[Foto’s] Meisie (8) loop glo erg onder ‘boelies’ deur

Monique die dag nadat sy geval het. Foto: Verskaf

Monique die dag nadat sy geval het. Foto: Verskaf

Die ouers van ʼn 8-jarige laerskoolmeisie van Germiston aan die Oos-Rand oorweeg dit sterk om ʼn nuwe skool vir hul dogter te soek nadat sy glo reeds ʼn jaar lank erg deur twee of drie meisies by die skool geboelie word en dit Dinsdag na bewering daartoe gelei het dat sy geval en erg seergekry het.

Die ma van die gr. 2-meisie Monique* het Woensdag aan Maroela Media gesê haar dogter ly aan angsversteuring weens die beweerde voortdurende geboelie by die Colin Mann School.

“Sy loop sedert die laaste termyn van 2014, toe sy in gr. 1 was, deur onder ʼn groep van twee of drie meisies by die skool wat haar boelie. Dit het begin deur die meisies wat gedurig haar middagete afgevat het en haar spot oor haar voorkoms,” het Monique se ma gesê.

Sy het gesê die vermeende boelies het glo twee weke gelede vir die eerste keer handgemeen geraak toe Monique in die maag geslaan en sy winduit was.

“Gister [Dinsdag] het een van hulle haar gepootjie. Sy het geval en haar kop hard teen ʼn betonsloot gestamp. Die val het merke gelaat en haar oog is vandag toegeswel.”

Monique se ouers is omstreeks 12:40 deur die skool in kennis gestel dat sy geval het. Hulle het haar na ʼn dokter geneem wat gesê het dit is nie nodig dat sy in ʼn hospitaal opgeneem word nie, maar dat waarneming nodig sal wees.

Monique kort nadat sy geval het. Foto: Verskaf.

Monique kort nadat sy geval het. Foto: Verskaf.

“Monique is vandag terug skool toe, blou oog en al. Sy wil nie agter raak met haar skoolwerk nie en wil ook nie vir die boelies wys dat hulle haar onderkry nie.”

Die ouers was Woensdagoggend vlugtig by die skool en is glo deur die adjunkhoof meegedeel dat Monique na ʼn ander klas geskuif sal word en dat die betrokke meisies nie weer met haar in aanraking mag kom nie.

Marina le Roux, die skoolhoof, het aan Maroela Media gesê sy is bereid om kommentaar te lewer in oorleg met die Gautengse departement van onderwys, maar andersins nie.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die departement beskou die aantygings in ʼn ernstige lig. “Ons het ʼn navraag oor die aangeleentheid aan die skool gerig en onderneem om volle kommentaar te lewer sodra ons terugvoer kry,” het sy gesê.

* Monique word as ‘n skuilnaam gebruik uit vrees vir verdere viktimisasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

Tascha ·

Mense kan maar sê wat hulle wil maar as my kind so gelyk het nadat ek herhaaldelike kere vir die skool hoof laat weet het dat my kind geboelie word kan sy maar weet ek gaan haar persoonlik ‘n paar baie warme klappe toedien. Nee, geweld maak dalk nie alles reg nie maar liewe genade hoeveel bewyse wil hulle dan nog hê dat die kind ly? Mev, as ek jy is dagvaar ek hierdie skool en die onderwys departement vir nalatigheid want hoe die duiwel laat onderwysers dit toe sonder om te blik of te bloos? Sies man! Daai 3 meisiekinders kan bitter bly wees ek is nie Monique se Ma nie ek sou hulle persoonlik die loesing van hul dekselse lewens gegee het. Gemene varke dis wat hulle is!

hannetjie ·

Waar is die verbeteringskole van die ou dae? Dis waar sulke kinders wat waarskynlik geen maniere tuis leer nie, hoort. Hoeveel kinders moet nog selfmoord pleeg en permanente merke op hul selfbeeld en selfvertroue kry, voor daar daadwerklik op getree gaan word. Dis hoekom sekere jongmense vandag so onbeheerbaar is, want hul skat geen ander na waarde nie. Dit maak my siek tot in my siel in.

Griki ·

Geweld maak miskien nie alles reg nie, maar dit sal baie help as hulle kry wat hulle uitdeel en voel hoe dit voel. Ek sou hulle ook bygekom het en my agterna oor die gevolge bekommer het.

Elani ·

Tascha ek stem saam. Ek hret seuns en as een van hulle so moet lyk kan ek jou se ek dagvaar die skool en sal die ander se ma’s so slaan en seermaak sodat hulle hulle kinders kan leer van reg en verkeerd. As ek moet weet een van my kinders is ‘n boelie, sal hulle ooit spyt wees as hulle ‘n ander kindgeboelie het. Bring lyfstraf terug. Ek as meisiekind het pak gekry met ‘n liniaal en ek is opgevoed vandag en weet van respek. As slaan nierk ni, gaan verbetering skool of tronk skool toe, sal sien of hulle nog gaan boelie daar

bea ·

Vir wat haar in die ander skool sit, kan die onderwysers en die hoof nie hull oe oopmaak en die ander wat so boelie skors uit die skool nie, hulle het geen reg om so iets te doen..hulle het my dogter ook geboelie to sy keiner was en ek het die ander kinders n lekker pak gegee en ek sal dit steeds doen, die ding dat jy nie n kind kan slaan is sommer kak dis hoekom hulle so raak geen maniere het. En die ouers wie hulle kinders toelaat om weg te kom met dit moet ook sommer n paar klappe kry…

heksie ·

Daai boelies kan bitter bly wees dis nie my kind nie – bogger die hoof; ek sal hul persoonlik gaan regsien! EN SEKER MAAK HUL WORD GESKORS OF ONDERWYS DEPARTEMENT HIER KOM EK!! Wys jou maar net hoe word party kinders grootgemaak ne? voornemende “washouts” vir die samelewing!

Susan ·

Was dit my kind was die hel los. So klein en klaar krimenele!!!!!! Dis ‘n skande.
Maak ‘n saak teen die hoof, die skool en die kinders EN hulle ouers!!!!!!!!!!!!!!!

