[Foto’s] Meld dié indringerplant aan

Die "boom van die hemel" Foto verskaf deur die stad Kaapstad via ANA

Die “boom van die hemel” Foto verskaf deur die stad Kaapstad via ANA

Die stad Kaapstad het inwoners Maandag versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn indringerboom uit China, wat ook as die “boom van die hemel” bekend staan. Inwoners word gemaan om dit by die munisipaliteit aan te meld indien hulle een van dié bome iewers gewaar.

“Dié indringerplant bedreig woonbuurte in Kaapstad en veroorsaak omvattende ekologiese en infrastruktuur-skade,” het Johan van der Merwe, burgemeesterskomiteelid vir energie, omgewingsake en ruimtelike beplanning, gesê. “Dit lyk dalk eksoties en mooi, maar dié boom is ʼn uiters skadelike indringerspesie.”

Volgens Van der Merwe het die munisipaliteit reeds ongeveer 200 berigte ontvang van plekke waar dié boom, veral in die suidelike voorstede in Newlands, Constantia, Wynberg en Claremont voorkom.

Inwoners het ook al die indringerplant aangemeld in Somerset-Wes, Durbanville, Bellville en Kuilsrivier. Dit is ʼn bewys dat die boom reeds na woonbuurte dwarsoor die stad versprei het.

Volgens Van der Merwe moet inwoners so gou as moontlik aanmeld wanneer hulle die boom gewaar, aangesien die plant se wortelstelsel ʼn bedreiging inhou vir stedelike infrastruktuur. Die boom gee ook ʼn allelopatiese chemiese middel af wat die groei van ander plante verhinder.

“Persone wat in fisiese aanraking kom met die boom, veral die blare, kan ook ʼn veluitslag toon en indien dit nie behandel word nie, kan dit tot ʼn erge gejeuk en pyn en ongemak lei,” het Van der Merwe bygevoeg. “In só geval word mediese behandeling moontlik benodig.”

Hy het gesê dit is boonop ingewikkeld om die boom te verwyder, aangesien die boom weer uit stukkies wortel en ʼn ontblote boomstomp kan groei. “Klein steggies kan per hand verwyder word, maar dit is belangrik dat niks van die wortel in die grond oorbly nie.”

Inwoners wat die boom gewaar, word versoek om dit by die stad se Groen Werke-eenheid aan te meld. Stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Bietjie bekommerd ·

Die blare lyk baie soos ‘n Chinese Reënboom s’n – is dit dieselfde boom? Ek hoop rerig nie so nie want ek lief my Chinese Reënboom so baie. Ek het nounet aan die blare gaan vat, en alhoewel dit dieselfde lyk (en die sade dieselfde lyk) laat dit my geensins jeuk nie. Wat is die boom waarvan in die berig gepraat word se wetenskaplike naam?

Paul ·

Jy sal moet seker maak, maar verskeie boomspesies staan bekend as die Engelse “Chinese Rain Tree”. Hulle is in die genus “Koelreuteria”, met verskeie spesifieke spesies. Die boom in die berig is Ailanthus altissima, waarvan die Chinese naam beteken “stinkboom”. As jou boom glad nie ‘n slegte reuk afgee wanneer jy die blare kneus nie, is dit waarskynlik nie Ailanthus altissima nie.

Sommige Koelreuteria spesies is wel ook ongewenste indringers.
My voorstel sou tog wees dat jy iemand kry wat bome goed ken wat jou boom kan identifiseer en bepaal watter spesie dit is. Indien dit wel ‘n ongewenste indringer is, haal dit eerder maar uit, anders doen jy net ‘n klomp skade deur jaar na jaar sade van die boom te laat versprei.

Hannelie ·

Is daar geen ander beskrywende inligting oor die boom beskikbaar nie! Ek beveg al vir jare ‘n indringer wat Eskom in nuwe ontwikkelings geplant het toe die behuising vir die Lethabo kragstasie in Vaalpark gedoen is! Die blare op die foto’s lyk vir my dieselfde maar diè pienk saadhuide is nie dieselfde nie! Daarby ruik dit baie sleg as ‘n mens aan die blare sou raak! Die bessies is eetbaar vir voëls wat dit dan so versprei!

Paul ·

Die boom is Ailanthus antissima. Dit is juis bekend daarvoor dat dit ‘n stink reuk afgee, so dis waarskynlik dieselfde boom, Hannelie.

Johann ·

Ek haal aan van: http://www.capetowninvasives.org za

“Tree of heaven
Ailanthus altissima

A fast growing deciduous tree from China can grow 20m or more. It has smooth stems with pale gray bark, and twigs which are light chestnut brown, especially in the dormant season. In late spring, clusters of small, yellow-green flowers appear near the tips of branches. Seeds are produced on female trees in late summer to early autumn. Fruits are papery, somewhat twisted, winged structures called samaras that are tan to pink-coloured.”

elsje ·

Die Chinas is besig om Afrika oor te neem nie net hul bome nie.

Rianelle ·

Hannelie ek stem saam met jou wat betref die indringerspesies wat in Vaalpark geplant is. Daa is selfs Chinese Witstinkhoubome geplant (Caltis Sinensis) in plaas van die inheemse witstinkhout( Catis Africana) geplant.

Eliza-beth ·

AI mense, onthou tog ons het lieflike inheemse bome, vergeet van die spul indingers en plant hul liefs nooit. Ons is ‘n waterskaars land en goed soos bloekoms, wattels en ander suip water en ondergrondse water word uitgeput en verdring ook ons mooi inheemse plantegroei. Daar is ‘n webwerf http://www.invasives.org.za en kan mens daar sien wat is indringers. Daar is verskillende kategorieë – in sekere dele van die land is sekere plante nie dieselfde kategorie omdat dit minder kan versprei ens. Beste is kry iemand om jou te help as jy onseker is.

Shannon ·

Meld die boom dadelik aan, sodat die council dit kan kom af kap nes hulle gedoen het met die pers bome in Pretoria. En dan kan u sit en ruik aan die rook wat oor u dak trek in die namiddag – want die council skenk die nat hout aan die people en plant niks in die plek daarvan nie.

sarie van heerden ·

Ek hoop Kapenaars het meer geluk met die aanmelding van indringerplante as ons in Pretoria. Ek het self indringers probeer verwyder sonder sukses nadat ek dit by die munisipaliteit aangemeld het.
By my het die indringers noual versprei na die bure en gedy. Maroela is welkom om my besonderhede aan die munisipaliteit te verskaf INDIEN HUL SOU BELANGSTEL OM DIT TE KRY.

sarie van heerden ·

Ek is NIE die enigste Pretorianer met besware dat die munisipaliteit nie hul steunr aan ons klagtes/aanmeldings nie en as hul belangstel sal ek somnmer ander persone met dieselfde probleem aan hul bekendmaak. Miskien kan Maroela ons in hierdie verband help want ek glo nie een van hulle lees hierdie berigte nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.