[Foto’s] Man kritiek ná vliegongeluk

Foto: Netcare 911

ʼn Man is Saterdagoggend in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy by ʼn vliegveld in Orient Hills in die Magaliesburg-omgewing in ʼn vliegongeluk betrokke was.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is om 07:37 na die toneel ontbied. “Volgens inligting vanaf die toneel het die vlieënier probeer om ʼn mikrovliegtuig te land toe hy in ʼn vliegtuigskuur vasgevlieg het,” het Dollman gesê.

Hy het gesê die man, vermoedelik 46 jaar oud, was in ʼn kritieke toestand en moes op ʼn asemhalingsmasjien geplaas word. Hy is daarna met ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Dollman is lede van die polisie en die brandweer ook na die toneel ontbied.

Die provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng het Maroela Media na die burgerlugvaartowerheid verwys. Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid, het bevestig die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Manie ·

As ek na die windkous kyk en sien dis n trike verstaan kom ek to gevolgtrekking dat daar n sterk cross wind was en daai microlights soek nie dit nie.

Chris Ws ·

Die probleem is die wind dwarrel en waai nie met ‘n konstante sterkte in een rigting nie.Dis by ons op die plaas die geval en moontlik by daai vliegveld ook en dit maak vlieg kondisies baie moeilik,vir enige vliegtuig.
My skoonsus se seun se vliegtuig staan in sy hanger op hul plaas.Hy sou vandag bietjie kom vlieg het om sy ure op te bou maar met die’ wind hier vandag het hy handdoek ingegooi.Te gevaarlik.
Alle sterkte aan die beseerde vlieenier.Hoop hy herstel volkome.

Chris ·

Ek het ook al my ondervindings met vliegtuie gehad. Gelukkig nooit lewensgevaarlik nie. Wat ek myself al gedwing het om te doen wanneer dit by vliegtuig ry kom het ek by voëls “geleer”. As jy nie voëls sien vlieg nie, wat maak jy in die lug wat nie eers vlerke het nie. Jy bly dan weg van mikro ligte en enkelmotorige vliegtuigies. Al wat jy doen is kry jou vlieër uit (kite).

Sarie ·

Dankie Chris…
Jou kommentaar oor die voëls, is interessant & insiggewend…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.