[Foto’s] Miljoene rande se skade by Pretoria-stasie

'n Treinwa brand by die Pretoria-stasie. Foto: Verskaf.

‘n Treinwa brand by die Pretoria-stasie. Foto: Verskaf.

Skade van nagenoeg R13,7 miljoen is Dinsdagaand by die Pretoria-stasie aangerig nadat mense wat hulself glo as passasiers voorgedoen het, op ʼn verwoestingstog gegaan het.

Kapt. Augistinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die treine is omstreeks 18:30 op platform 1 en 2 aan die brand gesteek. Vyf muntmasjiene, ʼn gebou van Debonairs Pizza en verskeie televisiemonitors het onder meer ook in die slag gebly.

“Vier mense is tydens die voorval vir ondervraging na die polisiestasie geneem, maar slegs een persoon is in hegtenis geneem. Dié man sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn,” het Selepe gesê. Die polisie ondersoek ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Lillian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, het gesê altesaam drie waens van ʼn Metroplus Express-trein en twee waens van ʼn Business Express-trein is heeltemal verwoes.

“Die skade is aangerig deur kriminele elemente wat hulself as lojale pendelaars voorgedoen het. Die oorsaak van die verwoestingstog word ten volle ondersoek. Gelukkig het geen passasiers of werkers seergekry nie,” het Mofokeng gesê.

Daar word vermoed dat die skade deur ontstoke pendelaars aangerig is nadat treindienste tussen Pretoria en Johannesburg vertraag is weens toenemende geweld teen Metrorail-treindrywers en veiligheidsbeamptes.

Mofokeng het gesê die voorval gaan meer druk plaas op treindiensbedrywighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Michael ·

Die soort mense is nie bang vir die nagevolge van hulle optrede want hulle weer daar sal geen optrede teen hulle wees nie in die piesang republiek nie en ja weereens nie wit mense wat betrokke was nie

Anne ·

Seker ‘n blanke trein wat ook van die apartheids eara aangekla gaan word of is hy dalk klaar aangekla en terreg gestel!

tamboti ·

Oorsaak, nee wat geen rede is regtig nodig nie: net die ingewing van die oomblik en Afrika klim uit sy kas!

Jordaan ·

Perfekte logika – die treine is laat so ons brand een en dan is daar nog minder treine so dit gaan nog later wees. Soos kinders wat nie die gevolge van hule aksies besef nie!

Karma ·

Anargisitese gedrag met geen vrees vir nagevolge nie. En wie moet op die ou einde betaal vir die skade aan eiendom en infrastruktuur? Ek en jy, belastingbetaler, wat werk vir ons salarisse en doodgewurg word deur ‘n sterwende ekonomie en SA se rommelstatus.

Irene ·

Maak nou die stasies en unv toe dan sien ons wat volgende is waar gaan hulle koppe dan probeer leer malema moet nou op sy plase vir hulle skole en unv bou hy sal dit nie doen nie wat dan

m ·

Hoe dom kan mens wees om jou eie vervoer te verwoes.???? More huil hulle weer hulle het nie vervoer nie. Ag regtig????

Deloris ·

Duidelik is daar fandale wat niks gewoond is nie en alles wil vernietig dis hoekom hulle sit waar hulle sit….. met niks…. hulle doen dit aan hulle self en hulle mense

Rooijan ·

Hulle moet net vir prof Jansen van die UV laat kom hy sal kan bewys dit was die wit treindreiwer wat gisteroggend laas op die stasie was se skuld vir alles natuurlik!!

Stef ·

Al trein wat deesdae veilig is om te ry in SA vandag is die sous trein…

Jan ·

Dit is net ontsaglik moeilik vir regdenkende mense om enige vorm van logika in hierdie sotlike optrede en mentaliteit van verwoesting en anargie van hierdie spul in te sien.

Illa ·

Mense, ek vra die volgende omdat ek REGTIG nie weet nie, maar tog wonder en daar is geen sarkasme aan gekoppel nie:
Is die opsetlike verwoesting van infrastruktuur nie eintlik terrorisme nie? Hierdie, in die lig van voorafgaande aksies, voel vir my meer soos ‘n terreurdaad as protes optrede.
Maak die nuwe Suid-Afrikaanse reg nog voorsiening vir vervolging van terrorisme en, indien wel, wat kwalifiseer dan as sulks?

Pieter van der Merwe ·

ń Geldige vraag, so ook sabotasie, saboteurs. Daar is sekerlik ń wet wat dit verbied?

Adri ·

Kom die Z-mannetjie nie agter die land brand nie? Wat doen hy? Speel die “fool” terwyl Rome brand!

DPJ ·

Ja die tyd van rewolisie is hier, hulle probeer van om JZ ontroon wat hy wil nie self uittreë nie.

Pierrè ·

Daar is regtig net een antwoord en jammer vir die onskuldiges wat daaronder gaan ly, daar waar hul brand en afbreek – maak eenvoudig die plekke toe

TM ·

Kan so optrede verwag het. As iets nie werk nie verwoes alles totdat niks werk nie dan eis hulle dat die goed weer moet werk sodat hulle dit weer kan verwoes. Dis soos vroeër jare se “Insert Coin” speletjies in die kafee waar jy aanhou probeer het tot jou geld op was. Hier gaan hulle nog alles verwoes totdat die land se geld op is. En dan is dit “Game Over”

Takkie Takuuza ·

Doet so voort. Ons kinders en die wêreld kan nou sien hoekom daar appartheid was en selfs liberale moet maar erken hulle sal baie beter af wees met afsonderlike onwikkeling.

