Foto’s: Marlyn het vissermanne deurboor

Argieffoto Foto: digitaldeconstruction.com

Argieffoto Foto: digitaldeconstruction.com

Foto’s van skade aan die boot volg onderaan die berig. Die twee vissermanne wat beseer is toe ʼn marlyn tydens ʼn visvangkompetisie op hul boot beland het, se beserings word glo hoofsaaklik toegeskryf aan die vis se snawel wat hulle deurboor het, het die NSRI gesê.

Marc Gieseler van Durban, die kaptein, het oorspronklik aan die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê een van die mans het bo-op die ander geval toe die vis, van ongeveer 140 kg, deur die boot se windskerm gebars en toe agter afgegly en weer in die see verdwyn het.

Die twee vissermanne, onderskeidelik 33 en 35 jaar oud, sterk aan in die hospitaal, maar daar is versoek dat die NSRI nie hul name bekend moet maak nie. Hulle is al twee van Kloof in Durban.

Die voorval het Saterdagoggend tydens ʼn visvangkompetisie, naby Umdloti in KwaZulu-Natal plaasgevind. Daar was vier mans aan boord.

Vrywilligers van NSRI Durban en Netcare 911 het bystand gelewer aan die skibootfees in Durban toe hulle ontbied is na die toneel waar twee vissermanne op die 5.5 meter lange skiboot, Mduduze, beseer is.

Gieseler het gesê die 35-jarige man het die boot bestuur terwyl hy met die marlyn gespook het. Toe hy die vis begin inkatrol, het dit uit die water gespring en voor oor die boot gebars.

Lees ook:
Twee vissermanne deur marlyn beseer

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.