Foto’s: Man ry met mishandelde honde op bakkie

Die verdagte se voertuig. Foto: Nico Pieterse / Facebook.

Die verdagte se voertuig. Foto: Nico Pieterse / Facebook.

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die Sandton Dierebeskermingsvereniging (DBV), in samewerking met die Yeoville-polisie, is op die spoor van ʼn man wat Dinsdag in Johannesburg afgeneem is waar hy twee mishandelde honde in die openbaar agter op ʼn bakkie vervoer het.

Nico Pieterse, ʼn motoris en lid van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het die honde gesien, hulle afgeneem en die inligting op sosiale media gedeel, waarna dit soos ʼn veldbrand versprei het. Pieterse het gesê die honde is in verskriklike toestand en is met drade vasgebind. Op sy foto’s kan ʼn mens sien een van die honde het bloed om sy bek. Hy het die bakkie agtervolg en die polisie probeer ontbied, maar die bakkie in die middestad verloor nadat die twee insittendes hom glo in ‘n lokval probeer lei het.

Candice Scorer, algemene bestuurder van die Sandton DBV, het Woensdag aan Maroela Media gesê hulle beskou die voorval as baie ernstig.

“Ons het reeds die voertuig se adres opgespoor,” het Scorer gesê. “Die bestuurder van die bakkie is glo ʼn huurder by die adres. Die eienaar van die gebou is ondervra om die identiteit van die bestuurder te bepaal. Die verdagte en die bakkie met die honde was nie by die perseel nie en is steeds soek.”

Scorer het gesê hulle volg verskeie leidrade op en doen alles in hul vermoë om die verdagte gou aan te keer en die diere te red.

“Hierdie is ʼn baie unieke geval. Ons vermoed dit hou verband met hondegevegte en as die verdagte vasgetrek word, sal hy swaar gestraf word,” het sy bygevoeg.

Mense wat die verdagte se bakkie, ʼn wit Toyota met die registrasienommer CR28RDGP, word versoek om die DBV by 011 444 7730 te bel, of 082 460 2765 in noodgevalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

magriet ·

mag die eienaar van hierdie diere lank pynlik en stadig dood

Hanna ·

Ek is spraakloos, sulke mense moet ook so hanteer word soos wat hulle, hulle eie dierre behandel. Hoe lewe so persoon, ek is woedend.
En my hart breek en is baie seer vir die diertjies. Mag hulle gou gevind word en die persoon baie swaar straf.

bev uys ·

Dit is net baie brein siek mense wat eerstens laat diere baklei ‘n sport maak en lekker kry daaroor, en tweedens sulke mense is met die duiwel besete, want ‘n dier vra niks meer as net goeie sorg en baie liefde, dit is ‘n sonde mag God hulle swaar straf

Wilmarie ·

EK STEM SAAM MET JOU! DIT IS BITTER HARTSEER! HOE DURF HULLE DIT MET ONSKULDIGE DIERE DOEN?

CHRISTA ·

Om hulle van kant te maak is te maklik en te gou – voer hulle vir ‘n klomp agressiewe honde!!!

Rosetta ·

DIS SIEK !!! Sulke mense moenie eers kinders he nie wat nog te praat van ENIGE diere !! Ek hoop hulle kry n BAIE swaar vonnis! GEEN dier verdien dit nie! Hulle is daar om om te beskerm . My hart is stukkend :-(

Anja ·

Ek skaam my dood vir die mensdom! Hoe kan enige persoon ‘n arme onskuldige dier so behandel?? Hoeveel pyn moes daai diere nie al deurgaan nie? Ek hoop ten harte dat die vieslike verskoning van ‘n mens binnekort gestraf sal word!

scalla ·

Doen presies dieselfde met hom as wat hy aan die diere gedoen het, laat die persoon voel

Herleen ·

Ek wil net weet. Hoekom het die persoon wat die foto’s geneem het, en die ander wat dit gesien het, nie daar en dan die eienaar gestop, die polisie in kennis gestel sodat die diere onmiddelik verwyder kon word nie? Ek sou dit gedoen het. Want hoe weet ons wat die arme diere se lot nou is?

