ʼn Man is Saterdag in Brakpan, Gauteng, ernstig beseer nadat ʼn motor met ʼn sleepwa ʼn boom getref het.
“Die motorfiets wat op die sleepwa vasgemaak is, het losgekom en omgeslaan,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die motor het in die pad tot stilstand gekom.”
Sy sê die man is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die ongeluk het in Athloneweg gebeur.
- Die ongeluk het in Athloneweg in Brakpan plaasgevind Foto: Netcare 911
- Die ongeluk het in Athloneweg in Brakpan plaasgevind Foto: Netcare 911
- Die ongeluk het in Athloneweg in Brakpan plaasgevind Foto: Netcare 911