Foto’s: Meer as R10 miljoen se perlemoen gevind

Van die perlemoen waarop daar beslag gelê is in Century City in Kaapstad. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes sal Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn nadat wetstoepassers op 983 kg se gedroogde perlemoen naby Canal Walk in Century City beslag gelê het.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die operasie is uitgevoer deur beamptes van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, lede van die misdaadintelligensie-eenheid en beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye. Die klopjag het gekom nadat die owerhede inligting oor onwettige perlemoen-aktiwiteite ontvang het.

“Daar is beslag gelê op 983 kg se gedroogde perlemoen ter waarde van R5,4 miljoen, asook 68,9 kg nat perlemoen ter waarde van R103 350. Verwerkingstoerusting en ʼn luukse voertuig is ook gekonfiskeer.”

Dié inhegtenisneming kom nadat drie buitelanders ook vroeër vandeesweek by ʼn pakhuis in die Paarl in hegtenis geneem is in verband met die onwettige besit en verwerking van perlemoen.

Die drie verdagtes wat by die perseel in die Paarl in hegtenis geneem is. (Foto: Verskaf)

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê lede van die Bolandse honde-eenheid het Dinsdag omstreeks 13:00 op die onwettige perlemoenverwerkingsfasiliteit toegeslaan. Daar het hulle talle houers en plastieksakke vol perlemoen, 50 kg-sakke sout, gassilinders, branders, potte en ʼn skaal aangetref.

In ʼn kombuis op die perseel was nog skale, terwyl nog twee vertrekke ingerig is as droogkamers. “In een van die vertrekke het die beamptes drie mans aangetref wat probeer het om vir die polisie weg te kruip. Een van hulle het agter die geiser ingekruip,” sê Van Wyk. Die drie is in hegtenis geneem op aanklag van oortreding van die Wet op Lewende Marienehulpbronne.

Beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye is ontbied en hulle het op die perlemoen beslag gelê. Altesaam 12 557 eenhede perlemoen ter waarde van R6,2 miljoen is op die perseel gevind.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 23, 25 en 27 jaar oud, het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Haan ·

Ek kan u n brief gee dat hierdie kriminele netwerk – dieselfde as met renosterhorings – tot bo in die parlement loop. Waar geld betrokke is, daar sal jy n kader vind.

Rabes ·

As julle mooi kyk sal julle sien die laaste foto is herlaai toerusting vir ammunisie

Karolis ·

Rabes jy is heeltemal reg. Die beamptes kan bly wees die base van die onderneming was nie teenwoordig nie want dan was daar waarskynlik ‘n skietgeveg.

John ·

Is dit die sea harvesting wat nou ook as vak op skole aangebied gaan word? Hierdie drie het nie die geld vir die toerusting ens nie. Daar is groot koppe bo. Selfs die duur vis wat ons in winkels koop (die smaaklose duur ou produkte) word deur ‘n paar maatskappye beheer. Miljoene Oosterlinge eet daagliks vis, terwyl ons deur ons nek betaal vir ‘n stukkie. Hoekom is die vis wat langs ons kus gevang word so duur? Wie is die base van die groepe wat so ‘n houvas op ons kuslyn het? Waar is ons besorgde DA wat kusstreke bestuur?

Johanna Botha ·

Selfde ou storie oor en oor …polisie is en bly useless !

Cherokee ·

So ook die DA want hierdie is mos dìt waarmee hulle spog..Kaapstad.

DG ·

Wie duik die perlemoen want dis die enigste manier om hulle te oes, want hulle loop nie self uit die see nie? Kry die uitvoerders en stroopers en maak hulle vankant.

Jan ·

Hoe moeilik kan dit wees om eienaar of huurder v perseel op te spoor, die mense wat die werk doen word deur iemand betaal om dit te doen, vang die regte een dan sal dit stop, maar probleem is daar sal weer een of ander kader betrokke wees, of selfs een v ons SAPD lede, daarom hou dit nooit op

Jepetto ·

Ek sien die woord buitelanders SA is mos die beloofde land in Afrika die land van melk en heuning. Ons ou dorpie hier langs die kus is vervuil van die Nygerians dwelms en perlemoen kraai koning hier

Pieter ·

Chinese betrokke…hul word mos deur regering geakkommodeer.

marous ·

Die sindikate sal niks oorkom nie want hulle het die regering in hul sakke .

willem Botha ·

Die enigste misdaad in sa wat met een en toewyding bekamp word ,die vraag is nou hoekom perlemoen??

Gert van Wierdapark ·

Die perlemoenstropers sal gemaklik inpas in die groot Sirkustent in die Kaap – hulle skep terwyl daar nog iets in die Pot! Hul borggeld sal natuurlik met smokkelgeld vereffen word, “No Problem”!

Adam ·

Die hof verklaar die gekonfiskeerde items as “verbeurd aan die staat” by skuldigbevinding.

humor ·

Ja beslis hier is n groot vieslike slang in die gras. Waarom word hierdie misdaad keer op keer ontdek nadat die skade alreeds berokken is? Hierdie stropery moet tog helder oordag sigbaar aan die kus gepleeg word. Daar is beslis n faksie in staatsdiens wat blind is vir hierdie misdaad en nie hul werk naastenby behoorlik doen nie. Die Valke moes tog ook al lankan tot die besef gekom het dat daar juis op hierdie fase van stropery toegespits moet word. Het hul ook n aandeel daaraan? Groot vet katte is met hierdie ding besig.

humor ·

Ek verwag dat u my kommentaas asb plaas. Ja baie duidelik daar is toerusting om amunisie te herlaai. Sien ook duidelik die petroondoppies in die fles.

Anne ·

Ek wil ook weet wat gebeur met gekonfiskeerde perlemoen? Dit gebeur nou weekliks dat polisie op amper tonne se perlemoen beslag lê en dan is daar GEEN opvolg berigte oor wat daarmee gebeur nie . Kan Maroela dalk lig werp op die saak? Aan die ander kant is die skade klaar gedoen. Die perlemoen is gestroop. Dit moet van die begin af verhoed word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.