[Foto’s] Man sterf toe 4 motorfietse, kar bots

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en twee ernstig beseer in ʼn gru-botsing Saterdagmiddag in Rustenburg in Noordwes waarin vier motorfietse en ʼn voertuig betrokke was.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 15:30 op die R24 plaasgevind.

“Een motorfietsryer is op die toneel dood en twee ander het ernstige besering opgedoen. Een van die beseerdes moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word,” het Herbst gesê.

Inligting rakende die omstandighede om die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

leser ·

meegevoel met naastes en beseerdes
4 motorfietse en voertuig aan linkerkant “stukkend” ????????

Landras ·

As Motorfietsryer-man se vrou wil ek graag ‘n bewusmaking skep , motorfietsryers wat ROOI covers op julle voorligte het , haal dit asb. af , vir voertuie wat van voor af kom , mag dit lyk soos iemand wat rem in dieselfde baan , meantime kom jy van vooraf met ‘n biker-spoed en niks wat jou beskerm nie .

Antiestabliesment ·

Ek kan dit nie sterker beklemtoon nie. Ek ry al 35jar lank MF en ek weet wat dit neem om jouself sigbaar te maak om veilig te wees. Dankie Landras

LED ·

Verwyder ook sommer die ekstra en verblinde kleiner LED liggies aan weerskante van jou fiets, om aankomende verkeer te verblind maak nie die situasie veiliger.

anton ·

As die ligte op n motorfiets jou in die dag verblind, is daar beslis fout met jou oë.
Die ligte of ekstra ligte is juis daar om die motorfietse meer sigbaar te maak vir die ”Blinde” motoriste op die pad!!!
Ek dink motoriste moet meer aandag gee en kyk op die pad as hulle bestuur en minder aandag gee aan die selfone wanneer hul bestuur!!!
Ek verpes mense wat alewig op hulle selfone besig is as hulle bestuur en dink 80% is skuldig daaraan.

Antiestabliesment ·

Ek’s bly my ligte ‘verblind’ jou. dit beteken jy sien my en die doel van die ligte is bereik. Duh – verblind helder oor dag? Moenie soos ‘n mot wees nie… kyk in die pad, nie na die ligte nie. :)

Tammy ·

Ek ry nie self motorfiets nie, maar ruik n rot. Wat het hier gebeur? Is daar iemand wat weet hoe 4 motorfietse gelyk in een voertuigongeluk betrokke kan wees? Dit klink net nie logies dat almal veilig bestuur het nie?

Chris Ws ·

My dogter hulle woon langs daai pad.Ons was vandag daar vir ‘n kuiertjie en daar kom ‘n motorfiets verby teen seker 12,000 rpm.Sy enjin het letterlik geskreeu.Hoe vinnig het die maniak gery?Ek weet nie alle motorfietsryers is jaagduiwels nie maar ek is beried om te se meer as 75% IS.So gebeur iets is sy kanse nul om ‘n botsing te vermy of selfs net af te val – sonder beskerming let wel.En die gevolge daarvan is skrikwekkend om die minste te se.
Het in die week ‘n mototrfiets gekry van vooraf wat se hooflig my vir etlike sekondes verblind het IN DIE DAG !Daar is ‘n klmp simpel mense op ons paaie,beide op motorfietse EN in motorvoertuie.
Ons simpatie aan die naasbestaandes van die oorledene.As mens net wil besef wat laat hulle agter vir hul families deur hul optrede.

Suzette ·

Ek stem 100% saam met jou. Motorfietsryers dink die pad behoort aan hulle en druk oral in. Ons is so nice ons maak pad vir hulle, anders skop hulle jou kar. Padreëls is nie nodig vir hulle nie, maar ek dink taxi bestuurders ry beter as hulle. My man besit n motorfiets en 99% vd tyd verontagsaam hy ander padgebruikers en hy sê nou juis, as ons dom is moet ons sukkel

Nici ·

My broer is ‘n kranige motorfietsryer….ongelukkig is motorfietsryers nie so onskuldig nie. Sommiges tart die dood deur soos sotte te ry….jammer oor hierdie verlies..vertrou die waarheid sal seëvier.

