ʼn 41-jarige man is Donderdagmiddag by ʼn winkelsentrum in Kloofsig, Centurion, in sy voertuig doodgeskiet.
Volgens ʼn polisiebeampte wat op die toneel was, hou die skietery moontlik verband met taxigeweld. Die voorval het voor die Centurion Taxivereniging se kantoor langs die Kwikspar in Kloofsig, plaasgevind.
Die slagoffer is uitgeken as Frans Mnguni, glo die eienaar van die vereniging.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is teen Vrydag nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.