[Foto’s] Man sterf toe motor deur Pta-huis ploeg

Die motor wat in die huis tot stilstand gekom het. Foto: Netcare 911

Die motor wat in die huis tot stilstand gekom het. Foto: Netcare 911

ʼn Bejaarde man is Dinsdagaand dood nadat die Mini Cooper waarin hy gery het, in ʼn huis in Pretoria ingeploeg het.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het Woensdag aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 23:00 in Suiderberg, in die weste van Pretoria, plaasgevind.

“Die man het vermoedelik in ʼn westelike rigting in Irvinelaan gery, toe hy beheer oor die motor verloor en by die T-aansluiting van Dorpstraat deur ʼn erf se heining én ʼn huismuur gebars het,” het Loubser gesê.

Die motor het in die huis se sitkamer tot stilstand gekom. “Die man het ernstige hoofbeserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Loubser gesê.

Paramedici van Netcare 911 was ook op die toneel.

Niemand in die huis het seergekry nie. Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek. Die man se identiteit is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Vra maar net ·

Spoed het ‘n besliste rol hier gespeel. Om deur ‘n heining en muur te bars veg dit dat die motor beslis bokant dit 60 k/m in die dorpsgebied gery het.
Meegevoel met bestuurder se naasbestandes en friende.

Wonder ook???? ·

Paul ek wonder ook, baie weird. Ek het ook dadelik gedink alkohol en hoê spoed, maar ek het al gesien wat met ‘n voertuig kan gebeur as die persoon dalk ‘n hartaanval of stroke gekry het, die voet raak onbeheerbaar en trap petrol tot op die grond. Dit moes regtig ‘n hengse spoed gewees het. Sterkte aan die familie.

Hannelie ·

Paul ek wonder ook…..gekyk en gebid dat geen mens raakgery is in die geval nie. spoed speel definitief hier ‘n rol, om deur ‘n betonmuur te bars.

Bekommerde Inwoner ·

As die muur en huis so lyk glo ek meubels het nie ‘n kans gehad nie.
Ek bly daar naby. Eers was Ivor die laan van voorkeur vir ninnig ry, toe gebeur ‘n tragedie en ‘n klomp spoed hobbels word opgesit, Nou is die Irvine laan die een vir vining ry want daar is baie minder spoed hobbels. My grootste bekommernis, daar is twee laerskole in Irvine laan en die een spog met geen spoed hobbels nie, en my kinders is in daai een. Ons het al gevra vir spoed hobbels in die straat maar seker moet nog meer mense dood gaan voordat dit gaan gebeur, baie hartseer. Skuus wil nie onsimpatiek met die oorledene of die se familie wees nie, maar probeer net die feite stel, en dat dit moontlik voorkom kon wees.

m ·

Spoed was verseker n faktor hier om so deur ‘n muur te kan jaag.

Benita ·

Ek verstaan dat elkeen van ONS Ma net mens is en Almal het hul opinie en is geregtig daarop….daar gelaat….Dit is my Oom Wat oorlede is en ja ONS Almal kan dink aan watse ernstige nagevolge Dit ook kon he, maar ONS is baie dankbaar niemand anders is betrokke of beseer. Kan Ek Groot asb vra dat elkeen Wat voel hulle wil hul opinie lig……dink asb aan die huisgesin, sy Vrou, pragtige 5 dogters en sy kleinkinders Wat dalk Jul opinies lees…..mens wil tog NIE Wanneer jou geliefde van jou geneem word, he Mense moet negatiewe dinge te se he nie……asb Mense Ek vra mooi dat julle asb sy familie en Vrou respekteer. Baie dankie!

Sareen ·

Baie jammer om te hoor en sterkte aan almal, jy het dit regtig baie mooi gestel en hoop almal let op!!

Koos ·

Benita, baie jammer oor julle verlies.
Sou dit nie dalk moontlik wees om die feite te plaas nie, dan SAL die mense nie opinies lewer of EIE gevolgtrekkings maak nie.
Die berig is op hierdie platvorm en sonder enige detail moet julle aanvaar dat dit die mens se natuur is om te wil weet. Juis met die berig sonder die feite maak dit die pad oop vir mense om eie gevolgterkkings te maak.
2 weke terug is ‘n ma en seun dood wat deur ‘n motor getref is. Die berig het duidelik gestel die bestuurder het aan die slaap geraak agter die stuur nadat hy ‘n skof van 14 uur gewerk het. Daar is feite gestel en niemand het gegis oor wat gebeur het nie.
Weereens my innige simpatie, maar wees voorbereid daarop dat afleidings gemaak word as geen feite beskikbaar is nie.

Anica ·

Dankie Benita…..was ook familie van my…en as jy niks goed kan sê nie bly dan asb net stil…en dankie dat daar niemand anders seer gekry het nie…sterkte aan my sus, kinders en kleinkinders

Snip ·

Ek sal verseker my agterent afgeskrik het as iets skielik deur my vertrek te lande kom

Amelia ·

Dit was vreeslik om die nuus te hoor vanoggend… almal se harte is stukkend en kan dit steeds nie glo nie… RIV. Ons gebede is saam jul.

Muller ·

Was ook familie. Niks so erg as om langs ‘n geliefde se oop graf te staan nie. Skokkend hoe ongevoelig subjektief buitestaanders se perspektief kan wees. Baie baie sterkte aan die naasbestaandes en familie

Lindie ·

Aan almal wat so spekuleer en wonder NEE drank was nie betrokke. Dit was my oom. Hoop jou pa,oom of oupa kom nie in die nuus en mense spekuleer net links en regs en aanvaar sommer die slegste gevolgtrekking nie. Die familie lees ook nuus en glo my dit maak seer.