Adrian ·

4 motorfietse tref n motor lyk of die jafels op die motorfietse mekaar op die pad gejaag het en skielik n motor voor hulle. Op n hoe spoed lyk dit of n motor stadiger as die motorfiets se hoe spoed stilstaan maar binne sekondes is jy op die voertuig voor jou en daar is geen uitkom kans nie. Hoe spoed was die oorsaak en nou ja tragiese verlies van lewens. Op n tyd het ek by hartbeespoort gery en die spoed wat die ysterperde by my verbykom was totaal mal dan gooi hy sy middelvinger in die lug omdat ek nie vinnig uit SY pad kon aftrek nie

Koos ·

Geen simpatie indien hulle soos roekelose kriminele gery het nie. Het die naweek op die R59 naby Sasolburg gesien hoe tientalle van hulle jaag en ‘n trok op ‘n dubbele sperstreep verbysteek. Moeg vir almal van hulle wat altyd kerm oor motorbestuurders se gedrag so asof hulle nie self karre besit nie. Foeitog.

Anoniem ·

Almal kan se net wat hulle wil oor die hele saak, maar dit was die Here se besluit gewees, hy het die oorledene nodig gehad by hom, as dit jou tyd is is dit jou tyd, niemand kan dit keer of vermy nie. Innige meegevoel aan die oorledene se familie en vriende, sterkte aan die beseerdes.

Koos ·

Die Vader gee ons almal vrye denke om te kies en te dink. Ons is nie robotte wat geprogrammeer is om bv. 35 jaar te lewe en dan soos vooraf beplan deur ‘n marionetmeester in iemand vas te jaag omdat dit “jou tyd was” nie. As jou redenasie korrek is beteken dit ‘n kind wat sy ouers doodkap met ‘n byl is eintlik nie blaamwaardig nie, want die Here het hulle nodig gehad, dit was maar so bestem op hul lewenspad.

GDT ·

So die Here het hulp nodig gehad waar Hy is, nou veroorsaak Hy mense maar op aarde doodgaan sodat hy extra hulp kan kry? Jou teologie is effe skokkend! Die Here veroorsaak nie dood nie, Hy kan wel omstandigehede gebruik vir n groter doel, Mense sterf agv die sondige wereld waarin ons leef. God maak nie mense doodc op aarde soos Hy goed vind nie…

Anni ·

Nee, nee, nee en weereens nee Anoniem. Daar is ‘n HENGSE verskil tussen God se Wil, en HY het jou nodig gehad, en tussen roekeloosheid en nalatigheid.

Niemand van ons weet wat hier gebeur het. Dalk was die motoris verantwoordelik vir die ongeluk, dalk die motorfietsryers hulle self? Maar hierdie, was ongetwyfeld nie God se Wil nie, want God sal nie omrede hy 1 persoon “nodig” gehad het, hoeveel ander mense pyn en lyding aandoen nie. Die God wat ek mee groot geword het, is ‘n God van liefde, nie ‘n God van pyn en smart nie.

Piet ·

Ek kan nie met jou saamstem nie Anoniem. Mense val vir versoeking wat op hul pad kom, wat nie van God af kom nie. Jy wil dan vir my vertel dat die ou wat van drugs ge OD het, se eie roekelose gedrag kom ook van God af? God het wel seker besluit om so ‘n persoon te laat begaan, so dit staaf in n mate jou teorie, dis egter meer male as ander die mense hul eie lot wil bepaal en dan lei dit tot hul dood. As mens bv jaag soos n mal ding, kan God besluit om jou aan jou lot oor te laat en God se beskerming is iets wat almal nodig het om te oorleef. Spreuke 19:19 en Numeri 32:15 is dele wat jy gerus kan gaan lees.