EMK ·

Herleen – lees mooi die insittendes wou alreeds die agtervolger in ‘n lokval lei. Sulke gemors het gewoonlik pêlle op speeddial en die ou op sy eie sou die slegste daarvan afgekom het. Ek hoop die SPCA laat staan nie net die saak, ons wil verder HOOR wat gebeur het. As mens weet van suklke goed moet mens ALTYD die SPCA e-pos stuur, hoe meer mense dit doen hoe groter slaankrag het die gewone ou se stem! Dis maklik, gaan ne top hul webwerf en sê jou sê in verband hiermee. Hulle het ons steun nodig!

Dave ·

Omdat die person wat die fotos geneem het nie noodwendig Superman is en daar was twee insittendes in die bakkie wat hom juis in ‘n ‘lokval’ probeer lok het. Moet ‘hom’ nie aanval nadat ‘hy’ baie goeie werk gedoen het deur die fotos te neem en dit te rapporteer. (Slegs een plek in die berig kan afgelei word dat dit ‘n ‘hy’ is). Sou ook graag ‘n onmiddelike einde aan hul wreedheid wou sien maar omstandighede het dit dalk nie toegelaat. My komplimente aan die een wat die fotos geneem het en dit gerapporteer het. As hy hulle laat stilhou het was hy dalk sy kamera met die fotos en bakkie se registrasienommer kwyt.

Dave ·

Omdat hy dalk selfs sy kamera kwyt kon gewees het as hy hulle laat stilhou het en dan was die bakkie se registrasienommer en ander fotos ook weg.

Eish! ·

Ek stem beslis saam. Die honde kry beslis voiding. Is nie die opsig uitgeteer nie. Dit moet gevegte wees. As dit nie vir die beserings was nie, dan was hul in goeie toestand. Dit lyk of die een inwendige beserings het, as jy na die kwyl kyk. Kan dit vir enige mens mooi en aanvaarbaar wees. My honde baklei soms en ek is dan soos ‘n tier kwaai met hulle. Raas dadelik as hul net knor vir mekaar.

Angela ·

Hou ons asseblief op hoogte van die arme honde. Is hulle al veilig?

Sue Theron ·

As hulle weet wie dit is hoekom is hierdie persoon nog nie gevang en die diere gered. Die mensdom is wreed en vieslik. Dit breek my hart en ek hoop hierdie mense sterf n wrede dood as hulle eendag omkom.

Nellie ·

Ek stem met jou Magriet. Die person moet ook sommer ‘n paar byte in kry.

Rieks ·

Gee hierdie sogenaamde eienaar vir my – ek sal hom vasmaak, laat baklei vir oorlewing en dan op ‘n oop bakkie vervoer na sy volgende “fight” … Hoe is dit moontlik dat die mens so gewetenloos en barbaars kan wees? As jy as mens nie aanvaarding kry by enige ander persoon nie is diere die enigste spesie wat vir jou ongevraagd liefde gee en is daar al praat hulle nie met jou nie. My hart is in stukke – ons mensdom het so baie waarvoor ons eendag aanspreeklikheid moet aanvaar.

Cornay Botma ·

Ons sien dit weekliks op die platteland. Ek het onlangs dat Welkom se DBV tak 5 honde in Bothaville kom uitsit. Hulle word gebruik om onwettig ystervarke snags op plase te jag en die vleis word dan verkoop. Mens kan nie vir iemand verduidelik hoe die honde ly met swerende ystervark penne wat vassit nie.

Javone ·

hi guys!!!! just to set the record straight us “activists” as the spca calls us are the ones who got the information late last nyt we called saps yeoville who told us sorry im the only one here, the other went to go get food, the spca only started taking action this morning!!!!! and accuse of obstructing justice. a police officer in Sandton helped us at 1 am this morning by sending out a vehicle……so spca are telling lies. we call them now to tell the truth as on radio they say the are working with the driver of the vehicle….to catch the owner why not arrest him? why did he drive with them on the vehicle like that? second they tell us who call in the people have fled over the border…..so which is it now?
Thanks Javone

Daan Dup ·

Hulle moet op die nes uitkom om die probleem van die kern af uit te rooi.Mens kan net dink hoeveel ander diere is daar nog.

Estelle ·

Hoop die man word gevang, en by honger leeus ingegooi, liewe Vader, hoe doen jy dit aan diere.Kyk hoe is die hond vasgemaak, maar weereens sal daar NIKS van kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.