[Foto’s] Man gooi dogtertjie van huis se dak

Die man met sy dogtertjie op die dak. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie het Donderdag die lewe van ʼn eenjarige dogtertjie gered toe haar pa haar na bewering van ʼn huis se dak afgegooi het.

Kapt. Andre Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in die Joe Slovo- informele nedersetting in Kwadwesi, Port Elizabeth, plaasgevind.

“Die voorval spruit uit ʼn sloopoperasie om 09:30 in die informele nedersetting deur die Nelson Mandelabaai-metro om onwettige strukture te verwyder,” het Beetge gesê.

“Die polisie en metropolisie is ontplooi om toe te sien dat die metrospan veilig is terwyl die slopings plaasvind.”

Volgens Beetge het die 38-jarige pa van die dogtertjie omstreeks 10:40 met die meisie in sy hande op die dak van sy sinkhuis geklim.

“Hy het dit gedoen om die slopingspan te dwing om nie die struktuur plat te slaan nie. Die polisie het ʼn plan van stapel gestuur om die kind te red aangesien haar lewe in gevaar was.”

Beetge het gesê teen 11:45 het die polisie en metropolisie die huis omring.

“Die polisie het deurentyd met die man onderhandel om van die dak af te klim, maar hy het die kind aan haar voet gevat en van die dak afgegooi. Gelukkig was daar ʼn metropolisiebeampte naby wat die meisie kon vang.”

Die man is op die toneel in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Volgens Beetge is die kind ongedeerd terugbesorg in haar 35-jarige ma se sorg.

Die Motherwell-polisiegroepering se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) sal die voorval verder ondersoek. Maatskaplike werkers sal ook die situasie monitor en bystand bied waar nodig.

Die slopingsoperasie was teen 13:00 afgehandel en nagenoeg 90 onwettige strukture is gesloop.

Buiten dié voorval het nagenoeg 150 inwoners oor die slopings betoog en die Uitenhage-pad met klippe en bande wat aan die brand gesteek is, probeer versper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

MCS ·

In die land beteken ‘n lewe, niks. As ‘n persoon sy kind so maklik kan vermoor en dit is bloed van jou bloed dan geen wonder die moord syfer is so hoog in die land. Mense het hul harte, siele, verstand en menslikheid verloor.

Dit was dalk beplan ·

Ek vermoed dit was beplan sodat dit as byt vir die media gebruik kon word om simpatie vir grondbesetters te wek, maar die plan het toe nie veel simpatie gewek nie maar in gesig gebars.

De Villiers ·

Ek hoop dat Ramaphosa en Malema ook tot hierdie man se klagstaat gevoeg sal word en hulle ook dan met dié man aanspreeklik vir sy afskuwelike daad gehou sal word aangesien húlle die verwagting by die swart volke skep dat grond nou onwettig beset kan word.

Wolf ·

Nee De Villiers, Hulle is nou so besig om agter mamma winnie se dood te skuil om enige verantwoordelikheid te neem vir die swakste regering in die wereld. Vra vir Sisulu om asb. hierdie voorbeeld van brawaade aan die wereld te toon. Dis mos hoe n kwaad man moet maak…of hoeSisulu? Die arme gepeupel moet nou die gelag betaal vir hulle domheid om vir die ANC of EFF te stem. Pappas moenie julle woede op julle gesin uithaal nie gaan haal dit op die regering en hulle hanslam Mallema uit. D%$#^R hulle sommer vir my part ook.

Annie ·

Baie dankie SAPS dat jul die kind gered het maar in hierdie geval het die regering hierdie mense gefaal. Die pa was desperaat gewees om die dak oor sy kop te red. As minder geld gemors word op bv afskeidspartytjies en meer huise word gebou sou hierdie aksie van die pa nie nodig gewees het nie. En nee ek praat nie die pa se aksie goed nie maar as mens na die breër prentjie kyk is dit armoede en desperaatheid wat die prentjie inkleur

Danie ·

Maklike oplossing vir die probleem ook: Hou op om vir die ANC te stem. Hulle laat gemiddeld jaarliks 100000 werkgeleentheid tot niet gaan. As jy nog steeds vir die ANC bly stem is jy mede verantwoordelik. Dan is dit ook jou skuld. Dit is onder geen omstandighede jou minderjarige kind se skuld nie. Hy/sy het nie vir die ANC gestem nie.