Biker Bok ·

Hoe spoed hoekom? Want ons kan en dis lekker. As jy in jou hok ry kyk tog om jou dis nie moeite nie. Nie alle motorfiets ryers is roekeloos nie. Jy sien ons nie met ons selfone speel terwyl ons ry nie, sit neer die ding. En moet nie verbaas wees as iemand jou kant spieel saam vat omdat jy nie kyk nie en jy besig is op jou foon nie.

Susan ·

Ek stem saam dat nie alle motorfietsryers roekeloos is nie. Maar ek het vir jare die R21 gery tussen Centurion en Kemptonpark, en dit was skrikwekkend hoe motorfietsryers die wit streep gebruik AS ‘N BAAN om tussen karre deur te ry en dan is hulle vrek verontwaardig wanneer iemand hulle nie genoeg spasie gee om tussendeur te ry nie!! Indien hulle ook by die spoedgrens hou sal dit nie vir hulle nodig wees om so ongeskik en onveilig te ry en ander padgebruikers se lewens in gevaar te stel nie.

geen ·

ek wil net se, die kant spieel ding is belaglik, myne is so maand terug deur n motorfiets ryer af geklap terwykl hy van voor gekom het, ek was in my motor in verkeer aan die regte kant het geensins iets vekeerd gedoen, hy het net van voor gekom en die spieel stukkend geklap, ek maak altyd pad en gee toegang aan motorfietse…….. sal in my lewe nie weer nie, hul het geen respek vir ander pad verbruikers nie,en vir die foon myne is altyd in my handsak waneer ek bestuur.

Koos ·

Bikers wat van “cagers” of hokke praat raak bietjie afgesaag. Julle ry en praat nie op selfone nie want dis plein onmoontlik teen 220 km/u op ‘n motorfiets. Verder is ‘n kar nie ‘n hok nie want ons kan enige tyd in- of uitklim. Laastens besit julle ook karre en praat waarskynlik op julle fone terwyl julle bestuur, gegewe julle geneigdheid om alle reëls te ignoreer en niks te voel vir ander se lewens nie.

Ooknbiker ·

Ek ry ook n motorfiets en ja ek het ook led ligte op, net om raakgesien te word. Ek sal my “verblindende ligte” afsit die dag wat mense hulle selfone los en hulle spieels gebruik…..Ek stem saam party mense ry baie roekeloos op hulle motorfietse maar nie ons almal nie.

Lerato ·

Motorfietse is doodskiste op wiele. Al ry jy hoe bersigtig. Iemand gaan n stopstraat ignoreer.

As dit twee karre is, is dit n bptsing.

As dit n kar en motorfiets is, is iemand dood

beslis ·

Ek hou nie van motorfietse nie. Dis te riskant. Dis orals maar gevaarlik maar op ‘n motorfiets het jy nog minder kans op oorlewing.

Hartseer ·

Sterkte aan die geliefdes, dít moet baie hartverskeurend tragies en bitter hartseer
wat rou emosie veroorsaak. Wens so daar
is oplossing maar (houding, denke en mentaliteit mbt SPOED is vir renbaan) +altyd nugter op pad.!

Antiestabliesment ·

Daar is ‘n verskil tussen vinnig ry en roekeloos ry. By ‘n sekere speod raak vinnig-ry roekeloos. As biker van 35 jaar en nogsteeds lewendig na twee groot ongelukke (gebreekte gewrig en gebrrekte enkel) kan ek met genoeg outoriteit sê. My bike se grootste bate is dat ek vinnig op spoed kan kom, vinnig uit gevaarlike situasies kom en vinnig in ‘n ongeluk kan kom. My 2 ongelukke was beide motorryers wat nie kyk wat hulle doen nie.
Ek glo menige biker sal met my saam stem dat bikers se bestuursvernuf is peile bo die van ‘n motorbestuurder. Ons weet ons is kwesbaar en daarom word ons instikte om te oorleef daagliks getoets en verbeter.
Ek mag wettiglik op die wit streep ry (nie dat mens OP die wit streep ry nie) om tussen motors deur te gaan. Ek mag wettiglik tussen jou en ander voertuie gaan stop by die kruising.