MM ·

Ek stem Heksie, maar die ouers kan ‘n aanranding saak teen die skoohoof of dept van arbeid en die minderjare kinders se ouers, want die ouers is ongelukkig veranwoordelik vir hul minderjarige kinders se optrede. Indie die skool nie die inligting wil gee kan sy ‘n hofbevel kry.

kayla ·

Ek persoonlik dink dat daai ouers van daai meisies wat “Monique” so erg boelie in kennis gestel word,hoop hulle is al en dat hulle ouers hulle ‘n les of twee sal leer!!..Ouers moes al lankal hulle kinders maniere geleer het!!!..Weet nie wat word van ons kleinkinders van vandag nie!!dis vreeslik!!

sandra ·

As my kinders die boelie was het hulle boude verseker gebrand. Ek hoop die ouers van hierdie boelies word ook in kennis gestel en hulle doen iets daar omtrent.

Lindi ·

VAT DIE BOELIES VAS, waarom word hul beskerm maar die slagoffers kry nie beskerming nie.
Dis omdat almal pateties geword het sit agteroor solank dit net nie jy is wat daardeer geraak word nie. Nee wat skors hulle of laat hulle maatskaplike werk doen of toilette skrop tot hulle uit die skool is.

ANTI-BOELIES!! ·

Daai 3 merries moet in die openbaar vir haar om verskoning vra en gaan vir berading. As jy op daardie ouderdom al sulke vieslike dinge doen sit jy op 18 met jou g@t in die tronk (waar jy hopelik geboelie gaan word). Hulle moet uit die skool, nie die kind wat geboelie word nie. Hulle moet geskors word sodat die ouers met rooi gesigte by ander skole moet aanklop en erken hoekom hul kinders moet skuif. Dit moet op hul rekords gaan en hierdie tipe kinders mag (moet) geen prestasies soos Prefek ooit bereik nie, sommer van kleins af soos kriminele behandel word. Van vroeg af leer dat negatiewe optrede het verreikende gevolge …

tracey ·

Vir wat wil hul die meisie na ‘n ander klas stuur. Skuif die boelies uit die skool uit. Die ouers behoort vir die boelies se dade aangekla te word. Dit is die immers die ouers se plig om hul kinders waardes te leer. As ek ooit moet uitvind dat my kind ‘n boelie is, sal hulle daardie dag berou. Skole moet ‘n zero tolerance daarvoor instel, sodat kinders weet dat dit mie geduld sal word nie.

Gillian ·

Dit is verskriklik. My dogter is in graad 6, ek het net gister met haar gepraat oor die boelie storie. Sy is ambassadeur van haar skool, sy wil graag ‘n bewus maak veldtog reel oor boelie in die skool. Daai kinders behoort ‘n goeie pak te kry en te gaan vir behandeling.

Laurika ·

Jis die boelies – ek sal hulle iets gee wat hul ouers hulle meer van moes gee, goeie outydse pakslae. Sommer hul ouers ook – wat nie weet hoe om hul onnosele kinders op te voed nie. Ek sou myself nie kon beheer het as dit my kind was nie hoor.

Melis ·

Die meisies wat so lekker boelie kan SO bly wees dis nie my dogter wat hulle boelie nie!!! As dit my kind was, sou ek self persoonlik elkeen so hard klap dat hulle NOOIT weer hulle hande sal lig nie!! En hul ouers kan maar se net wat hulle wil!! As hulle nie hul kinders ordentlik kan groot maak nie, moet hul kinders maar die punch vat! Ek glo as jy kan uit deel kan jy ontvang ook en ek maak my seuntjie groot dat hy dit baie mooi verstaan sodat hy nie geboelie word eendag nie, MAAR ek laat hom ook baie mooi verstaan dat hy nooit eerste begin nie. Mens moet maar in vandag se lewe jou kind goed voorberei voor hy skool toe gaan om hom sterk genoeg te wees om vir hom/haar self op te staan en om ook ‘n oop verhouding met sy/haar ouers te he>

Antoinette ·

Die arme arme kind. Ek kan nie verstaan hoe hulle haar na n ander klas toe geskuif het nie, dit gaan nie die probleem oplos nie.
Hoe is hierdie kinders vas gevat?

Sarietha ·

Daar is nog niks daaraan gedoen nie, behalwe verskonings. nou beweer hulle dat die kind oor n bottle geval het.

Margot ·

Hoop daardie dogtertjies se ouers skaam hulle oë uit na die artikel! Boelies kom NIE van skole af NIE hulle kom van HUISE af………

Reza ·

Dis baie erg, my kind in graad 1 word ook geboelie en ons was al by die hoof en het met juffrou gaan praat… Raai wat die geboelie hou net aan, want die boelie se ma is ‘n juffrou in die skool. En niemand dink die boelie is verkeerd nie “ons moet die boelie se agtergrond as kind van geskeide ouers” in ag neem. Ons het al ons dogtertjie by ‘n spelterapeut gehad en in die verslag staan daar sy word beslis geboelie deur die betrokke kind. Toe ons vra om weer met die hoof en juffrou te praat en ‘n afspraak te maak. Sou hulle terug gekom het na ons toe en ons wag nou nog….

Yvonne ·

Reza, jou kind het klaar letsels opgedoen. Dis almal wat geld het vir n prokureur nie – vat dan die ouers van die kind hof toe, en se dit vir die skoolhoof! Of dreig dat jy haar/hom “skoolhoof” gaan vat. Jy het bewyse dat sy geboelie word! 2 jaar gelede het my dogter se maat sy eie lewe geneem, hulle wat 16 jaar oud. N mens wonder hoe gebeur dit? Dis was boelies vrou! Jy wil nie een van daaidie statistieke wees nie. Ons Bid vir ons kinders op skool.

Yvonne ·

Reza, die probleem is dat die boelies gesterk word in hul kwaad want soos jy noem is daar gewoonlik een of ander rede vir hul swak gedrag. Die probleem lê ook by die onderwysers. ‘n Onderwyser se kind is onaantasbaar en as ouers nog met die onderwyser vriende is des te meer. Gaan kry ‘n regsopinie en deel dit met die skoolhoof en die beheerliggaam. My kind is net so geboelie, genadiglik is sy nou in ‘n skool wat na haar belange omsien. Ouers leer kinders om agteraf te wees en te boelie. Kinders wat boelie se ouers boelie ook die gemeenskap, Emosionele boelie is baie meer subtiel en moeiliker bewysbaar. Almal (hartseer tog dat tot volwassenes nie leer om teen boelies op te staan nie) is bang vir die boelies en min is bereid om teen hul op te staan. Waag dit net en jy word beswadder deur die boelie, Mense sal simpatie met jou hê totdat jy vra dat hul moet praat, dan sien jy hoe krimp volwassenes ineen. Hartseer situasie.

arie plaasboer ·

As hulle nie terugkom met `n spoedige datum vir `n afspraak nie, oorweeg dit dan om `n strafregtelike aanklag van aanranding aanhangig te maak.
Volg dit op met `n hofbevel om verdere viktimisasie te voorkom.

