[Foto’s] Minstens 61 beseer ná bus rol

Die busongeluk op 25 September 2016 op die R603 naby Umbumbulu, KwaZulu-Natal Foto: Emergency Control SA, Ceron Lennox

Die busongeluk op 25 September 2016 op die R603 naby Umbumbulu, KwaZulu-Natal Foto: Emergency Control SA, Ceron Lennox

Minstens 61 persone is beseer nadat ʼn bus, van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, Sondagmiddag omstreeks 16:30 op die R603 naby Umbumbulu-polisie omgeslaan het.

“Paramedici van Rescue Care het saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “Dit was chaos. Die bus het op sy sy te lande gekom teen die skuinste. Minstens 61 persone het van geringe tot ernstige beserings opgedoen.”

Volgens Jamieson is verskeie ambulanse gebruik om die beseerde persone na verskeie hospitale in Durban te neem vir verdere behandeling.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê daar was tussen 60 en 65 persone wat in die bus vervoer is toe die ongeluk plaasgevind het. “Die bus het ongeveer 10 m teen die skuinste afgerol. Dit het verskeie kere gerol,” het sy gesê.

“Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die owerhede stel ondersoek in,” het Jamieson bygevoeg.

Die bus was na Durban onderweg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederik ·

As die bus slegs een keer sou rol, oorskry dit 10 meter. Hoe die een verskeie kere kon rol in 10 meter, weet ek nie.

Carol ·

Verseker. Die bus lyk nie asof dit kon gerol het nie. Baie jammer vir die wat beseer is.

Albert Marais ·

Ja nee, ek bly in KZN en ek getiug van die “busbestuurders” hoe hulle die pad gebruik. Mens hoor gedurig van bus ongelukke in die provinsie. Dan hoor ons dis die paaie skuld, nooit die onbekwame bestuurders nie.

Callie van der Merwe ·

Ek het verlede week n kontrakteur besoek wat projekte in Umbumbulu doen. Dit was opmerklik hoe vinnig die busse gery het in die omgewing. Die paaie daar is vol draaie en op en afdraandes. Het nogal die opmerking gemaak dat hier n ongeluk gaan kom!

Marianne ·

Dis algemeen, van NUL en geen waarde nie. Daardie pad is uiters gevaarlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.