Foto’s: Mej. SA se top-10 aangekondig

Mej. Suid-Afrika 2020 se top-10 finaliste

Die Mej. Suid-Afrika Organisasie het pas vanjaar se top-10-finaliste vir Mej. Suid-Afrika tydens ʼn aanlyn geleentheid aangekondig.

Maroela Media het vroeër berig dat die publiek saam met die beoordelaars kon stem vir vanjaar se top-10. Die top-10-finaliste sal deelneem aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie wat op Saterdag 24 Oktober plaasvind.

As gevolg van die Covid-19-pandemie sal mense vanjaar slegs dié glansgeleentheid virtueel kan bywoon op M-Net en Mzansi Magic waar dit regstreeks uitgesaai sal word.

Die top-10 bestaan uit vier finaliste uit Gauteng, twee uit die Oos-Kaap en een elk uit KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Limpopo en die Noord-Kaap.

Mej. SA se topdrie-wenners sal vanjaar almal vir die eerste keer internasionaal deelneem. In die verlede het slegs die top-twee aan die Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisies deelgeneem, maar vanjaar sal een van hulle ook aan die Mej. Supranasionaal-kompetisie deelneem.

Hier is die top-10 in alfabetiese volgorde:

Aphelele Mbiyo (24) is ʼn bemarker en model wat in Johannesburg woon, maar oorspronklik van die Oos-Kaap kom.

Aphelele Mbiyo

Busisiwe Mmotla (27) is ʼn onderwyser van Emdeni in Soweto. Sy bekwaam haar tans as persoonlike afrigter en is in 2017 as Mej. Soweto aangewys.

Busisiwe Mmotla

Chantelle Pretorius (24) is ʼn model en student van Pretoria. Sy is tans besig om haar BCom-graad deur Unisa te voltooi.

Chantelle Pretorius

Jordan van der Vyver (24) is ʼn internasionale model van Johannesburg wat tans in Durbanville in die Wes-Kaap woon.

Jordan van der Vyver

Karishma Ramdev (25) is ʼn mediese dokter van Chatsworth, KwaZulu-Natal, maar woon nou in Pretoria. Sy was in 2018 ʼn top-12-finalis in die Mej. SA-kompetisie.

Karishma Ramdev

Lebogang Mahlangu (24) is ʼn voedselwetenskaplike van Pretoria wat tans in Umhlanga, KwaZulu-Natal, woon.

Lebogang Mahlangu

 

Melissa Nayimuli (24) kom van Butterworth in die Oos-Kaap, werk by ʼn bemarkingsmaatskappy en woon tans in Johannesburg. Sy het ook ʼn graad in rolprentverfilming en die skryf van draaiboeke.

Melissa Nayimuli

Natasha Joubert (22) kom van Centurion, Gauteng, is ʼn beeldpoetser en eienaar van ʼn sakeonderneming.

Natasha Joubert

Shudufhadzo Musida (23) kom oorspronklik van Ha-Masia in Venda, Limpopo, maar woon tans in Johannesburg. Sy is ʼn honneursstudent in internasionale betrekkinge.

Shudufhadzo Musida

Thato Mosehle (25) is ʼn mediese dokter en deeltydse student. Sy woon in Stilfontein in Noordwes.

Thato Mosehle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Nee wat sien nie veel hier nie…..miskien Chantelle Pretorius, Karishma Ramdev en Natasha Joubert?

Jakes

JohanR ek stem saam met jou. Ek glo nie enige van die ander staan n kans nie.

Louise

Beslis Chatelle Pretorius, sy lyk soos ‘n regte egte super model wat jy net in tydskrifte sien.

Irma

My keuse is Karishma Ramdev

Adeline

Wel vandag is dit eintlik ‘n skande om in enige kompetisie van watter aard ookal vir die RZA te staan. Ons het geen naam oorsee in enige land agv die geweldige moorde en korrupsie wat die huidiglike vvk anc regering nie. Ons land se standaard het so geval dat jy met ‘n vergrootglas na ‘n mikroskopiese stof deel moet soek om dit te vind en dan is dit steeds ‘n hopelose saak. Dit is eintlik ‘n skande om die land in enige iets te verteenwoordig, tensy jyself voos vrot korrup is…. my opinie.