Carien ·

Die kinders is toerekeningsvatbaar en behoort krimineel van aanranding aangekla te word by die SAP.

Besorgde Mamma ·

Die staat en onderwys departament moet regtig bykom dit is nie die eerste geval van kinders wat geboelie word nie. Laat ouers toe om hulle kinders te tugtig soos die bybel se. Ons generasie is goed pak gegee en ons is nie dood of krimenele nie maar die nuwe generasie van na 94 af is meeste drugies krimenele. Dit is hoekom ons land iis wat dit is. Gaan kyk maar die kinders van na 94 wat se ouers nie na die kinder mishandeling wet geluister het en nie en pak gegee het waneer dit nodig is is great mense vandag. Niemand sal my se ek mag nie my kind maniere leer nie. En as iemand my seuntjie so behandel sal ek die ouers van die Boelies gaan wys hoe tugtig jy die gene wat jy Lief het

se net ·

Kan die dogterjie se ouers nie regshulp kry nie. Is daar nie iemand wat hulle advies kan gee nie. Sekerlik kan die ouers verantwoordelik gehou word vir hierdie kinders se gedrag. Hulle maak nie hulle self groot nie. Mens kan maar net wonder wat in die boelies se huise aangaan. Die skool wys nie eintlik dat dit hulle juis pla nie. Genade die meisies moet dadelik geskors word. “Zero tollerance against bullies should be the moto of each school” – No Negotiable.

MM ·

Haar ma moet die kinders se ouers se inligting kry en dan Polisie stasie toe gaan en ‘n aanranding saak teen die ouers gaan maak. Ongelukkig is die ouers verantwoordelike vir hul minderjarige kinders se doen en late asook die skool in wie se sorg die ouers hulle laat. Maak een teen die dept van onderwys oop dan moet jy sien hoe spring hulle. As ek my minderjare kind in ‘n volwasse se sorg laat vir ‘n dag en hulle het enige iets oorgekom insluitende drank kan ek ‘n aanranding saak teen die betrokke persoon gaan maak.
Dit help nie sy sit die arme kind in ‘n ander klas nie, wat van pouse?????

NINA ·

ek skaam my dood as my kind ‘n ander maaitjie so boelie by die skool en hulle is dogtertjies ag nee man dit werk nie so nie!!

Saartjie ·

Die BOELIES moet na ‘n ander skool toe, ‘n verbeteringsskool. Breek my hart om ‘n kind so te sien.

Lorraine ·

My seun was in ook so geboelie deur dieselfde groep seuns en ek moes verskeie kere ook gaan haal en ongevalle toe neem. Na verskeie kere by die onderhoof is die kinders ingeroep in my teenwoordigheid en moes hul verduidelik waarom hul dit doen. Hul ouers is ook in kennis gestel en ek het genoem dat indien daar enige voorval weer sal plaasvind dit by die polisie gerapporteer sal word.

mickey kuhrau ·

Die ouers weet vir n jaar lank die kind word geboelie!!!! Swak!!! Die kind het klaar n knou gekry. verder wys dit jou watse opvoeding kry die boelies by die huis…….selfde swak maniere as wat hul ouers mee groot geword het. Ouers word wakker……ons kinders is ons trots en die HERE het hul net vir ons geleen!!!!!

Sylvi ·

Die skool is heeltemal uit voeling met die werklikheid dit sal geensins help om haar te skuif en die kinders toegang tot haar verbied nie, sulke tipe kinders gaan nie luister nie. Skors die kinders. Ek haat boelies! Sterkte kleine juffrou ek hoop jou lewe word beter

E.T ·

Vir almal van ons wat hier kla!! Gaan na die skool se webwerf en stuur vir die skoolhoof n e-pos en dring daar op aan vir n verduideliking.

Tascha ·

Ek gaan beslis vir die hoof skryf dis absoluut onaanvaarbaar dat ‘n kind vir wie daar skoolgelde betaal word so geboelie moet word en die 3 gemene varke daarvan afkom sonder enige ernstige nagevolge!

MelR ·

Definitief ouers en skool dagvaar – ons gemeenskap aanvaar te maklik sulke gedrag en dan word dit sagkens reggemaak (skuif haar na ‘n ander klas). WIe is dan die boelies se volgende slagoffe/sr , want hulle het alreeds daarmee weggekom sonder enige voelbare konsekwensies!!!

Streicher ·

So waar as wat daar n son opkom more, as my kind so moet lyk deur n boelie, sal ek nie verantwoordelik gehou kan word vir my dade nie. Meer kan ek nie se nie.

MissDemeanor ·

Die arme dogtertjie. Ek hoop die wonde op haar gesiggie en die wonde in haar hart herstel gou. Die meisies wat haar so boelie verdien nie noodwendig om verbetering skool toe te gaan nie. Miskien kom hul uit huise waar hul ouers mekaar boelie, hierdie kinders weet nie hoe om op te tree teenoor ander nie en kort eintlik self ook hulp.

Nina ·

Ek sal daai 3 goed aanrand! Ek sal elke een by die skool aan haar verdomde nekkie beetkry en ‘n ordentelike pakslae gee! Onopgevoede barbare!

EMK ·

Hofsake en klaar. Nie net teen boelies maar useless onnies wat haar uit die klas skuif. Van wanneer af is DIt die oplossing. Ry hulle vir emosionele skade en onkostes, sommer enigiets wat jy aan kan dink.

Stuart ·

Nee EMK, skors hul EN maak hofsake!! En die skoolhoof wat met haar mond vol tande is en niks wil sê? Sê niks van die skool as dit die tipe hoof is nie!

CJAN ·

Waars die dae wat ‘n kind se boude gebraai is as hulle sulke dinge doen. ‘n Kind se ore sit ongelukkig op sy sitvlak. Slaan jy daar gaan die ore mooi oop en is alles weer reg temiste vir ‘n week of twee. Nou is lysstraf aanrading, Shame!!!! Ek kry geboelie kinders bitter jammer en my hart is seer vir hulle. Doen tog iets ASSEBLIEF!!!

FCS ·

Hierdie ma is my niggie. Ons verneem nou dat die skool die voorval probeer toesmeer en weier om die drie boelies se ouers in kennis te stel van die insident. Wat gaan aan in die skool??

