[Foto’s] Minstens 5 dood tydens ongeluk op N3

Foto: Garrith Jamieson, Rescue Care

Foto: Garrith Jamieson, Rescue Care

Minstens vyf persone is dood en 14 beseer ná ʼn ongeluk Vrydagmiddag op die N3 in die rigting van Durban, naby die Pavillion in Westville, KwaZulu-Natal, tussen ʼn taxi en twee vragmotors.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die taxi was tussen die twee vragmotors vasgekeer toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die drie voertuie was in die linkerbaan van die snelweg. Verskeie persone was in die taxi vasgekeer,” het hy gesê.

Reddingspanne moes meganiese toerusting gebruik om die persone uit die wrak te verwyder.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê minstens vyf persone is dood en 14 beseer. Hy het motoriste gemaan om die gebied te vermy. Slegs een baan is oop vir verkeer.

Die taxi het vermoedelik agterin ʼn stilstaande vragmotor, wat in die linkerbaan onklaar geraak het, vasgery. ʼn Tweede vragmotor het die taxi van agter getref.

Plaaslike owerhede is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pik ·

Dit verbaas my nie taxi’s mag doen en ry soos hulle wil vandag n voorval gehad waar een in die geel lyn verby jaag my spieel afry en dan nog my vloek ek vra vir geduld want krag sal my op die koerant se voorblad he

Hendrik ·

ek dink w praat bietjie vinnig. volgens die wiele lyk dit nie vir my of dit een van die nuwe taxi’s is nie. of dit nou n nuwe of oue is, dit bly erg en onaanskoulik.

Kaspaas ·

Lyk of Taxi tussen twee vragmotors ingedruk het en die agterste vrag motor kon nie betyds stop. Jammer oor die lewens verlies van die passasiers.

Sarie ·

Dis AAKLIG!!! Arme passasiers… Hulle moes van die taxi gebruik maak om watter rede ookal. Hulle het die fooi betaal & met hul lewens geboet. Daar sal beslis beseerdes wees, wat nòòit weer ‘n normale lewe sal kan lei nie. Dit verbaas my dat daar hoegenaamd enige oorlewendes is… Was u al in ‘n ernstige ongeluk betrokke? Waarna jy moes hoor: “Wees bly jy leef nog”, terwyl jy na jou gebroke liggaam & lewe gekyk het & God gevra het waarom jy nie liewer gesterf het nie? Daar is die pyn van verlies; (‘n ledemaat, jou werk, jou voorkoms, beweeglikheid & dies meer & dan is daar onbeskryflike fisiese pyn!!! As jy gelukkig is verdwyn dit as die wonde & breuke genees, maar in BAIE gevalle moet jy 24/7 vir die res van jou lewe, met pyn saamleef!!! En glò mý, dis hel!!! ONTHOU ASB; pýn is pýn, ongeag jou velkleur… Èk kry daardie beseerdes & diè wie se geliefdes omgekom het, bitter jammer… Mag hulle genesing & vertroosting van God ontvang… Onthou, die meerderheid van hulle het nie mediese fondse nie & is van staatshospitale afhanklik, wat hulle kanse op herstel, bàie moeiliker maak… God behoed elkeen wat hom in ‘n ander se leed verlekker. Die wiel mag dalk draai…

Boerseun ·

Goed soos pad reels en logika is n westerse konsep en is nie in die verwysing raamwerk van alaml nie. Ergste is die OSHAS en Mining Act etc. wat almal anders verantwoordelik maak behalwe die werker, maar voor hy by die werk word elke reel gebreek, met geen ag vir enige iemand of enige reel. Kyk maar hoe , nie net taxi’s nie, ongeduldig die meeste jaag en dan druk hulle op snelwee oor geel strepe voor almal in.

Enigste oplossing vir taxi’s is nationaliseering van die goed.

