saam met sy sesjarige dogtertjie besoek het, het aan Maroela Media gesê hulle was juis op pad na die pretpark in die sentrum toe hy net mense hoor skree en gil het. “Een vrou het by die trappe afgehardloop en ek het ook gaan ondersoek instel,” het hy gesê.

Die mallemeule het omstreeks 10:30 omgeval. “Die skag het reg af gebreek. Vier kinders was op die mallemeule toe dit gebeur het, maar hulle het slegs geringe beserings opgedoen.”

Volgens Kruger het paramedici die kinders op die toneel ondersoek.

“Ons besoek die sentrum gereeld en my dogtertjie ry graag op die mallemeule. As ons ‘n paar minute vroeër daar was, dan was sy ook op die mallemeule.”

Cresta-winkelsentrum het Maroela Media versoek om ʼn e-pos te stuur vir verdere kommentaar. Maroela wag nog vir terugvoer van die sentrum. [Creste-winkelsentrumbestuur het intussen reageer. Lees meer. – Red]

Maroela wag ook vir terugvoer van die polisie.

Kruger het die foto’s met sy selfoon geneem en dit word met vergunning op Maroela Media gepubliseer:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

MissDemeanor ·

Daar is nie iets soos ‘n ongeluk nie. Ongelukke gebeur wanneer iemand nie hul werk doen of waaksaam is nie.

Francois Greeff ·

Ek stem 100% saam met jou. My werk behels ondersoeke en iemand het nie sy werk gedoen nie. Was die veiligheid faktor ingereken, was daar behoorlike bepeplanning. Julle is gelukkig. Julle sou ‘n ander deuntjie sing as daar ‘n noodlottige geval was.
Elke tweede aap verhuur “speelgoed” en dink “use at your own risk” gaan hom beskerm, daar wag ‘n GROOT verrassing vir jou.

Uys ·

Hoop nie dat die vier kinder aan dieselfde kant gesit het nie.
Die ding was na jare se wan gebruik van geen balans net n kwessie van tyd.
Niemand pas die balans op enige van die goed toe nie. Soos jy nader staan word een kant oorlaai. Gaan kyk maar op enige dorp

Sarie De Wet ·

Ek is dankbaar dat daar nèt 4 kinders oppi mallemeule was, & dankbaarder dat hulle niè èrnstig beseer is nie. Dit kon nòg ‘n tragedie gewees het om by diè jaar se lys te voeg. Ek neem aan daardie een word slegs deur kinders/kleuters gebruik & beweeg stabiel in een rigting…, Èk het al by skoue ens gesien hoè jong mans op daardie swaaie metti kettings tekere gaan. Dis SKRIKWEKKEND!!! As een van daai swaaie op een of ander manier sou loskom & inni toeskouers inploeg, sàl daar beslis ernstige beserings, & moontlike sterftes wees!!!

CQ ·

Sarie, jong manne(mense) het al van my Pa se dae af op daardie swaaie mekaar geskop en getrek en pret gehad. My pa het my al so geskop op die swaai by die skoue (my gewys hoe hulle dit gedoen het as jonges)… Die probleem is dat die mense wat hierdie goed besit, dit nie meet in stand hou nie! Dis nie die verbruiker se skult nie. Dit is die eienaar wat dit moet instand hou!
Ek is baue sku om my kinders op enige van hierdie pretparke te laat speel. Want ons is nie meet in 1990 toe als 100% gewerk het nie!

Verstaan nie ·

“Cresta-winkelsentrum het MM versoek om ‘n e-pos te stuur . . . ”
Ek verstaan nie. Moet seker wees “MM het Cresta-winkelsentrum versoek . . . “?

Sune van Heerden ·

Dagsê Verstaan nie

Die teks in die berig is wel korrek, ons vra om verskoning indien dit egter nie duidelik genoeg gestel is nie. Maroela Media het telefonies navraag gedoen by die winkelsentrum waarop die sentrum Maroela Media versoek het om die navraag in ‘n e-pos aan te stuur. Die sentrum het intussen reageer. Lees die berig gerus hier: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ondersoek-na-mallemeule-by-cresta-omval/

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Verstaan nie ·

Dankie Suné, nou maak dit vir my ook sin. Ja Leeukuil, vir jou was dit ook ‘redelik duidelik’. Nou sal ook jy dit ten volle verstaan.

Johanna Botha ·

N subcommitee of n working group praat praat praat …no action tee op tee en niks sal gebeur nie ….”Ooooo big mistake …sorrryyy ”

Johann ·

Ek weet nie hoekom daar op hierdie webblad nog hoegenaamd kommentare toegelaat word nie. Lesers word so onderdruk, vergeet nou maar van die beleid van die hierdie webblad, al val sekere kommentare nie in die kategorie dat dit teen die beleid is nie, maar dit word sommer net afgehaal as dit byvoorbeeld negatief is, nie afbrekend nie, daar nie van gehou word nie. Hierdie webblad is ‘n voorstander daarvan dat mense nie ewewigtig deur die lewe gaan nie, maar gesesuurd. Dit is soos om ‘n kind van die straat af te hou en dan te verwag dat hy ‘n gebalanseerde uitkyk op die lewe te hê af hy die dag groot is. maak die kind soos ‘n volstruis groot, dan lyk hy later soos ‘n volstruis.

Johann ·

Kom ek voeg nog ‘n voorbeeld by. Dit is om ‘n kind op skool later in die klas te ignoreer net omdat hy krities is en moelike bly vrae vra.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johann

Kommentaar word gemodereer kragtens ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname. Dié maatreëls is opgestel in oorleg met regskenners om ons en ons lesers te beskerm.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Kobus ·

Stem saam met jou Johann…met Suné se antwoord stem ek ook nie saam….die voorwaardes en bepalings is wel deur n regskenner opgestel om MM en van die kommentators te beskerm….maar waar word die lyn getrek…met die moderering van kommentare is daar nie n regskenner wat dit onder oe het nie…die moderator besluit self watter kommentaar volgens him/haar geskik is vir pleasing of nie…soms verskyn kommentare van myself glad nie of word na n tyd net weg gevee…daar is volgens my mening nog menige sport gelyke gevalle…ek stem saam daar is n baie dun lyn tussen wat kan aanstoot gee en nie…maar ek kry die gevoel…dat as daar te veel kommentare van dieselfde strekking het….word dit nie geplaas…en afhangende wie die moderator is…word kommentare bloot net geignoreer…ek persoonlik het al op hierdie forum n kommentaar of twee geplaas wat nie verskyn het nie….MAAR DIESELFDE KOMMENTAAR WAT NET MET N KOMMA EN PUNT HIER EN DAAR….IS GEPLAAS TOE EK N SKUILNAAM GEBRUIK HET….dit verstaan ek glad nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.