Ook was die skool hoof glo “te besig” om met die ouers persoonlik te praat!?!?!

Skors die Boelies en skors die hoof!!!

Ruby ·

FCS, dis pateties van die hoof of nie hierdie saak soos ‘n bul by die horings te pak nie!

Hoekom moet hierdie dogtertjie uit die klas geskuif word, die 3 merries moet elk in ‘n ander klas wees sodat hulle nie saam kan wees.

Hopenlik weet die ouers teen die tyd van hierdie incident, die ouers moet dit nie hier los nie en elke steen roer wat te roer is.

Hoof, jammer maar jy is onbevoeg.

Annelize ·

FCS, die ouers moet soos in ONMIDDELIK ‘n saak by die Polisie aanhangig gaan maak en die hele situasie aan die Departement van Onderwys rapporteer. Dit sal sonde wees as hulle hulle so laat koudsit deur die skoolhoof, waar in jou lewe het jy dit al gesien????? More oormore besluit hierdie dogterjie sy maak ‘n einde aan haar lewe, wat dan? Ek voer eerder ‘n taai opdraande stryd met ‘n slap hoof dmv die Polisie en die Onderwysdepartement voor ek my kind moet begrawe en myself verwyt.

Jodeen ·

Dit is aaklig en hart verskeurend. Ek sou dit nie net daar gelos het nie. Skool, onderwysers, onderwys dept, boelies en hulle ouers sal dit berou het as dit een van my twee engel kinderstjies was. Genade wat word van ons land, skole en opvoeding. Of dit n9 onnie se kind is of nie dit maak nie saak nie maar tigting moet toe gepas word. Ek se daar is n rede hoekom die skool en onderwys dept die storie wil weg steek of toe smeer en al hoe gerigtigheid vir die arme kind en ander wat deur loop regverdig gaan word is deur verdere stappe. Die ouers van die arme kind moenie bang wees of sleg voel om iets te doen nie. Julle kind is belangriker as enige iets anders. N engel van ons Vader daar bo wat hy vir julle leen en gevra het om op te pas en ek glo en vertrou julle sal doen wat goed is vir daai engel kind. Die feit dat julle al klaar probeer iets doen se baie en dat julle goeie ouers is en na julle engel kind kyk, omgee en lief het. Kan julle my asb laat weet of daar al iets van die saak gekom het???

Randie ·

Daar was moord en n afgebreekte skool as hierdie een van my kinders was!!!!!!!!!!

Kwagga ·

Skors die skoolhoof en skors die boelies. Maklik soos dit.

jennifer ·

Lees in n Keur Tydskrif van paar weke gelede, dat meisies boelie gedrag van hul moeders kry, dus mamma hou op om ander te kritiseer, en leer jou kind van dag een dat sy niks beter as n maatjie is!

SNEL ·

Wat n dapper klein meisietjie om nie by die huis te wil bly nie, maar skool toe wil gaan na so insident. Wat my egter woedend maak is, die onskuldige persoon word geskuif uit die klas, haar lewe word ontwrig, hoekom word die boelies nie GESKORS nie. Hierdie Skool wys net mooi dat hulle sulke gedrag goedkeur. Dis bitter swak van die skool! As ek n ouer was van n kind in die skool, sou ek aangedring het op n protes, sodat daardie boelies uit die skool verban word. Hoekom staan die ander ouers nie saam met die ma en pa nie? Hoe sou iemand anders gevoel het as dit hulle was? Dagvaar die skool of die kinders maak nie saak, daai ouers van al die ander kinders in daai skool moet hul monde oopmaak en daai kind en ouers ondersteun. Sulke gedrag hoort nievin n skool. Almal moet aandring om dit n “Boelie free zone” te maak. Nonsies daarmee dat sulke skurminkel saam met normal kinders skoolgaan. Die ergste van alles is dat sulke boelies kinders se lewens so negatief beïnvloed vir geen rede nie. Hierdie is n pragtige dogtertjie, sy moet skitter en blink in haar klassie en elke oomblik geniet, sy moet opgewonde wees om skool toe te gaan en by maatjies te wees en die boelies beroof haar van dit alles en die skool dink dis goed. Swak van Colin Mann School en duidelik is die hoof Marina lê Roux nie opgewasse om met sulke goed te werk nie, en moet sy eerder bedank as dit is hoe sy dit hanteer as n onskuldige kind so lyk as gevolg van ander kinders. Baie sterkte aan die ouers, my hart sou stukkend gewees het as dit my kind is, ek hoop regtig hierdie saak word vinnig opgelos en dat jul prinses wees gelukkig kan wees in haar Skool. Vir jul prinsessie, jy is n ster en baie dapper, ek is bly jy laat die klomp jou nie onderkry nie, ek haal my hoed vir jou af, jy is n baie sterk meisie.

M ·

Heel duidelik gaan die skool nie baie Gr R/1 inskrywings kry volgende jaar nie. Hoop die Hoof leer haar les. Media is ‘n wonderlike ding.

Winston ·

Kom ons reel n optog na die skool en gaan dan aan soos die studente op die kampusse.

Beatrix Stevens ·

Boelies moet boet””’ Ek sou mal geword het as dit my kind was…. Hierdie Meisies moet onmiddelik van die skool verwyder word”” waar gaan die lewe heen, dat kinders van Gr2 al so geweldadig kan optree??? boelies in skole veroorsaak dat kinders so afgekraak word… en hiermee depressie ontwikkel en dan kan erger dinge gebeur”” Ouers van Monique……… moet dit nie net los….. laat hierdie kinders sien wat hul gedoen het is verkeerd””” anders sal dit net erger raak…. wat help dit om haar na n ander klas te skuif””??? pouse tyd kan hul haar weer pla??? en daar is nie altyd toesig om te keer dat so iets weer gebeur””’ Haal daai boelies UIT””

Miemie Parsons ·

Wanneer gaan skole begin wakker word en die boelies uitskop uit skole. So moeg daarvoor om mense te hoor se dat as hulle kla word gese “ag hulle het net gespeel” dit is tyd daar opgetree word teen boelies dit is besig om hand uit te ruk. Aan alle skoolhoofde skors hierdie kinders uit julle skole want verseker is hulle nie daar om te leer nie. Sit ‘n merk op hulle voorkoppe sodat almal kan weet hulle is boelies. Hoe weet boelies se ouers nie wat hulle kinders by skool doen nie.

leni ·

dis tyd dat die BOELIES se ouers verantwoordeliheid vat vir hulle kinders!!! dagvaar die ouers, opvoeding begin by die huis en kinders leer by hul ouers, so begin by die wortel van die kwaad…die ouers! sies ek skaam my dood as my kind so iets moet dan aan ‘n ander!!

nee ·

Stuur daai boelies na n verbetering skool!! So klein en hul boelie alklaar – wonder wat in daai kinders se huise aan die gang is! Ek hoop hul ouers lees al die kommentaar en sien wat die res van die wereld van hul en hul kinders dink!!