Guyver ·

Sarie, waar val jy uit met God behoed elkeen wat hul verlekker in hierdie mense se leed? Ek dink dis baie onvanpas om sommer met gebalde vuiste inspring en dan nog te sê God behoed..Hy doen soos Hy dink, nie soos jy wil hê nie. Dan nog velkleur ook in te gooi..wie het nou enige iets daarvan gesê?
Dis verskriklik wat met die arme mense gebeur het, en van hulle sal nooit weer herstel nie. Dit is hartseer vir enige een wat dit lees.

Carien ·

Trokke is ñ groot probleemop N3 jhb/durban. Daar is daagliks ongelukke en die paaie word stukkend gery. Die trokke ry nes hulle wil soms sommer in al drie bane. Dit is tyd dat daar weer na Transnet se infrastruktuur gekyk word. Hoeveel mense moet nog sterf voordat daar iets gedoen word oor die toenemende trokke op die N3.

anton ·

Die pad van Pietermaritzburg tot by Durban is n gevaarsone. ( Net een van talle)
Trokke jag soos mal goed. Hulle spoed beperking is 80 km/h maar glo my hulle ry100km/h en meer.
Die GROOTSTE probleem is dat geen wette meer toegepas word nie. Al wat hulle kan doen is sit iewers en maak geld deur motors vir spoed te vang. Busse , Taxi’s en trokke wat die spoedgrens van ondermeer 100 en 80 km/h oorskry word nooit beboet nie!
Trokke wat veronderstel is om links te hou doen dit ook nie altyd nie en ry in die ander bane waar die motors moet ry.
Nee wat, solank die verkeers mense nie hulle werk reg doen nie, sal niks verbeter op die paaie nie!

Langlaagte ·

Anton, moenie veralgemeen nie…ek het self daai pad ontelbare kere gery in die verlede, en veral in KZN, is die wetstoepassers erg ingestel op trokke, mbt spoed en die oorlaai van vragmotors. Ekself het al menigmale in die middelste baan verbygesteek, waar die trokke in die linkerkantse baan moet hou! Hoekom? Die nuwe generasie vragmotors het almal n hulprem ( retarder) op die ratkas wat dit moontlik maak om Townhill af te gaan teen n veilige spoed van 45 km/ h. Die ouer trokke gaan daar af teen 5 km/ h. Om dan agter hulle te hou, beroof jou van n uur of meer se slaaptyd, en dis net op een bergpas. Wat gewone motoriste nie besef nie, is dat elkeen van daai ouens ook gewone motoriste is, en/ of motorfiets ryers, met baie baie meer ondervinding. Vragmotor bestuurders doen gemiddeld 200 000 km p/j. Die grootste oorsaak van ongelukke is ongeduld!!!

Hendrik ·

anton ek ken n vervoer kontrateur wat tans n hele paar verkeerskaartjies op sy tafel het. dat daar sekerlik baie omkoopgeld betaal word is seker ook waar.
wil net noem dat enige persoon in n ongeluk betrokke kan raak sonder dat jy daarvoor soek. ja taxi’s is n probleem.

dries ·

Ek ry 110 km/h met my karavaan, dan moet ek padgee vir buste en vragmotors of jy word gevloek en van die pad afgedruk. As daar nie iets gedoen word in hierdie land met ons verkeer nie, dan sien ek groot swaarkry en lyding vir ons vorentoe.

SS ·

Liewe vet….is vreeslik en arme onskuldige mense het gesterf. Maar dis scary hoe die taxis en vragmotors ry. Ons beleef dit daagliks ook in mpumalanga. Dis chaos ook op ons land se paaie en dan is verkeersbeamptes nie in sig wanneer iemand iets simpel aanvang nie. Chaos in land en paaie en mag die Here se hand net oor mensies wees. Scary scary verby

Estie ·

5 dood 14 beseer = 19 in daai taxi hulle moet die bestuurders aankla vir moord…

Ettienne Swanepoel ·

Verstaan ek reg? 19 in die taxi en 14 is net beseer? Hoe kom enige iemand lewendig uit daardie hopie metaal? Wat nog te sê van 14!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.