Lallie ·

Ek stem saam. Mens kan dit natuurlik nie toelaat dat almal net huisies opsit waar hulle wil nie, maar ek kan ook nie help om jammer te voel vir soveel wat dalk geen heenkome het nie. :(

Johann Marx ·

Annie is absoluut reg. As die regering misdaad onder beheer kon bring en hou, sou elke baksteen wat tans in “veiligheidsmure” vas gemessel is, gebruik kon word om vir mense huise te bou……..en sou daar genoeg huise vir almal in hierdie land gewees het…

Nee ·

Sal jy as jy arm en desperaat is jou kind van ‘n DAK AF GOOI??? Wel dan is daar ook nie salf aan jou te smeer nie … Laasweek het ‘n jong seun sy ouma vermoor vir ‘n stuk grond wat sy besit het wat EEN MILJOEN RAND werd was, en sy het in ‘n plakkershut gebly . so moet nie net AANNEEM mense is arm omdat hulle arm leef nie . dit is MANIPULASIE . niks met armoede te doen nie . wel met kriminaliteit . hoop hulle sluit hom op vir 10 jaar.

marous ·

Die regering se klaaglike mislukkings en vergrype is die direkte oorsaak van hierdie dinge . Die skip wat hulle ontvang het was vol gelaai en moes net gestuur word , maar toe vaar hulle hom reguit rotse toe en stroop alles wat gelaai was. As daar enigsins eerbaarheid was sou daar aan elke mens in die land se behoeftes voorsien kon word. Om alles te kroon word die gewone mense weer vertrap om te betaal vir die vergrype wat die land vernietig het , en verseker gaan daardie geld ook verdyn om die standaarde van die verorberaars te handhaaf. Die land is in ‘n staat van anargie en daar is geen remedie nie. Wat se veragtelike voorbeeld stel die leiers van hierdie land ?

Danie ·

Sharpeville mentaliteit:
Ek sal my kinders gebruik as skild as dit nodig is.
Ek sal my kind gebruik om mense gyselaar te hou al kos dit my kind te lewe.
Ek sal my kind gebruik om my sin te kry want dit is wat ek wil hê, as kos dit my kind se lewe.
My eise en giere is belangriker as my kind se lewe.

As my kind sterf is dit apartheid se skuld.
Dit is nooit my skuld nie.

Karen van Zyl ·

Slaan jy nou die spyker reguit op die kop. Welgedaan beter kon ek dit nie stel nie.

Lola ·

Beste kommentaar volgens my Danie! Ek is self ‘n ma en hoe anders voel ek nie oor my kind as wat my eie ma oor my voel nie. Ek sal sterf vir my kind…..nie anders om nie.

Piet ·

Annie dan is ek seker maar een van die verkrampde mannetjies wat met my nou lens teleskoop na die situasie kyk, want ek kan nie sie hoe dit armoede is wat mens so siek in jou kop kan maak nie. Hoe dit eerder vir my lyk is dat daar n kultuur in hierdie land onwikkel het dat mens alles kry wanneer jy geweld gebruik en hoe meer jy gebruik hoe meer erkenning sal jy kry.

Lientjie ·

Ek stem heeltemal saam. Waarheen moet hy en sy gesin nou gaan? Miljoene word vermors maar daar word nie aandag gegee aan werkskepping en behuising nie.

Danie ·

Soos reeds genoem:
Maklike oplossing vir die probleem ook: Hou op om vir die ANC te stem. Hulle laat gemiddeld jaarliks 100000 werkgeleentheid tot niet gaan. As jy nog steeds vir die ANC bly stem is jy mede verantwoordelik. Dan is dit ook jou skuld. Dit is onder geen omstandighede jou minderjarige kind se skuld nie. Hy/sy het nie vir die ANC gestem nie.

Willie ·

Dankie SAP en Metro Polisie… wys jou net die onmenslikheid betrokke…

Moedelose werkgewer ·

Ek stem saam die stelsel het die mense versaak. Maar niemand het nog ooit vir my vir n huis gesorg nie. Die probleem kom dat die regering vir almal vertel hoe baie geld hulle moet verdien. Vir my word daar vertel hoeveel geld ek n werker moet betaal. En in die tussentyd krepeer die volk van ellende.

Eish ·

Desperate mense.
In Matjhabeng distriksmunisipaliteit wag mense al 20 jaar vir toekenning van erwe. Dit, terwyl die munisipaliteit meer as 130 hektaar grond beskikbaar het. Weens korrupsie, wanadministrasie en al die byvoeglike naamwoorde waarvoor die meerderheidsregering berug geraak het voor, word dit nie toegewys nie. Die rede, geen geld beskikbaar vir infrastruktuur nie. Nou beset die mense eenvoudig die grond. Ses maande verder gaan die gebied weer deurloop onder diensteleweringsbetogings.
Mangaung munisipaliteit word vanoggend berig in die Volksblad, gaan die eerste Metro word wat in die gaan stort en onder administrasie geplaas gaan word.
Wie moet ons bedank? Die aaaensee, die party wat die land verafrikaniseer en wat verseker dat die uitsondering op die reël, die nuwe normaal word.
Viva helhool, Viva!

Amanda Owen ·

Kan ‘n pa so wreed wees???? Ek hoop hy kry sy dag!!!