Ek ·

SAL IEMAND ASB DIE GEBEURE OP DIE SKOOL SE FACEBOOKBLAD GAAN SIT – dan kan al wat n ouer is sien wat daar aangaan!

EMK ·

Ek dit klink na ‘n plan. Ek is nie op fb anders HET ek. Ek hoop die ma en ander lees en DOEN!!!

M ·

Moet sê hul webblad is indrukwekkend. Op die oog af lyk dit na ‘n puik skool. Hulle Visie en Missie is Wow. Wonder wat sê hul Boelie Beleid!!!!!! Die kan hul nogal skade doen, baie skade.

Elna ·

Wys jou net wat se ouers die boelies het, dit is nie die kinders se skuld nie maar die ouers.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Die boellies se ouers is gewoonlik nes hulle kinders die ouers maak hulle so groot dis my ondervinding om hulle baie hard en gereeld aan te spreek werk gewoonlik

Ag Ja ·

Dan wonder mense nog hoekom sommige kinders se koppe uithaak en hulle ‘n geweer skool toe bring en net begin skiet. Of messe, ens. Dis dan die voorbeelde wat hulle kry. As iemand my kwaad maak kry ek ook moord gedagtes. Maar ek is ‘n volwassene wat my emosies in toom kan hou. ‘n Kind, en veral ‘n kind so jonk, soek uitlating op ander maniere. Drank, dwelms, geweld. Of selfmoord. Sluit hul net vir so 2 ure elkeen in sy eie polisie sel toe, net genoeg om te skrik.
Hartseer ding is net, die bloelies se ouers gaan net ‘n grap daarvan maak. Dis mos nie hulle kind wat ly nie.
Dring daarop aan dat ‘n maatskaplike berader of spreker vir die skool verhale kom vertel van boelies. En dat die drie sommer voor die hele skool omverskoning vir Monique vra.

Eish! ·

Net een opmerking. Skors die boelies! Niks anders sal ooit help nie. Al wat sal help is as die boelies verwyder word. En ook moet die volgende skool weet waarom hulle geskors is.
‘n Kind wat geboelie is het vir die res van sy lewe sielkundige letsels.
En as jy geboelie is, is die kans dat jy gaan boelie groot. En ander kere is dit die ouers wat die voorbeeld van boelie vir die kinders voorhou.
Of selfs word die boelie kind deur sy ouers geboelie.

nig ·

As ek in, of naby Germiston gebly het het ek met ‘n GROOT plakaat voor die skool rond gaan staan : By hierdie skool word dogtertjies van 8jaar oud geboelie en die hoof doen niks. Of sit dit in jou agtervenster en parkeer daar naby dat elke liewe mens dit kan sien. SIES vir hierdie skool en 10 groot siese vir die lakse hoof. ‘n Miljoen siese vir die boelies. Hulle MOET geskors word. Die hoof ook.

nig ·

Hallo almal! Google asb die skool (naam in berig) en gaan na “contact” en stuur soveel moontlik e-posse/fakse fb boodskappe as wat jul kan, hulle moet nie kan keer soos dit inkom. Hulle het kammig ‘n “code of conduct” en as mens die eerste reël lees wil mens lag en huil tegelyk, want hierdie wat gebeur het, is presies teenoorgestelede was wat die kammige “code” van leerlinge verwag. KOMAAN STUUR!

Michiel ·

Nig, goeie plan ek het somme dadelik en dit aan almal op die lys ge-cc! Dat hulle weet wat die publiek van hulle dink. Nie nodig om beledigend te wees nie, maar mens kan hule mooi vertel dat iemand in hul gesagsposisie van beter behoort te weet!

Jeanetta du Toit ·

Tipies skoolhoof….sy gaan seker nou weer verskonings uitdink om die boelies te beskerm want dis weer “vriende” of gatkruipers se kinders. My innige simpatie met die geboeliede kind. Ons het boelie deur onderwysers beleef en weet hoe skoolhowe kan skerm. Vir my kind is dit die ERGSTE dat volwassenes nie die woord “jammer” ken nie. Baie sterkte poplap….moenie dat hulle jou onderkry nie.

Hannes ·

Het die artikel op hul FB gedeel, ek dink hoe meer Colin Mann Primary ouers hiervan weet hoe beter…

Hannes ·

Al die visitor posts is van die skool se FB blad verwyder. lyk vir my soos kop in die sand steek

Anna ·

Dis verskriklik! Dit maak my so vies. Dit is hierdie goed wat lei tot selfmoor. Daardie boelies moet permanent geskors word, want wat gaan dit help om net in ‘n ander klas te wees, maar steeds in dieselfde skool waar hulle pouses deurbring op dieselfde speelgronde. Dit kan nie werk nie!

Hannelie ·

Wat se tipe Hoof en Beheerliggaam het daardie skool!!! Swak as jy my vra!!! !!!Ek sou wat wou gee om daai boelies ‘n paar taai klappe toe te dien. Baie dankie Hannes ek stem saam hoe meer ouers weet van dit hoe beter, daai arme kind gaan nou ‘n knou hê vir die res van haar lewe. Ek sal dit nie los as ek die meisie se ouers is nie, daai skool sal so ‘n slegte naam hê.

Hannelie ·

Ek sal graag hierdie boelies se ouers wil sien…….seker net sulke washouts soos hul dogtertjies?

Petro ·

WAT??????????????? As ek die mamma was het hul sowaar dit teruggekry ek sal n saak gaan maak teen die skool want die personneel se sy word van klasse geskuif wat gaan dit help???? SWAK SKOOL dat hul nie die kinders kan skors nie dit maak nie saak watter ouderdom jy is nie as jy kan boelie kan jy die nagevolge ook maar dra ek sal groot moeilikheid maak as dit my kind was.

