[Foto’s] Metropolisielede in botsing toe hul probeer verbysteek

Metropolisielede in botsing toe hul probeer verbysteek (Foto: Facebook)

Twee metropolisiebeamptes het geringe beserings opgedoen toe hulle Vrydag in Roosevelt Park in Randburg, Johannesburg, in ʼn botsing met ʼn ander voertuig betrokke was.

Volgens ʼn verklaring van die Johannesburgse metropolisie-departement het die twee beamptes met ʼn patrolliemotor gery ten tyde van die voorval.

Volgens die verklaring wou die bestuurder van die patrolliemotor glo ʼn voertuig verbysteek waarna die patrollievoertuig én die ander voertuig in die ongeluk betrokke was.

Die metropolisie-voertuig het deur ʼn palissadeheining van ʼn privaat erf gery en teen ʼn boom tot stilstand gekom, en die ander voertuig het teen ʼn muur gebots.

Die bestuurder van die ander voertuig, glo ʼn vrou, is nie in die voorval beseer nie.

Volgens die metropolisie word die saak verder ondersoek. Meer besonderhede is nog nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kat ·

Hopelose en onverantwoordelike bestuurders.Kla hulle aan en neem hulle rybewyse af.Daar is honderde van hulle.

Chris Ws ·

Ek het gereeld metro polisie en gewone SAP wat my verbysteek oor sper strepe EN dit terwyl ek presies op die spoedgrens ry volgens my gps.Hulle oorskry dus die spedperk EN verontagsaam padreels sonder om tweekeer te dink.Ek het ‘n dashcam so wonder as ek so oortreding opneem of mens dit na iemand kan stuur om die skuldige beampte te vervolg of ten minste dissiplinere stappe te neem teen hom/haar? Ek meen hulle is die instansies wat die wette moet handhaaf en ‘n voorbeeld vir all padgebruikers moet wees.

Elvira Bothma ·

Liewe genade Maroela is 10 fotos regtig nou nodig. Belastingbetalers dok weer op.

willie ·

onbevoegdheid spreek vanself! sê eerder niks meer nie! soo bly die dame in die ander motor is ongedeerd!

Antie ·

JMPD skuld haar ‘n nuwe motor, privaat woning se palisade vervang en nou gaan hulle sê hulle was onskuldig. Duidelik kan hulle ook nie afstand skat om ‘n voertuig verby te steek nie, want kyk hoe is haar voertuig se deur geruk

Skybird ·

Help nie om hier te verduidelik hoe meeste van hierdie tipe ongelukke gebeur nie ! Te min spasie en kommentarters wat nie weet waarvan hul praat of die padwet nie verstaan nie ?

Lynette ·

As jy n voertuig verbysteek, behoort daar mos heelwat spasie tussen die twee voertuie te wees? Jy skuur mos nie verby nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.