Antiestabliesment ·

Ek het nie verkeers probleme nie want ek ry MF.
As jy in n motor ry en jaloers is omdat ek by jou verby ‘cruise’, moet nie my weg blokkeer deur so na as moontlik aan die wit streep te ry nie, ek sal rustig stop en wag vir n geleentheid om verby te gaan, en as jy doelbewus my pad bokkeer gaan jy ‘n spieeltjie verloor – guaranteed. Dan is jy die donkie-se-gat. Jy neem reeds genoeg spasie op vir 5-7 persone met jou kar, ek neem spasie op vir hoogstens 2 persone. WAT IS JOU PROBLEEM? Dalk volg JY nie die pad reels deur jou spieel kort-kort te raadpleeg nie, e so is JY die gevaar op die pad, nie ek nie.
As jy voor my inry omdat jy op jou foon is, verwag maar ‘n middelvinger want jy kan iemand se dood veroorsaak. As jy my kind, wat ook bike ry, raakry omdat jy op jou foon is, verwag die ergste!
Ons het reg tot die pad soos die wet ons dit gee. En vir ons eie veiligheid, omdat motorbestuurders nie besturvernuf het nie, moet ons noodgedwonge baie keer so ry dat dit lyk na sotlike maniere, maar dankie aan die motoris agter jou wat met sy 2ton missiel my lewe in gevaar stel want hy het geen benul dat jy oor die pad ‘drift’ soos ‘n dronkaard nie. ek moet my self beslerm en vinnig versnel om uit die situasie te kom.

Antiestabliesment ·

Aan bikers wat jaag, onverskillig vinnig in verkeer. Gaan werk uit hoe ver jy in een sekonde ry teen jou 180km/h. Doen jouself en mede padgebruikers ‘n guns en gaan staan daardie afstand van ‘n kruising af. Kyk hoe naby is daardie kruising en bereken vir jouself of jy gaan kan stop of uitswaai as n motoris voor jou indraai, wat jou wel sien, maar aanneem jy ry teen die gegewe spoedgrens. Jou doppie is geklink as jy in daai situasie kom, en jy ry dalk ‘n kind in die passasierskant dood – word wakker!

Spoed maak nie dood nie, dit is die skielike stop! Spoed is lekker – ek weet, maar as jy nie verantwoordelik kan wees nie, hoort jy nie op die pad nie, punt.

Motoriste – ‘n klein bietjie links beweeg in verkeer gaan jou nie doodmaak nie (of regs as jy in dubbelbaan in regterbaan ry) – jy sal ‘n biker kry wat jou sal groet en dankie sê. en asseblief tog – gebruik jou spieel. ‘n goeie biker sal van agter aankom en so ry dat hy sigbaar is in jou kantspieel. Hy sal so ry sodat hy jou gesig in die spieel kan sien, net om seker te maak jy sien hom voor hy verby gaan.

Louw ·

Ek ry ook motorfiets maar as ek so lees wat die “bikers” te se het en veral hulle taalgebruik dan begin ek skaam kry om te se ek ry ook motorfiets. n Beskaafde en opgevoede mens het respek vir almal en breek nie kantspieeltjies van motors af omdat jy voel jy is te na gekom nie. Dit pas by n 10 jarige skoolseuntjie wat eintlik net n goeie loesing kort.

Koos ·

Dankie Louw. Ons weet daar is darem beskaafde bikers ook, hulle vervaag net effe tussen al die buffels wat dink hulle kan ander intimideer. Toemaar wat, hulle kan hulle maar rustig verder verbeel hulle is Toecutter… totdat hulle eendag Max Rockatansky op die pad raakloop. Ons weet ook daar is padvarke in karre, maar hulle vermag selde die spoed waarmee die tawwe bikertipes verby skreeu en verder breek hulle nie spieëls af of ry sonder nommerplate nie. Ek sal geen traan stort wanneer die roekelose soort met die bende-mentaliteit in die yskas beland nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.