Foto’s: Meer as 200 beseer ná treine bots

Foto: ANA

Foto: ANA

Metrorail het gesê 239 mense is beseer toe twee treine tussen die Booysens- en Crown-spoorwegstasies in Johannesburg gebots het.

Lillian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, het aan ANA gesê niemand is kritiek beseer nie. Die beseerdes is na sewe nabygeleë hospitale vervoer en Vrydagaand teen 22:00 was al meer as 100 mense ontslaan nadat hulle vir geringe beserings behandel is.

Volgens Mofokeng het die botsing omstreeks 18:00 Vrydagaand plaasgevind. Sy het gesê ʼn voorlopige ondersoek word gedoen om vas te stel wat gebeur het. Die twee treine was na Soweto op pad. Volgens ʼn ooggetuie het die een trein stilgestaan toe die ander een van agter daarteen gebots het.

Van die passasiers kon self uit die wrak klim, terwyl ander uitgehelp moes word. Volgens paramedici het talle mense ernstige beserings opgedoen.

“Die een trein het by ʼn teken stilgehou, waarna die ander een van agter af gekom en getoet het voor hy in hom vasgery het,” het een van die passasiers gesê. “Duidelik was daar spoed betrokke, maar tekenbeheer is ook ʼn probleem, want hoe kan een trein stop en dan kom nog een van agter af?”

Volgens Mofokeng het Metrorail busse gereël om die gestrande passasiers te vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Lekker man lekker . Nou moet die belastingbetaler weer hoes vir die onbekwaamheid van n kader.

Deon ·

Jare terug was daar nie sulke voorvalle nie?? Wonder maar net oor hoe veel kennis daar is om die werk te doen.

RIAAN ·

OPLEIDING!!!! Ek was self n treindrywer vir 21 jaar en dit was die rede hoekom ek bedank het. n Treindrywer moet sy werk 100% ken anders kan jy nie n trein dryf nie.

Peet Schabort ·

Die agterste trein het getoet . . . so, die voorste een moes padgee . . . duidelik het die toeter nie die gewenste reaksie gehad.
Miskien moet opleiding aangepas word sodat die agterste trein vroeër moet toet . . .
Dalk kan treine ook soos met padvervoer toegerus word met driehoektekens om uit te sit as ‘n gevaarteken.
Wat van “4-way flashers” ? Dit word gereeld gebruik wanneer daar in die pad op die ryvlak stilgehou word.

Lise ·

Ha-ha!! Die vliegtuie en duikbote moet seker ook dan toegerus word met toeters?

Winston ·

Moenie taxi bestuurders as drywers aanstel nie. Hy toet nie vir die trein voor hom nie. Hy groet die mense en ander treine. En die voorste een se flashers was ook nie aan nie. Hy het gestop vir coke en chips.

Peet Schabort ·

Dalk is dit een van die nuwes George en ‘n manier om hulle ongesiens kleiner te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.