Foto’s: Minstens een dood in Pta-vliegtuigongeluk

Foto via LifeMed-ambulansdienste

Minstens een persoon is dood toe ʼn vliegtuig Dinsdagmiddag in Pretoria neergestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê minstens 20 persone is beseer, waarvan een in ‘n kritieke toestand was. Noodhelikopters was ook op die toneel om pasiënte na nabygeleë hospitale te neem.

Maroela Media verneem die vliegtuig het by Wonderboom-lughawe opgestyg en rookwolke het uit die vliegtuig begin borrel net nadat dit opgestyg het. Die vliegtuig het kort daarna naby Sakabukalaan neergestort en ʼn gebou getref.

Maroela Media verneem die vliegtuig, ʼn Convair 340 (ZS-BRV), behoort aan die Nederlandse lugredery Martinair. Martin’s Air Charter is ʼn filiaal van Air France-KLM.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlike lugvaartowerheid (BLO) het intussen aan Maroela Media bevestig sy ondersoekbeamptes is reeds op die toneel. Verdere inligting sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

RH ·

Sjoe. Sterkte aan die familie en vriende. Dit is nou (onder omstandighede) goed om so baie fotos te kan sien van n berig.

Tilla ·

hierdie berig gisteraand op die 7uur TV nuus waar hulle net praat van ‘n vliegtuig wat geval het op/by die Moloto pad het my spreekwoordelik ‘n hartaanval gegee. Dit is min of meer dieselfde tyd wat my seun by OR T opgestyg het en hier praat hulle niks van waar die vliegtuig opgestyg het. Groot en ek meen Groot verligting toe hulle uiteindelik berig waar die ongeluk was. Sterkte aan almal wat betrokke was in die ongeluk.

Antiestabliesment ·

@Lientjie – Lees weer. Tilla praat van die berig op TV wat haar so groot laat skrik het.

Marinda ·

Sterkte aan almal wat deur die vlieg ongeluk geraak word.

Ander Annie ·

Innige meegevoel aan die familie. Dit is so hartseer. Mag onse Hemelse Vader julle styf vashou. Ook aan die beseerdes en hulle families. Ons gedagtes en gebede is met julle.

Walter ·

LELYSTAD – De in Zuid-Afrika gecrashte Convair 340 uit 1954 was door de Zuid-Afrikaanse eigenaar, Rovos Rail, geschonken aan luchtvaartmuseum Aviodrome. Na de nodige technische werkzaamheden zou het historische toestel deze zomer dwars door Afrika en Europa naar haar nieuwe thuisbasis Aviodrome op Lelystad Airport vliegen.

De kosten van 350.000 euro voor het gereed maken van het vliegtuig, de aankoop van diverse reserveonderdelen en overtocht, waren voor rekening van Aviodrome. De komst van de Convair was een zeer welkome uitbreiding op de collectie vliegende vliegtuigen zegt Aviodrome, „omdat dit iconische toestel de opkomst van het (massa)toerisme typeert.”
Na de Tweede Wereldoorlog ontstond de behoefte aan toestellen die meer passagiers over grotere afstanden en met meer comfort konden vervoeren. Dit comfort werd gerealiseerd door de drukcabine, waardoor bijvoorbeeld boven slecht weer gevlogen kon worden.

KLM had 24 toestellen van dit type in dienst vanaf 1948. Door dit grote succes nam het Martin’s Air Charter, opgericht in 1958, een toestel over en voegde later nog zo’n toestel toe aan de vloot.

Het Zuid-Afrikaanse Rovos Rail bood tot en met 2009 luxe ’air safari’s’ aan in een Convair over het zuiden van Afrika. Dit deden ze in combinatie met georganiseerde treinreizen. Door diverse omstandigheden werd het toestel overbodig voor Rovos Rail en stond het te koop. In maart 2018 werd duidelijk dat de eigenaar de Convair een goede toekomst wilde bieden en daarom besloot hij het toestel te schenken aan Aviodrome.

Dankie ·

Dankie Walter vir u insiggewende kommentaar. Dit blyk dat die vliegtuig op sy laaste vlug sou gewees het? Voorwaar ‘n groot verlies aan lewens asook aan die erfenis wat meer oorsee waardeer sou word as ter plaatse.

Louw ·

Dankie Walter. Ons waardeer die inligting. Baie sterkte aan almal betrokke.

Louw ·

Dankie Walter. Ons waardeer die inligting. Baie sterkte aan almal betrokke.

Manie ·

Baie dankie Walter. Dit maak nou mooi sin. Behalwe dat daar so baie mense in die vliegtuig was…wat basies klink soos n toetsvlug…

Niki ·

Die ander beseerdes was nie aanboord gewees nie. MM het nie berig dat die vliegtuig ‘n melkery getref het nie, vandaar die ander beseerdes. Daar was maar nét 4 mense aanboord die vliegtuig.

Sune van Heerden ·

Dagsê Niki

Die burgerlike lugvaartowerheid (BLO) het bevestig daar was 16 passasiers en drie bemanningslede aan boord.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

nederlands ·

Gewonder wanneer die nederlandse voorgeskrewe boeke wat ons moet lees voordelig sal wees. Bitter dankbaar(as mens kyk na die WRAK) dat net een die lewe verlaat het. beslis ‘n wonderwerk

Vee ·

Tragies maar ek sien tog soveel genade rondom die ongeluk met oorlewendes.
Soos ek verstaan sou die Vliegtuig eindelik op 23 Julie 2018 weer teruggekeer het na sy bestemming in Nederland Lelystad Airport
Dit het ook nie vêr van my Man se werksplek gebeur nie wat mens ook net weer laat besef hoe vinnig en maklik dinge kan verander.
Ons innige meegevoel en gebede vir elkeen hierby betrokke . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.