'n Ouer ·

Ek hoop daai 3 dogtertjies se ouers skrik wakker en gee hulle dogters ‘n goeie verdiende pakslae en hok hulle. Met hok bedoel ek, hul mag nie uitkuier nie, geen tv speletjies of rekenaar nie, geen tablet of selfoon nie, geen tv, geen swem, geen fun nie, geen lekkers en gaskoeldrank nie.

My kinders word swaar gestraf as hulle iets verkeerd gedoen het. Al hulle “fun” word weg gevat en natuurlik ‘n hou op die boude ook. Dis van te min dissipline wat kinders is soos wat hulle is vandag. My dogtertjie sal 2 keer dink voor sy iemand sleg sê, want sy weet wat op haar wag as ek uitvind sy het iemand sleg gesê of kwaad gedoen of ‘n onderwyser ‘backchat’.

Sterkte vir jou “Monique’. Mag die seer binne genees en jy ‘n beter skool en maats kry.

Anna ·

Onthou Colin Mann is n Engelse skool. Verskillende kulture. In party kulture regeer die sterkte een. Dit verklaar dalk ook die Hoof se optrede. Bang vir n rasse-herrie? Vra maar net

Flippie ·

Wil net weet of boelies van selfde kultuurgroep is as “Monique”?

Annelize ·

Anna, as die hoof bang is vir ‘n rasse herrie is sy nie bevoeg om die skool te bestuur nie. Dan moet sy plek maak vri iemand wat die ruggraat het om dit te doen, en bereid is om almal se kinders te beskerm, ongeag ras, geloof of kultuur.

Bernice ·

Almal van hulle is blank. Die ras, taal kultuur het niks met boelie te doen nie.

MissDemeonor ·

Interesant dat 99% van die komentaar geplaas is deur vrouens… pappas, waar is julle, het julle niks om by te dra nie?!!!!!

gerhard ·

Hi MissDemeonor,
Ek het, maar maroela het dit verwyder, en al wat ek gedoen is om die skoolhoof se e-pos adres te plaas.

Ek het ook reeds aan haar geskryf.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhard

Ons kan ongelukkig nie toelaat dat iemand die hoof se e-posadres op Maroela publiseer nie.
Indien persone met die skool in verbinding wil tree, is hulle welkom om die skool se webwerf of Facebook-blad te besoek, maar ons kan ongelukkig nie die kontakbesonderhede hier beskikbaar stel nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

nig ·

Gerhard dis maklik vi rmense om eposse te stuur hul kan maar ent die skoolnaam google en na kontakte gaan. Hoop almal hier doen dit. Verstaan Maroela se standpunt maar mense kan net op die skool se web gaan kyk,.

Lucy ·

‘n Geboelie gebeur orals. My dogter is meer as ‘n jaar lank “geteister” deur ‘n dogter in haar klas, op een stadium voor al die kinders in die klas deur die gesig geklap. Ek het die hoof persoonlik self gaan sien en hy het dadelik stappe geneem, wat ingesluit het dat die dogter nie nader as 2 meter naby my dogter mag gekom het nie. Haar klas juffrou het ook die situasie dopgehou en ingetree wanneer nodig. Die boelie het egter vir ‘n tyd opgehou en maar net weer begin, en nie net my dogter nie maar ander kinders het ook onder haar deurgeloop.

My punt is dat jy boelies orals kry, nie net by bogenoemde skole nie. Die ouers moet ingelig word hul kind is ‘n boelie en dan moet hulle dit verder met hul kind uitsorteer deur dissipline. Na alles is dit ‘n ouer se verantwoordelikheid om hul kind van kleins af op te voed oor hoe verkeerd dit is om ander kinders seer te maak.

Indien dit nie help nie moet die boelie detensie sit en indien dit dan nie help nie is tydelike skorsing die beste uitweg – laat die boelie op die harde manier leer haar gedrag is verkeerd.

Flippie ·

Indien die boellies se name gepubliseer mag word sal die boellie mentaliteit afneem.

Vir Marina. Le Roux wil ek net se :Jy is besig om die boellies te beskerm. Jy het die mag om hulle onmidfelik hulle tydelik te skors totdat ‘n ondersoek afgehandel is. Deur dit nie te gedoen het nie is jy ook ‘n boelie.

Vir “Monique”, ek was ook op skool geboelie en weet jy wat, elkeen van die wat my geboelie het “washouts” uitgedraai. Hulle is almal onsuksesvol in hulle week en hulle verhoudinge. Hulle is bekend as vroueslaners, of is aan drank of aan dagga verslaaf.en is uitets ongewild. Led bes van hulle was op hulle knieë hoor my en het my om vergiffenis gesmeek. Wat ek ook graag gedoen het.

Boelie gedrag lyk my is oorerflik. As die kind ‘n boelie is is die kanse goed dat een of beide ouers ook boelies was.

Madam secretary ·

Onderwysers weet nie hoe om hiedie boelies te hanteer nie. My kind was ook geboelie en toe sy met haar onderwyser daaroor gaan praat toe word daar net vir haar gese sy moet ophou huil oor alles. Ek het toe maar die sakie self met die boelie gaan uitsorteer en vir die kind gaan vra presies wat sy probleem is en dit toe self opgelos. Dit is skokkend wat in ons skole aangaan en die onderwysers kyk maar net anderpad. Aan die ander kant is dit ook seker nie hulle werk om kinders maniere te leer nie want al hierdie barbaarse gedrag word maar in die huise aangeleer. Ouers vloek en skel mekaar en dis maar waar die kinders al hierdie tale en maniere aanleer. Ons kinders word emosioneel afgetakel deur die boelies. Sulke gemors moet maar eenvoudig geskors word uit die skole. Skoolhoofde moet maar net begin dat die ouers ‘n kontrak teken met die skool en as jou kind ‘n probleem raak dan moet jy maar weet hy gaan geskors word so eenvoudig soos dit. Niemand kan se hulle het nie geweet nie. Iewers sal daar ‘n streep getrek moet word want dis duidelik ons kinders is nie meer veilig by die skool nie. Mens kan nie met stres by jou werk sit en nog heeldag sit en bekommer oor wat by die skool aangaan nie.

nig ·

Madam secretary – ja dalk nieonnies se werk om kinders amniere te leer nie MAAR as daar ‘n Code of conduct is soos op die skool se webwerf verskyn MOET hul disipline toepas en klaar. Geen verskonings nie. Ons mag nooit so iets net laat gebeur ons almal moet nie net hier kommentaar lewer maar ook sms epos fb aan die skool!

