Foto’s: Man al langer as 24 uur onder grond vasgekeer

Nooddienswerkers op die toneel. Foto's: @ER24Ctonville / Twitter

Nooddienswerkers op die toneel. Foto’s: @ER24Ctonville / Twitter

Nooddienste van Carletonville in Gauteng spook al langer as 24 uur om ʼn onwettige myner te red wat onder die grond vasgekeer is.

Ao. Masowa, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die man het Sondag omstreeks 10:00 by ʼn verlate mynskag in die moeilikheid beland toe hy onder die grond toegeval is. “Hy was besig om in ʼn sloot te grawe toe los grond op hom geval het,” het Masowa gesê.

Veiligheidsbeamptes wat by die myn werk, het die voorval by die polisie aangemeld. “Nooddienste was kort daarna op die toneel en het regdeur die aand gespook om die man te bevry. Die los grond bemoeilik die reddingsproses,” het hy bygevoeg.

Reddingswerkers is steeds op die toneel, en na wat verneem word, is die man nog lewendig en stabiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Dit is gewoonlik die prys wat n dief betaal…los hom net daar, klaar begrawe.

Marieta ·

Stem 100% met jou saam, Peter. Ons mans wat ondergrond werk se lewens en werk word daagliks bedreig deur die gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.