Foto’s: Man by Centurion-winkelsentrum doodgeskiet

Foto's: Phillip Bruwer

Foto’s: Phillip Bruwer

ʼn 41-jarige man is Donderdagmiddag by ʼn winkelsentrum in Kloofsig, Centurion, in sy voertuig doodgeskiet.

Volgens ʼn polisiebeampte wat op die toneel was, hou die skietery moontlik verband met taxigeweld. Die voorval het voor die Centurion Taxivereniging se kantoor langs die Kwikspar in Kloofsig, plaasgevind.

Die slagoffer is uitgeken as Frans Mnguni, glo die eienaar van die vereniging.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is teen Vrydag nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

kloofsig kwikspar skietery 1

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.