Maria ·

My innige meegevoel met julle verlies.R.I.V. Mnr Sterkte vir fam en vriende.
Ek kry eindelik skaam om al die komentaar te lees om te dink dat mense nie eers die dood en mense se smart kan in ag neem nie.Maar altyd reg staan om n klip te gooi.In die bybel staan dat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi.So ek aanvaar dat al die lelike komentaar en bespiegelinge se mense sonder sonde is.Asb mense respekteer die mense wat in smart verkeer.Lekker aand vir almal.God seen julle almal met n goeie nagrus.Weer eens sterkte aan die fam en vriende.God sal julle hierdeur dra.

Elmarie ·

Ken ook die mense so so jammer vir jul groot verlies en hartseer. Jul in my gebede.

conraad vermaak ·

Kom ek se jul somer gou vinnig mense julle wat so gou julle eie aflydings maak enklaar oordeel!!!!!! Daai man was my kinders se oupa en n trotse pa en oupa en nie die persoon wat onverantwoordelik was. So asb my kinders en die ander klein kinders en kinders lees hier. So hou julle comments vir julle self en respekteer die familie.

Reinett ·

Asseblief lees weer Helen se kommentaar. Hy was my broer. Hy het nie gejaag nie maar is oorlede as gevolg van ‘n epileptiese aanval en stroke. Dit is wat in die outopsieverslag staan. Hy het nie eers vinnig gery nie. Dit kan wel wees dat sy voet aan die petrolpedaal onbeheerbaar kon trap. Hy sou ook definitief nie in so ‘n kort entjie vreeslik kon versnel nie. So asseblief maak seker van julle feite. R.I.P my broer.

Ralph ·

Johan, soos wat jy vra dat almal wat jou nou oordeel die artikel in die lig moet beskou soos wat jy beskryf het, vra ek nou vir jou. Hoe sou jy gevoel het as jy familie van die oorlede man was, en jy moet negatiewe komentaar lees wat geskryf is deur iemand wat geen feite het oor die situasie nie, en spekuleer oor die omstandighede van die ongeluk. Ek stel voor jy dink daaroor voor jy weer jou eie afleidings maak en ongegronde opmerkings sit op ‘n media platvorm vir almal, insluitend die hartseer familie, om te lees. Ek wil jou ook net sê dat my swaer nie ‘n bejaarde was nie (miskien moes jy seker gemaak het van jou feite voor jy die “kat aan die stert beet gekry het”) maar al was hy, wat het dit te doen met die feit dat hy ‘n Mini Cooper gery het? Bepaal ons ouderdom deesdae watter kar ons mag ry? Hy was ‘n kar entoesias en het verskeie karre besit, onder andere die Mini. Dit beteken nie dat hy noodwendig vinnig wou ry en “nie by die spoed limit hou” soos jou veralgemening oor “mense wat ‘n vinnige kar wil ry”. Die feite is nou verduidelik in die komentare bo, so aan almal wat gespekuleer het dat dit spoed was, of dat alkohol betrokke was, ek hoop julle voel nou sleg dat julle ‘n onskuldige man, wat julle nie eers geken het, so geoordeel het.

Ralph ·

Johan, soos wat jy vra dat almal wat jou nou oordeel die artikel in die lig moet beskou soos wat jy beskryf het, vra ek nou vir jou. Hoe sou jy gevoel het as jy familie van die oorlede man was, en jy moet sulke negatiewe kommentaar lees wat geskryf is deur iemand wat geen feite het oor die situasie nie, en spekuleer oor die omstandighede van die ongeluk. Ek stel voor jy dink daaroor voor jy weer jou eie afleidings maak en ongegronde opmerkings sit op ‘n media platvorm vir almal, insluitend die hartseer familie, om te lees. Ek wil jou ook net sê dat my swaer nie ‘n bejaarde was nie (miskien moes jy seker gemaak het van jou feite voor jy “die kat aan die stert beet gekry het”) maar al was hy, wat het dit te doen met die feit dat hy ‘n Mini Cooper gery het? Bepaal ons ouderdom deesdae watter kar ons mag ry? Hy was ‘n kar entoesias en het verskeie karre besit, onder andere die Mini. Dit beteken nie dat hy noodwendig vinnig wou ry en “nie by die spoed limit hou” soos jou veralgemening oor “mense wat ‘n vinnige kar wil ry”. Die feite is nou verduidelik in die kommentare bo, so aan almal wat gespekuleer het dat dit spoed was, of dat alkohol betrokke was, ek hoop julle voel nou sleg dat julle ‘n onskuldige man, wat julle nie eers geken het, so geoordeel het.

Geroldine ·

Ek is die oorledene se dogter. Nie dat dit enige iets met jou te doen het nie maar hy het karre gekoop en verkoop en afgewissel om met almal te ry sodat dit nie lank staan nie. Die tipe kar wat hy ry het niks met sy persoonlikheid te doen nie. Die afstan vanaf sy huis en die ongeluks toneel sal dit vir jou duidelik maak dat daar nie tyd was vir spoed opbou nie. So die “tekens daarvan” is toe nie so duidelik nie. Ek sal graag meer goed wou kweit raak oor oningeligde mense wat aandag soek, maar sal vereers die saak daar laat

Nico Strydom ·

Dagsê Geroldine
Baie jammer oor julle verlies. Ons sal graag ‘n opvolgberig wil doen om meer duidelilkheid te gee. Kan jy dalk asb jou kontakbesonderhede na [email protected] stuur?
Nogmaals jammer
Groete
Nico Strydom nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.