ʼn 51-jarige man is Dinsdagmiddag beseer toe sy wipbakvragmotor onder ʼn brug in Millwardweg in Johannesburg vasgekeer is.
“Die bestuurder van die vragmotor kon ná die ongeluk uit die voertuig spring,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het beserings aan sy bene en rug opgedoen. Hy is na die Flora Clinic geneem vir behandeling.”
Die bestuurder het later aan paramedici gesê hy het nie gesien die wipbak word opgelig nie. Hy het onder die brug ingery toe die voertuig skielik tot stilstand gekom het.
Plaaslike owerhede sal die ongeluk ondersoek.
Daar is baie siektes sonder herstel veral blindheid .Is self n siel op wiele maar om nie te sien wat agter op die bak gebeur nie.
Duidelik is die trok bestuurder en eienaar 2 verskillende mense! Nou sit die eienaar met groot skade en ongerief.
Ja 2Roedlf1 en Eben julle is al2 reg – daar is nie pille vir domheid nie…
So asof die aardbewing nie al genoeg skade aangerig het nie.
Polisieman: So, lyk my jy sit biekie vas
Bestuurder: Nee ek lewer hierdie brug af
He he haaa Sesan … dis snaaks!!