[Foto’s] ‘Mini tornado’ saai chaos in Gauteng

Mini tornado in Boundaryweg, Honeydew (Foto: @iamnaomim, Twitter)

ʼn Storm het Maandagmiddag in Gauteng tot grootskaalse skade en verkeersontwrigtings gelei.

Die Twitter-gebruiker @pigspotter het foto’s opgelaai van ʼn “mini tornado” in Honeydew en Sundowner naby Northgate, Johannesburg. Talle bome het omgeval en sosialemediagebruikers het ook foto’s opgelaai van groot haelkorrels.

Verskeie paaie is oorstroom en motoriste kan erge vertragings op pad huis toe verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AP ·

Sjoe, dit is erg, al die skade kry julle jammer, maar ‘n mini tornado?? Dit lyk baie erger.

Allan ·

Ek wil net se dis tragies om te hoor van die natuurramp , almal moet net sterk wees en weer moed bymekaarskraap.

Nico ·

Simpatie met almal se skade. Ken 2 mense in Florida / Houston Texas. Hulle weer is ligjare erger. Maar hulle regerings ligjare beter..

Meraai ·

Dis die waarheid. My swaar het ons ‘n week voor Irma Florida tref vir ons laat weet dat hulle moet gereed maak om na hoer dele te gaan en hy is in South Carolina. Dit wil gedoen wees na my mening. By ons verdrink jy eers en dan vertel hulle jou jy moet wegkom daar.

Elrina Joubert ·

Sundra ,Delmas,Eloff baie skade talle mense dakloos en beseer mure,geboue,en bome gesloop dink aan almal

SARIE VAN HEERDEN ·

Nou net ‘n whatsapp van erge verwoestende weer en skade in Ballito!!!!!

Eden Botha ·

Jammer om te hoor van almal se skade. Ek het voor die tyd kennis gekry van die tornado wat oppad is na Kempton park. Ek en my seun het gebid vir beskerming en net die takke van ons een boom het afgebreek. God is goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.