Foto’s: Man vas na skietgeveg op M1

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 28-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem ná ʼn skietgeveg met die polisie op die M1-Suid.

Volgens die polisie het beamptes verbonde aan die Sandton-polisiestasie Woensdagmiddag ʼn roetine-patrollie gedoen toe hulle ʼn verdagte rooi VW Polo naby Sandton City opgemerk het. Die beamptes het die motor van die pad af probeer trek, waarna die bestuurder en sy passasier weggejaag het.

Die beamptes het die motor agternagesit waarna ʼn hoëspoed-jaagtog gevolg het. Die insittendes van die Polo het op die polisiebeamptes losgebrand. Die beamptes het teruggevuur en die bestuurder van die Polo het op die M1 naby die Greyston-afrit beheer verloor oor die voertuig. Volgens die polisie het een van die verdagtes uit die motor gespring en gevlug.

Die tweede verdagte is in hegtenis geneem en die polisie het op ʼn pistool en AK47-ammunisie beslag gelê. Die voertuig is vermoedelik gesteel. Die verdagte sal van poging tot moord, die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie en die besit van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig aangekla word.

Die verdagtes word nie tans met ʼn ander misdaad verbind nie, maar die polisie vermoed dat hulle op pad was om ʼn misdaad te pleeg. Die soektog na die tweede verdagte gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gielie - Namibië ·

AK47 ammunisie en ‘n pistool, onwettige goed…..liewe aarde mense, dis mos totaal onmoontlik veral met die streng vuurwapen wetgewing in SA….

Theresa ·

Ai so word ons karre waarvoor ons SO hard werk gesteel en eindig so op. Word gebruik vir misdaad. My wit Mazdatjie is ook gesteel en ek het al soveel maal gewonder wat maak die gemors met my karretjie wat ek so mooi opgepas het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.