[Foto’s] Met die maan gepla

Die sogenaamde “Bloedmaan”. Foto: Henk Kruger / ANA

Talle Suid-Afrikaners het Vrydagaand die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu aanskou.

Dié historiese verduistering het byna vier uur lank geduur en het sosiale media aan die gons. Mars het ook op sy helderste vertoon in baie jare aangesien dié planeet op sy naaste punt aan die aarde is. Venus, Jupiter en Saturnus was ook sigbaar.

Nadat die maan teen 19:15 begin donkerder raak en later in kleure van oranje tot dieprooi verander het toe dit in die aarde se skaduwee was, was #LunarEclipse die onderwerp waaroor die meeste mense op Twitter geklets is. Dit was teen Saterdagoggend nog die gewildste onderwerp met talle mense van reg oor die wêreld wat foto’s van hul ervaring gedeel het.

Die volgende algehele maansverduistering gaan eers weer op 16 Mei 2022 plaasvind.

Rol af vir ‘n paar foto’s wat ReenvalSA op Twitter gedeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Moes dit nou op ‘n Vrydagaand wees! Ek het vir twee ure die maan dopgehou en fotos geneem maar toe ek nugter word en die fotos op rekenaar bekyk sien ek dit was die bure se TV-skottel.

John ·

(… alweer die Russe?). En beide AfriForum en Cloudy Thlaudi besoek toe albei die Zoeloe-monarg en beloof hom ewige heerskappy en rietdansers tot die son weer ‘n slag verduister en dit gaan glo gebeur as die ex-sabc-grootkop die president van die’ rooi land word. Eskomstakers beloof dit is binnekort. Oom Solly help fluks hiermee. Het ons koning(s) as staatshoof(de) of president(e)? Mens begin wonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.