Elani ·

Jammer oor die spel foute, is so kwaad dat ek nie eers mooi kan fokus nie. Maar ja, voel nog steeds di kinders se ouers moet ingeroep word, hull emoet ‘n pak slae kry. Ons is grootgemaak met slae as ons stout was en iets verkeerd gedoen het, vandag se kinders mag nie meer geslaan word nie, word gelos om te doen wat hulle wil. Skors die kinders, sit op hulle dokumente hulle is geskors oor geboelie laat ons sien of hulle dan ernes anders welkom sal wees. Sal seker net die verbetering skool of tronk skool wees wat hulle gaan vat.

Elinette ·

In Colin Mann se “Code of Conduct” word die volgende gesê: ” No learner has the right at any time to behave in a manner that will disrupt the learning activity of other learners, or will cause another learner physical or emotional harm”. Ha-ha-ha!!!!! Wat ‘n absolute grap! As ek Monique se ouers was, het ek die skool, Mev. le Roux, die hoof en die ouers van die klein skollies wat Monique aangerand het, krimineel laat aankla asook dagvaar vir pyn, lyding en emosionele skade. Monique het die regte houding: blý in die skool, moenie ‘n enkele klas of dag mis nie en wys daardie skollies jy het ‘n beter opvoeding en agtergrond as hulle. Nog beter: leer om terug te stamp of te klap – een keer van hul eie medisyne en hulle sal dit nie weer maklik doen nie.

Sumari ·

Mense my moed sak in my skoene as ek dink my kind moet na ‘n skool gaan. Sy is nou nog nie eers 3 nie, maar ‘n mens worry as jy sulke goed raak lees. As so iets ooit met my kleine meisie moet gebeur sal ek persoonlik daai kinders iets aandoen. Dit is absoluut skokkend om te dink kinders van agt jaar wat ander boelie.

ERIKA ·

As jy dink jy is bekommerd – my kind gaan volgende jaar na CMS. Dit is kommerwekkend!
Ons het Saterdag ‘n ope dag by die skool – sal maar die sakie daar aanroer!

sekondeer ·

Erika, hulle sal jul allerhande storeis vertel en heuning omd ie mond smeer, as jy dit die stories gaan sluk en die heuning aflek is dit jou probleem, Daar sal bv genoem word dis ‘n geisoleerde geval en balblabla al sulke bollie. As ek jy is maak ek ander plan en vinnig. Die feit dat hulle geen verdere inskrywings op hul fb toelaat wys mos vir jou!

Nicky ·

My hart gaan uit vir die dogtertjie. Sy is nog veronderstel om pouses te speel met haar maats, maar nou moet sy wegkruip. Ek sal aandring dat die boelies maar vir hulle ‘n ander skool soek. Waar is die ander dogters se ouers, wat doen hulle daaromtrent daar hulle kinders nie die son oor ‘n ander kind wil laat skyn nie. Ag nee man ek is net so keelvol hiervoor, my seun van 11 het ook weer hierdie week deurgeloop en hy moes steke kry, en die boelie “ag shame hy is ADHD”, ja en my seun ook maar hy word geleer om respek vir ander te hê. Sterkte vir die dogtertjie en gesin.

SNEL ·

Jare terug het jy nooit gehoor van ADHD nie, deesdae word dit die rede vir alles gebruik. Dis skrikwekkend as mens sien hoeveel kinders kamma daaraan ly en dan op Ritalin gesit moet word en dan soos zombies rondloop. Ek dink deesdae se onderwysers het net nie meer n idee dat kinders maar net kinders is nie, en dat hulle woelig is en klets as hulle n halwe kans kry nie, maar dis mos makliker om die kind as ADHD te klassifiseer en dan is daar mos n rede as die kind se punte nie na wense is nie. Ek sê nie jy kry nie ADHD gevalle nie, maar goeiste, vra bietjie in n klas hoeveel kinders is daar in die klas wat op een of ander ding gesit word om hulle rustig te maak en dis skrikwekkend. In my oë is die meeste gevalle net n woelige kind, wat op “drugs” gesit word om hom rustig genoeg te hou dat die juffrou kan cope. My kind was een van hulle tot my oë oopgegaan het, gelukkig; want van daai medikasie gee depressie. Jy was net so jaar op medikasie en verder daar sonder, dis nou al jare na die tyd, maar daar was nog nie n dag se probleme, in my oë…n juffrou wat nie kon cope met kinders nie, maar eerder zombies in die klas wou hê.

Lee-anne ·

Ek dink dit is ‘n uitstekende idee as almal wat hier kommentaar lewer, ‘n email aan die skool/skoolhoof stuur sodat hulle weet hoeveel mense onsteld is oor hul hantering van hierdie saak.

nig ·

Lee-anne – ek dink hulle het klaar eposse geblok/funkise toegemaak, van dit het teruggekom. REG so met ander woorde hulle SIEN hulle kry wat hul toekom. Dit gaan MY nie stop. Ek gaan dit ORAL vertel waar ek ookal gaan SIES vir hierdie hoof, onnies, skool en al die boelies daar.

Annelize ·

Ek wil net graag weet of die boelies se ouers ingeroep is skool toe oor hul kinders se gedrag? Was dit my kind was die sewe soorte hel los in daardie skool, en ek sou die ouers persoonlik konfronteer as die hoof te bang of te sleg is, hulle sal van my hoor in elke media denkbaar en ek sal die saak tot by die hoogste gesag voer. Hierdie vrou sal nie staan dat so iets met my kind gebeur nie. Dis die verdomde kriminele van die toekoms daardie as hulle nie nou vasgevat word nie. In hierdie geval moet nie die gevolge behandel word nie, die oorsaak moet wortel en tak uitgeroei word! Hoekom moet hierdie arme dogtertjie nou verder ontwrig word deur na ‘n ander skool te gaan? As daardie skoolhoof ENIGE ruggraat het, sal hy daardie kinders summier skors.

stephan ·

Ek glo dat enige bestuursspan se swakheid van topbestuur af kom. As jou weermag goed is is dit goeie topbestuur. Net so in huweluk, verhoudings en landbestuur. Hier sal ek die skoolhoof gaan regsien want hy is slapgat. As hy gesdissiplineerd is teenoor kinders sal hulle respek toon aan sy reels. Kinders word geskors en klaar. Ek hoop ouers sal dit help ondersteun in die betrokke skool.

