Foto’s: Man sterf toe verfwinkel brand

Die brandweer probeer ‘n brand in ‘n verfwinkel in Durban blus. (Foto: Netcare911)

ʼn Man is dood toe ʼn brand in ʼn verfwinkel in Durban uitgebreek het.

Netcare 911 het Donderdagmiddag gereageer nadat dié ambulansdiens ʼn noodoproep ontvang het omtrent ʼn brand in ʼn gebou aan die Noordkus-pad in Durban.

Die uitgebrande verfwinkel. (Foto: Netcare911)

“Inligting van die toneel dui daarop dat die vuur in ʼn verfwinkel ontstaan het. Die munisipale reddingsdienste, metropolisie, die polisie en ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy was reeds op die toneel toe paramedici daar aankom,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911 in ʼn verklaring gesê.

Nooddienspersoneel het ʼn volwasse man op die vloer van die winkel aangetref. “Paramedici van Netcare911 het hom op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

Die omstandighede rondom die voorval sal deur die betrokke wetstoepassingsowerhede ondersoek word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.