[Foto’s] Man (77) trap in sloot, val meters ver

Foto: Crisis Medical.

ʼn 77-jarige man het in ʼn sloot in Lagoon-rylaan in Umhlanga Rocks beland toe hy per ongeluk daarin getrap het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die voorval het omstreeks 21:00 Woensdagaand plaasgevind. “Die man het glo langs die pad geloop toe hy per ongeluk in die sloot getrap en toe ses meter ver geval het,” het van Reenen gesê.

Die sloot is deur konstruksiewerkers in die area gemaak.

“ʼn Komplekse toustelsel is gebruik om paramedici na die man te stuur. Hulle het hom ondersoek en vasgestel dat hy gemiddelde beserings opgedoen het,” het van Reenen gesê.

Hy is op ʼn spesiale draagbaar geplaas vir ingeval hy rugstringbeserings opgedoen het.

ʼn Gesamentlike poging tussen Crisis Medical, die SAPD, asook die Ethekwini-brandweer en -reddingspan is uitgevoer om die man in ʼn ambulans te laai en onmiddellik na ʼn nabygeleë hospitaal te neem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Maatskappye betaal baie geld vir “health and safety”, en dan kom ‘n ou en trap so in ‘n gat.
Dis so belaglik dis snaaks.

Justice ·

Ek vertrou dat `n goeie prokureur hom sal gaan besoek in die hospital.

Ekke ·

Lekker!! Ou kan sommer aftree met sy eis! Maar dit sou beter gewees het as hy net gekyk het waar hy loop! Shame!

Vergelyking ·

Dis om van die dak van ‘n dubbelverdieping gebou af te spring. Veiligheidsmaatreëls was nie na wense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.