Foto’s: Man vas oor daggakweekhuis

Foto: SAPD/Twitter

Foto: SAPD/Twitter

Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n 25-jarige man in hegtenis geneem nadat ‘n daggakweekhuis op ‘n plaas in Camperdown gevind is.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die dagga is glo op ‘n hidroponiese wyse gekweek.

Die polisie het op meer as ‘n 1 000 daggaplante en verwerkte hidroponiese dagga in emmers en sakke beslag gelê.

Zwane sê daar is ook op toerusting wat vir die kweek van die dagga gebruik is beslag gelê sowel as ‘n .38-rewolwer en ammunisie.

Volgens Zwane is die straatwaarde van die dagga en toerusting sowat R3 miljoen.

Die verdagte sal binnekort in die Camperdown-landdroshof verskyn.

Foto: SAPD/Twitter

Foto: SAPD/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dewald ·

Wanneer gaan die regering wakker skrik? Hulle volg mos baie graag Amerika se voorbeeld…dagga is nou al wettig gemaak in ń hele paar state.
Dit gaan meer polisie hulpbronne beskikbaar stel om regte kriminele te vervolg.

Peter Says ·

Dewald, jy is “spot on” ek gebruik nie self die krui nie, maar ken mense wat wel. Drank is vir my n groter euwel, hierdie gebruikers is heel rustige mense.

Anti drug ·

Van dagga na drugs. In baie gevalle word ander middels saam met die dagga gerook. Dagga is uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.