Dries ·

Hierdie vlaag van anargisme oral in die land is slegs om die aandag van Z af lei sodat sy eie kaders kan besluit wat is hul pad vorentoe met hul elite groepie.

PIETER ·

Kyk noord, kar bomme en menslike bomme is voor die deur,hulle kry nie aandag van die ANC regering af nie.

Martha ·

Wanneer gaan ons Presidente iets doen omtrent die gemors wat aangaan in ons land om dit te stop !!!!!!

cr ·

Martha jy het mos gehoor stortkop speel gholf. Gun hom ook sy plesiertjie.

DLR ·

Kyk maar noord op in Afrika. Alles lyk so. ‘n Toekoms hier ??? Nee wat dis verby.

Bach ·

Z gaan glo binnekort Burundi toe om daar te help met die vredes samesprekings. Foeitog hy kan nie eers vrede in sy eie land bewaar nie.

MM ·

Hulle is goed op dreef met afbrand en breek. Een van die dae dan is hulle weer terug op hul voete en leer onder die bome, want dis waarheen ons oppad is.

Koos ·

vergeet van geweerlisensies. ‘n Vuurhoutjie lisensie is meer nodig.

GES ·

Koos baie puik gestel. Die situasie is nou so absurt dat ‘n mens maar net grappe kan maak.

DLR ·

MM
Jy is veskriklik positief. Onhou hulle verbrand al die bome. Geen bome vir skole !!!!!!

Frederiks ·

Vergeet nou maar van die uitgebrande waens. Dr Daniël Mtimkulu sal sommer gou-gou’n paar nuwes bou.

Rentia Preite ·

Plaas hulle gee hulle sommer die ander treine ook en laat als verbrand dan is daar mos niks…mos wat hulle soek nie waar nie…alles wat westers is moet mos weg

Miemie van Straaten ·

Wanneer gaan hulle begin besef hoe meer hulle afbreek en plunder hoe meer gaan hulle vir sulke dienste moet betaal. Wat is tog bo in daardie koppe? Ek dink niks.

Jef ·

As hulle klaar is met die diesel en elektriese treine af te brand dan kan hulle net so goed die nostalgiese stoomtreine ook maar af brand, who cares.
Moenie die groot vragskepe vergeet nie, ag nee wat gaan aan met afbrand, ek het gelukkig SA verlaat en sal nooit meer terug keer na daai oorlogsveld nie.
Ek dra alle goeie dinge van SA waarin ek geleef het saam met my in gedagte.

Ohna ·

Natuurlik is dit toelaatbaar,ons bly in Afrika….hier maak ons so!!! Swart Afrika is besig om op ons neer te daal-vinniger as wat ons gedink het.

Kobus ·

Siestog hulle kan nie help nie, dit is hulle kultuur, kyk maar die verwoesting in elke land in Afrika wat hulle oorgeneem het ander lande buite Afrika waar hulle bly.

boet ·

Om tevra dat regeering dit laat stop help nie kyk hoe gaan dit in konferensies in. Die parlement dan kan mens dit verstaan hoekom hulle dit doen geen respek vir mekaar nie en die wat n se het is tebang om stappe teneem vir hul lewe

Evert Louw ·

Die taxi bedryf was in die verlede vir die soort optrede verantwoordelik.

Chris W ·

Sal goed wees as hulle alle pendelaar treindienste van en na Pretoria stasie vir 30 dae opskort in protes teen die terroriste.

EVW ·

Zim nr2!!!!!! Wonder wasr gaan “hulle” almal heen vlug ad daar niks meer oor is nie…..

Johannes Meintjes ·

Die tragedie is myns insiens dat hierdie subversiewe gedragspatrone nou al ‘n jaar of meer ankom en eskaleer, en tog bly die SA Regering en al die ander meganismes en samwerkingspotensiaal in SA in onvermoe om die geweldadigheid en gebek aan etiek of morele waardes vas te vat, te ontleed en die land produktief te regeer en te bestuur. Die kerke bly as blote geestelik-hooghartige, wedywerende en self-gerigde stuikelblokke oor die landskap verstrooi.

Dr Pieter du Plooy ·

Daar is mos taxis waarmee hulle kan ry. Gebruik liewer die treine om goedere te vervoer en die swaar voertuie van ons land se paaie te verwyder en so die ongeluksyfer en padinstandhoudingskoste te verlaag.

Gerhard ·

Die regering se stilswye spreek boekdele.
Al die goed is deur Eugene Terblance voorspel. Dis tog so jammer dat oom Eugene se mede blanke broers en susters hom verag het , terwyl hy maar net sy werk gedoen het.

Koos ·

Toppunt van optimisme : om te staan en wag vir die trein wat hy gister aan die brand gesteek het.

Werker ·

Ek lees alles, maar as dit so aangaan is ek werkloos. Sien ons ry trein omdat dit goedkoop is. Ek ry trein omdat ons net een kar het. Ek en my man werk verskillende rigtings. Die trein bring my by die werk en huis teen R300 per maand. Jou pertol vir 4 dae! Nou vat julle treine weg. Skielik moet ek nou ander maniere soek om by die werk te kom. Dit kos ons R70 per dag met die Gautrain. Werk dit uit op R 1400 per maand. Ek het nie dit in my budget nie.

Die treine is nie sleg nie. Dis ons mense wat fout met alles soek wat dit sleg maak. Ons het Business Xpress treine en Metro Xpress treine wat baie mense wat vir Transnet en Prasa werk gebruik. Gee ons net ons treine terug, want al die nuus is daar, soms slaap jy, soms maak jy nuwe vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.