[Foto’s] Minstens een dood, 50 beseer toe treine bots

Foto: ER24

Een persoon is dood en minstens 50 mense beseer nadat twee treine Donderdagoggend naby die Elandsfontein-stasie aan die Oos-Rand gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê een trein het van agter teen ʼn ander trein gebots. Die botsing het tussen 06:00 en 07:00 gebeur. Volgens Meiring is nooddienste steeds op die toneel, maar is daar bevestig dat die masjinis van een van die treine gesterf het.

Hy het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het van die passasiers buite die trein gestaan terwyl ander nog binne die treinwaens gesit het. Minstens 50 mense het ligte tot matige beserings opgedoen. Hulle is na verskillende hospitale geneem.

Metrorail Gauteng het die botsing in ʼn kort verklaring bevestig en gesê die oorhoofse kragdrade tussen Germiston en Kempton Park is af. “Treine sal nie in die gebied wat geaffekteer word beweeg voordat ons tegniese span ʼn alternatiewe lyn geïdentifiseer het wat veilig is vir die treine om te gebruik nie.”

Metrorail het gesê meer inligting oor die oorsaak van die botsing sal later bekendgemaak word. Dit is nie duidelik wanneer treindienste in die gebied hervat sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Swannie ·

Gesentraliseerde Verkeerbeheer (GVB) se fout.
Weet al laaankal dat onopgeleide persone in sulke posisies aangestel word.

Swannie ·

Jammer, my kommentaar was nie volledig nie.

GVB was aandadig OF onopgeleide treindrywer wat nie sy sinjale ken of alweer sinjale verbygegaan het op gevaar.

Feit bly staan dat onopgeleide personeel daagliks duisende mense se lewens in gevaar stel.

Theresa ·

Skrikwekkend. Publieke vervoer maak mens bang. Word die middele ooit mooi nagegaan vir foute? hoe word die drywers/bestuurders/kapteine/loodse gekeur vir opleiding en dan opgelei en hoe weet mens of die slaag dan nader aan 100% was as aan 0%? Bang vir enige ding behalwe my eie fiets.

t ·

Swannie, onopgeleide persone of nie, Suid Afrika vaar baie beter as die res van die wêreld met trein ongelukke. Ons gemiddeld is so 1.25 ongelukke per jaar vanaf 2010. Amerika en Brittanje loop voor met baie meer per jaar.
2016: VSA=13, GB=5, Kanada=1, SA=1.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.