[Foto’s] Man vas vir geweer in yskas

Die geweer waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die geweer waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 34-jarige man is Dinsdagmiddag in Pretoria in hegtenis geneem nadat ʼn .303-geweer in sy yskas gevind is.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die Erasmia-polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die man is omstreeks 15:00 in die Mooiplaas-omgewing, in die suidweste van die stad, in hegtenis geneem.

“Beamptes van die Erasmia-polisie se misdaadvoorkomingseenheid was besig met stop-en-soek-patrollies toe hulle ʼn wenk van gemeenskapslede in Mooiplaas ontvang het dat die verdagte ʼn geweer in sy plakkershut ingedra het,” het Moloto gesê.

Die polisie het die wenk opgevolg en op die verdagte se woning toegeslaan.

“Die polisie het die plakkershut deursoek en die .303-geweer in die yskas aangetref. Die man kon nie verduidelik wat die vuurwapen daar doen nie en ook nie ʼn vuurwapenlisensie aan die beamptes verskaf nie.”

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hy moet binnekort in die hof verskyn.

Moloto het gesê die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit met misdrywe in die omgewing verbind kan word.

Kapt. Thandi Mokgoetsi, die waarnemende stasiebevelvoerder, het die beamptes geloof vir hul flinke optrede wat tot die inhegtenisneming gelei het. Mokgoetsi het ook die gemeenskap bedank vir die wenk en die versekering gegee dat hegte samewerking tussen die gemeenskap en die polisie die beste “wapen” is om misdaad te bekamp.

mooiplaas-geweer-verdagte-erasmia-centurion-pretoria

Die verdagte. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

zahn ·

Maroela, hou ons asb op hoogte van wat hier gaan gebeur. Ons sal wil sien of hy dieselfde paadjie gaan loop as ander..

wicus ·

SY TJOMME HET VIR HOM GESE HY MOET VIR HOM N “COOL GEWEER” KRY TOE MAAK HY N PLAN

Scalla ·

Is dit nie dalk n geweer wat die tyd ingehandig om te vernietig te moes word nie, rekords kan mos opgespoor word, hy wou seker van die afkoel periode vir amnestie gebruik maak deur dit in die yskas te sit. Slim idee

Justice ·

Die wettige eienaar van die geweer wat deur registrasie rekords opspoorbaar is sal die legkaart kan voltooi.

Alida ·

Daardie geweer is 10/1 tydens ‘n plaasaanval gesteel. Skerp speurwerk kan dalk sy oorsprong vasstel en die man met die plaasaanval verbind waar daar berig is dat “niemand nog in hegtenis geneem is nie”. Ek dink maar so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.