[Foto’s] Miljoene rande se dwelms in bakkie versteek

Die Bulgerivier-polisie het Maandag ʼn reuse-dwelmvonds gemaak toe hulle beslag gelê het op heroïen ter waarde van nagenoeg R93 miljoen wat in panele van ʼn Nissan P200-bakkie versteek was. Foto: Verskaf

Die Bulgerivier-polisie het Maandag ʼn reuse-dwelmvonds gemaak toe hulle beslag gelê het op heroïen ter waarde van nagenoeg R93 miljoen wat in panele van ʼn Nissan P200-bakkie versteek was. Foto: Verskaf

Die Bulgerivier-polisie het Maandag ʼn reuse-dwelmvonds gemaak toe hulle beslag gelê het op heroïen ter waarde van nagenoeg R93 miljoen wat in panele van ʼn Nissan P200-bakkie versteek was.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het gesê die beamptes het inligting ontvang dat die bakkie moontlik dwelms smokkel nadat die voertuig die land by die Groblersbrug-grenspos binnegekom het.

“Daar is ʼn opsporingsbevel vir die bakkie uitgereik en beamptes van die Bulgerivier-polisie het die voertuig opgemerk en onderskep,” het Otto gesê. “Die bakkie is deeglik deursoek en die polisie het beslag gelê op R139 900 kontant en $10 000 (Amerikaanse dollar) wat in deurpanele versteek was.”

Die beamptes het ook versteekte panele agter die sitplek en in die bak ontdek. Altesaam 93 sakke, elk 1 kg, heroïen van nagenoeg R93 miljoen was daarin versteek.

Die bestuurder van die bakkie, ʼn 33-jarige man van Tanzanië, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit, smokkel en handel in dwelms. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Lephalale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Paul ·

Daar is nie iets soos ‘n Nissan P200 bakkie nie. Dit is ‘n Nissan NP200.

Landi Slatter ·

Dagsê Paul,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Diana ·

Die bakkie het KPMG branding op………wat is hier aan die gang ????

sjoe & wow ·

Sjoe dit lyk na ‘n gewone werks voertuig! Wow vir die Polisie. Hierdie Tanzanier moet soos in ander lande doodstraf kry. Indien die regering nie daadwerklik optree nie, gee jul boggerol om vir jul kinders en hul kinders!!!!! Dwelms maak hartseer en dood!!!!

Hannelie ·

Hier in Lephalale is ons dorp gebukkend onder die dwelms, ons ouers is moedeloos!! Wow vir die Polisie, stem ook vir die doodstraf!!

Lynnette ·

Ek wonder nou waar gaan al daai geld en dwelms heen wat die polisie nou gekry het?

André ·

Lynnette
Dit word ingeboek in ‘n SAPS 13 register vir veilige bewaring sodat dit as bewysstukke in die hof kan dien.
Hou tog op om so pessimisties te wees oor die Polisie. Nie almal is korrup nie.

Paplepel ·

Ek gaan ‘n klip in die bos gooi en ek weet ek gaan nou met klippe gegooi word… Hierdie monsters sal nie soveel dwelms insmokkel as daar nie ‘n mark daarvoor is nie. Niemand dwing die gebruiker om die dwelms te koop nie, hy doen dit self. Groepsdruk, swak selfbeeld, te veel geld, te min geld, ledigheid, moedeloosheid en nog ‘n legio ander verskonings word altyd voorgehou hoekom mense dwelms gebruik. Dit kom altyd terug na die gebruiker toe, dit is sy eie keuse.

Takkie Takuuza ·

Ja en daarna Andre? Ons wonder mos maar jong. Ek het nou die dag dieselfde gevra oor die perlemoen en kreef.

André ·

Takkie Takuuza
Dan word dit verbeurt verklaar aan die Staat. En dan rook ons dit op. Dis mos waar al die Polisie manne se waardes heen is volgens sekere lesers. Ek kan darem nog trots staan in my werk na 31 jr se getroue en onberispelike diens aan die publiek en mense soos jy. En ek sal seker tot ek die dag my kop neerlê……want dis wie ek is en BAIE ander van my kollegas.
10111 is maar op baie landsburgers se “speed dial” jong.

Voorlaaier ·

Di drywer het tien teen een nie eers geweet van di dwelms ni..
Di meeste van di tyd is di drywers gehuur om di voertuig te bestuur salig onbewus van wat aangaan.
En di “eintlike” skurke kom weg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.