PietdB ·

Ek is n geweldige trotse ouer by laerskool elspark. En die wilde aantuiging deur iemand wat skuilname gebruik, kan tog nie ernstig gevat word nie. Identifiseer jouself en volg die regte kanale. Dan kan jou kind dalk die regte hulp kry om die boelie vas te trek.

Ursula ·

Nee wat! Hoekom wil julle briefies skryf..ons hoor mos nou daar is ‘n ope dag Saterdag by die skool. Bring julle plakate soos iemand vroeer gese het. Gaan staan daar by die hekke. Die skool moet verduidelik hoekom hulle die onskuldige kind uit die klas uit skuif, dit wys mos nou vir die boelies hulle is reg en sy is verkeerd. Dis belaglik man!! Lyk my die hoof is net so immature soos die boelies.

nig ·

URSULA JA! Ek bly verbrands ver anders was ek VERSEKER more daar met my plakkate! Komaan mense, swartes staan altyd saam in sulek gevalle, dans sing en spring rond met plakkate hoekom kan ons nie ook nie?

Vra net ·

Kan iemand n …Ek word geboelie….page begin sodat elke keer as ons kinders geboelie word ons die boelies se name en die skool se inligting kan verkondig. En so begin ons as ouers ons eie veldtog teen die boelies en dwing ons die skool hoofde om drastiese stappe te doen. Die departemente moet ook onmiddelike alle vorm van borge na skole stop wat staats hulp kry. Dan sal daar meer gelykheid wees. As jy die skool wil borg met iets moet jy jou versoek by die departemente indien en hulle moet dit vooraf goedkeur.

EMK ·

Vra net – man dit klink goed. Maar wie gaan dit doen? Ek het nie meer kinders op skool so hierdie vul my met afgryse en skok so ek sal nou nie na regte so iets begin nie. Dal kan jy ‘n mooi brief aan die departement skryf met jou voorstel mooi uiteengesit. Hulle is dalk ook maar hande in die hare emt die tipe van ding so jou voorstel kan net werk! As jy nog spulmense kan kry wat jou versoek/petisie onderteken het dit nog meer slaankrag!

danie barnardo ·

Deur soortgelyke ervaring. My 9 jarige dogter is amper een jaar lank geboelie in Laerskool Frikkie Meyer, Vanderbijlpark. Op 22 Oktober, pas van die skoolbus af, help boelie (10 jaar, vroulik) se ma met laaste aanranding. Fotos geneem van beserings, kriminele klagtes gelê, beskermingsbevel gekry en is HOD en MEC toe met my klagtes oor skoolhoof wat reken ek en my vrou “praat voor die kinders, wil ander mense uit hul huis sit en dat my kind ons kwansuis manipuleer ook”. Dis toe nou NIE wat die sielkundige sê nie. En ek het nog maar net begin. Staan op: Alle pa’s. Moenie so lank soos ek wag nie. Maar doen wat ek doen vir jou kind- en ander slagoffers wat in boelieplase vasgevang sit. Moenie skole betaal sodat jou kind in hul sorg emosioneel en fisiek verniel word nie. En dan wil daai hofie nog my vrou ook boelie! Nee boet, hul sfinkters. Iemand beter my weer tevrede kry en gou-gou. Ek het maar nog net begin…

joe ·

Dit is skokkend! Ek hoop die departement neem die saak in n erinstige lig op! Dankie tog sy het ni erinstig seer gekry ni, sy kon haar nek gebreek het of breinskade op gedoen het! En dit alles omdat somige ouers ni hulle kinders kan opvoed ni! Die skool is net so skuldig! Dit gaan al vir n jaar aan en nou word daar iets aan gedoen… amper te laat! Dagvaar di skool, departement en daai kinders se ouers!!! Dis regtig waar n skande! Hoop daai ouers van di boelies skrik nou wakker! Buig die boompie, hulle is nog jonk genoeg da voor!

Stuart ·

PietdB is seker een van daai ouers wie se kinders “engeltjies” is in sy oë en dis hoekom daar soveel sulke gevalle is. Die ouers doen niks aan hul kinders as hul so oortree want ag wat, dis mos maar kinders; meestal onnies ook nie – veral as die ouers allerhande skenkings doen en gatkruip.

anne ·

Skandelik om die minste te se!! Waar is die ouers van die drie juffroutjies. Die skoolhoof klink vir my ook asof sy nie bevoeg is om die situasie te hanteer nie. Die hel sou los gewees het as dit my kind was en klaar, roep die skuldiges tot verantwoording sowel as die ouers. Niks kan regverdig wat met die meisie gebeur het nie. Ouers maak ‘n saak moet dit nie daar los nie, julle kind verdien dit nie! Sterkte en liefde meisietjie , wens jy was naby sodat ek vir jou ‘n drukkie kon gee. xxx

elizabeth ·

mag daardie boelie dogtertjies eendag die werk kry wat hulle toekom!!!!
hulle ouers behoort hulle te skaam.
en ek se weer, ek kan nie glo hulle is nog in daardie skool nie!!!!!!!!!!!

Tammy ·

Begin by die 3 vroulike boelies. Hulle moet waai maak nie saak waarheen nie. Hel toe is ook reg. Ouers betaal duur vir skole.. die wat wel betaal. Tweedens die ouers van daardie 3 dogters, hulle moet hof toe gesleep word, omdat hulle gruwelik nalaat om hulle kinders op te voed. My ondervinding as n lid van n beheerraad is dat sulke slegte kinders kom uit slegte ouerhuise.

Moeg ·

Jammer om te se maar hierdie saak gaan net toe gesmeer word!My Gr1 dogtertjie was so hard geklap deur haar juffrou dat daar merke was en alles was net toe gesmeer.Ek hoop mense kan saam staan en regtig more met plakkate daar gaan lawaai maak want dis al manier hoe iets gedoen gaan word.Baie sterkte aan daai pragtige dogtertjie en haar ouers!

Antonie ·

Waarom moet sy na n ander klas geskuif word? Waarom moet sy ontwrig word? Skuif die ander 3!

Anti-Boelie2 ·

My dogter gaan volgende jaar graad ses toe en word geboelie deur n groepie meisies. Ek was ook al by die hoof gewees wat met die betrokke voor bok gepraat het. Die klein merrie gedra haarself sover maar ek gaan dit verder vat. Sy moet net haar hande lig dan gaan sy en haar ouers moelikheid he. Ek sal nie ophou todat daar iets gedoen word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.