Foto’s: Man beseer toe trekker omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Nog ‘n foto volg onderaan die berig. Een man is beseer toe hy Dinsdag onder sy trekker naby Cato Ridge in KwaZulu-Natal beland het.

“Paramedici van ER24 het by die toneel op die R103 opgedaag en die pad mos vir ʼn uur lank gesluit word,” het Russell Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man het ernstige maag- en beenbeserings opgedoen. Hy is gestabiliseer terwyl die trekker van hom afgelig is.”

Die pasiënt is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Volgens ooggetuies het die trekker glo teen ʼn hoë spoed gery voordat hy gedraai en toe omgeslaan het,” het Meiring bygevoeg.

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

Foto: ER24

Foto: ER24

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.