Foto’s: Man uit voertuig geslinger ná botsing op besige snelweg

Foto: @_ArriveAlive / Twitter

Foto: @_ArriveAlive / Twitter

ʼn Man is Maandagaand dood en twee mense beseer in ʼn ongeluk op die N3-snelweg in Durban.

Volgens Garrith Jamieson, direkteur van Rescue Care, het die ongeluk omstreeks 21:00 naby Paradise Valley plaasgevind. “Een van die bestuurders is uit die voertuig geslinger toe dit ná die botsing gerol het,” het Jamieson gesê. “Die voertuig het ook sy enjin verloor.”

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die persone in die tweede voertuig het geringe beserings opgedoen, en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verder behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. – SAPA

Foto: @_ArriveAlive / Twitter

Foto: @_ArriveAlive / Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.