Cynthia TREDOUX ·

Regering van die dag…LIEG nou al sedert 1994 vir swart mense oor behuising…basiese toilet geriewe…WERK! Niks gebeur nie…dis hoekom hierdie pa DESPERAAT was om sy WONING te laat sloop….wat n verskriklike prys wou hy betaal om sy huis te behou…wat in elkgeval ONWETTIG was….en dan DANKIE SAPD dat jul die onskuldige ou dogtertjie kon red…daardie kind moet ook WEGGENEEM word van so n FAMILIE…want die pa se wreedheid…ken geen perke!

Emsa ·

Hoop Ramaposa en Malema sien dit. Dis hulle wat die dinge veroorsaak met hul grond stories.

Emsa ·

Hoop Ramaphosa en Malema sien dit. Hulle begin n ding wat kon gebly het. Maar daar is geen wysheid nie. Dankbaar die dogtertjie is ok.

Jerry ·

Die EFF se emosionele opsweping sluit gewoonlik propaganda en intimidasie taktiek in soos “rent a crowd” en toneelspel. 90% insidente waarby die EFF betrokke is of wat hulle veroorsaak word “gestage” ingeoefen en wanneer daar televisie kameras is, is dit die ideale geleentheid wat benut word om n show op te sit en n EFF idee wat desperate swart slagoffers uitbeeld soos in die geval, die wye wereld in te stuur. Hierdie tipe binnelandse propaganda truuks in afrika, alhoewel dit niks nuuts is nie, speel dit in op die psige van my mede kommentators, mede Suid Afrikaners, buitelanders en het dit meer effek en trefkrag as al die buitelandse veldtogte van die VF+. Sou hierdie insident deur die media die wereld ingestuur word sal dit wys wees vir die VF+ om vinniger as blitsvinnig, n teenpropaganda veldtog te loods om die buiteland in te lug van die EFF en ANC se “dirty tricks campaign”.

Karen van Zyl ·

Hy is die naam “pa” nie werd nie! Geen regte pa sal dit aan hul kind doen nie.

Uncle D ·

Wat ‘n skande. Wonder net of Trevor Noah dit sal deel met sy gehoor. Of kry hy dalk skaam vir sy broer se gedrag.

Kiewiet ·

Kla Malema ook aan want dis deur sy opsweeping dat al die dinge gebeur.

Genieve ·

Genade Annie wat het die kind met behuising te doen???..siek Pa dis al

Skokkend ·

Daai man verdien nie om n pa te wees nie. Hy wat veronderstel is om die dogtertjie te beskerm wou haar dood maak om sy sin te kry. Hoop hy sit lewenslank en kom gladnie in aanraking met die dogtertjie nie. Pateties!!!!

Mich ·

Ek dink die Pa wou op die dak staan(met die baba), in ‘n desperate poging om die Polisie te keer om hul struktuur af te breek.
Dink nie sy aanvanklike intensie was om die kind AF te gooi nie.
Hy het “gecrack” toe hy sien alles rondom hom word afgebreek/gesloop. Desperaat, nêrens om heen te gaan nie…geen toekoms gesien nie en uiteraard woedend.
Soos die sielkundiges sê , in stres-situasies vries,vlug of veg mense.
Dit is ‘n tragiese geval. Baie dankie aan die persoon wat die baba
gevang het. En ja,kruisig my maar. Wie van julle was al in so ‘n desperate situasie?

Behuis hom ·

Mich, die arme man is so desparaat, sal jy hom asseblief in jou erf of spaarkamer behuising aanbied? Ek kan ongelukkig nie want ek het geen inkomste nie agv BEE.

Jammer ·

Kyk na die foto’s van die dogtertjie. Spekvet gesond en mooi aangetrek.
Lyk asof sy mooi versorg was.
Moenie so gou oordeel nie. Ja,dis terrible verby.
Maar neem die maatskaplike kwessies is ag, ASB.

Mollie Strydom ·

Dit kom daarvan wanneer hulle ANC stem en dit vir net ‘n T-shirt en ;n klomp leë beloftes!!! Ek kry die man jammer, want dit was al “huis” wat hy gehad het! Solank as wat die ANC in beheer is sal niks regkom in hierdie land van ons nie!

Crack ·

Hierdie man was miskien desperaat, maar ek het nog nie van “normale” mense gehoor wat dit aan hul kinders sal doen net om hul sin te kry nie. Die blaam kan ook nie op iemand anders geplaas word nie. Wanneer jy die dag die besluit neem om ‘n kind te hê, moet jy bereid wees om verantwoordelikheid vir daai kind te neem. Veiligheid is een van daai verantwoordelikhede en dit lyk nie of hierdie “pa” die titel van “pa” werd is nie. Hopelik sal die stelsel nie hierdie kind faal en toelaat dat die “pa” weer kontak met haar het nie.

Helene Heyns ·

Stem nie meyJammer saam nie. Daar is GEEN kwessie,hoe groot ook al, wat genoeg rede is om jou kind te vermoor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.