Foto’s: Massiewe ongeluk ontwrig verkeer in Centurion

Die ongelukstoneel op die N14. (Foto: Verskaf)

ʼn Ongeluk waarby 18 motors betrokke was, het Dinsdagoggend verkeer in Centurion erg ontwrig.

Die ongeluk het net voor 08:00 op die N14 naby die R55 in Thatchfield plaasgevind, toe ʼn vragmotor in verskeie motors vasgery het.

Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane se nooddienste, is 24 pasiënte deur verskeie ambulansdienste na nabygeleë hospitale vervoer. Hul beserings wissel van matig tot ernstig.

In ʼn video wat op sosiale media gedeel is, kan gehoor word hoe ʼn bystander sê nooddienste is dringend nodig, en dat verskeie motors op hul sy in die pad lê.

Teen 09:00 Dinsdag was die N14 rigting noordwaarts nog heeltemal gesluit vir verkeer. Verkeer het vir kilometers in albei rigtings van die snelweg gestaan.

“Verkeersbeamptes is op die toneel om die verkeer te bestuur. Ons raai motoriste aan om van alternatiewe roetes gebruik te maak.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal deur wetstoepassingsowerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Duck ·

En die aasvoèls kon seker nie huself keer nie! Wat a bonus vir hul

Vettiemaragartos ·

@Duck het jy al daaraan gedink dat daar van daardie aasvoëls is wat opgeleide paramedisie is en hulp kan verleen?

Korrelkop ·

Wat het van daai reel geword dat vragmotors net sekere ure van die dag mag ry??

skurweberg ·

As daar te veel voertuie op die paaie is gebeur hierdie dinge. Dit werk presies ook so met die strome riool in die strate wat die riviere en damme besoedel. Slaughter in paaie noem maar op… Teveel Teveel!!

Bolandse Nooi ·

Vragmotor …………………………………… die drywer was seker òf oormoeg, óf besig op sy selfoon òf gerook … Ons sien dit al hoe meer op die paaie, hoe sekere vragmotor bestuurders eenvoudig geen respek het vir ander padgebruikers nie, hoe hulle padreëls en bestuursregulasies net eenvoudig ignoreer …. om nie eens te praat van “unscrupulous” vragmotor eienaars of vlootbestuurders wie nie seker maak dat vragmotors behoorlik gelisensieër en korrek bedryf word nie.

Surfer ·

En die “Kamakasi pilot” sit hoog & droog veilig in sy “cab”. Net 18 wrakke agter gelaat.

Allies ·

Lees niemand van Maroela die berigte voor julle dit opsit hier nie? Regtig oor en oor by elke foto dieselfde storie. Ag nee toe julle is n oulike klomp daar wat nie sulke foute hoef te maak nie

Martie ·

Natuurlik is daar te veel verkeer op ons paaie. Waar is ons openbare vervoer? Ek praat nie van die moordbendes taxi’s nie, ek praat van treine en busse.

melaney ·

Elders gelees dat voertuie verskriklik gejaag het, insluitend die trokdrywer. Maar spoed beteken mos niks op SA paaie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.