ʼn 65-jarige man is Woensdagoggend dood nadat hy vermoedelik weens ʼn mediese noodtoestand beheer oor sy motor verloor het.
Die voorval het naby die hoek van Kenneth Kuanda- en Oxfordweg in die noorde van Durban plaasgevind.
Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security en Crisis Medical, het gesê hulle het omstreeks 11:00 by die toneel aangekom. “Die voertuig het teen die verkeerslig se ankerdraad opgery en op een wiel gebalanseer.”
Volgens Van Reeneen is die man dood in die voertuig se bestuursitplek aangetref. “Daar was ongelukkig niks wat ons vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Van Reenen verduidelik.
“Die man het vermoedelik ʼn mediese noodprobleem beleef wat tot die ongeluk gelei het.” Volgens Van Reenen sal die nadoodse ondersoek meer lig werp op wat presies gebeur het.
Die polisie ondersoek die voorval.
Sterkte aan die familie in hierdie tyd
Tragiese gebeurtenis, sterkte aan die familie
Hoe verhoed jy hierdie mediese kwessies? My vriendin het bestuur, geen aanmanings en in ‘n hospitaal wakkergeword nadat sy ‘n “black out?” gekry het. Gladnie eens vooraf sleg of siek gevoel nie.