[Foto’s] Man sterf toe vragmotor rol

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Vragmotorbestuurder is Vrydagoggend in ʼn ongeluk in KwaZulu-Natal dood.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 09:15 op die R617-pad buite Merrivale plaasgevind.

“Die bestuurder van die vragmotor het om ʼn draai beheer verloor en die voertuig, met ʼn vrag staal, het omgeslaan en gerol,” het Herbst gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend. Owerhede was op die toneel en stel ondersoek in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lee ·

Ai dis nie lekker nie. Sterkte aan sy familie. Staal kan baie vining skuif al ry jy nie vining nie en sodra ‘n vrag skuif gooi hy die cab eerste om. My broer ook oorlede van ‘n vrag wat geskuif het. Rus in Vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.