[Foto’s] Minstens vier dood in Pta-Oos-brand

Die brand in Plastic View op 2 Julie 2016 (Foto: Netcare 911)

Die brand in Plastic View op 2 Julie 2016 (Foto: Netcare 911)

Minstens vier persone is dood toe honderde plakkershutte Saterdagaand omstreeks middernag in Plastic View naby die Woodlands Mall in Pretoria-Oos afgebrand het.

“Talle persone het beserings opgedoen en is na verskeie hospitale in die gebied geneem,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Owerhede is op die toneel op soek na nog oorlewendes of liggame.”

Mathe het gesê die persone wat dakloos gelaat is, het skuiling gekry by ʼn plaaslike kerk.

“Brandbestryders het meer as drie ure lank gespook om die brand onder beheer te bring,” het sy bygevoeg.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

Len Dekker, ʼn inwoner van Meadow Glen in Moreletapark, het aan Maroela Media gesê dit was vermoedelik ʼn grasbrand wat deur ʼn sterk wind aangedyf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

john samuel ·

Almal uitlanders wat daar plak. Was al n uitsettings bevel teen hulle gekry – hulle plak op n Begrafplaas – wat een of liberale toe ter syde gestel gekry het. Misdaad vanuit daardie area is baie hoog – verder gaan ek nie kommentaar lewer nie…

WL ·

Ons het gisteraand so 23:30 daar verby gery toe was die brand al woedend, dis nie die plakkerskamp by die begraafplaas wat gebrand het nie maar wel die een agter die kerk.

TALITA ·

Ag nee mens. Dis steeds mense. Is daar n nr wat ek kan kontak sodat ons kan help met komberse klere watookal. Asb ek ken n groep dames wat sal help.

Koos ·

Talita jy klink na ‘n goeie mens hoop jy ondersteun Afriforum/Solidariteit die nood is hoog in die weste van Pretoria lees net vanoggend die eff help al so hoog is die nood onder ons eie mense.

Edward ·

Steeds onwettige immigrante meeste van hulle. Kamtige politieke asiel aansoekers. Het hulle eie lande ten gronde regeer en nou kom hulle hiernatoe.

Johan ·

Talita,met alle respek gese,as jy nie in die onmiddelike omgewing van die hool bly nie,bly maar stil!!My en my familie se lewe het in ‘n nagmerrie ontaard agv plastic view….My vraag is,hoekom help jy nie ons eie mense(swart en wit) wat in nood is?
Plastic view moet so vining en moontlik onbind en afgebreek word.Die mense kan mos daar by en die vrygewe gemeente se grapserk kom bly….of gaan dit te veel ongerief wees???

Grap ·

Daardie plakkers kamp se buitelandse inwoners is die hoof oorsaak vir die toename van misdaad in daardie gebied en wat hartseer is hulle word bygestaan deur die Moreleta park NG kerk terwyl daar baie Suid-Afrikaners is wat krepeer sonder hulp.

J ·

Grap gaan join die Facebook groep. Eks van die Ooste. Hulle gaan jou uithaal. Hulle my uitgehaal. Voel soos jy. Ekt ook gevra waar is ANC en EFF.

charmaine ·

Alweer die blankes wat wil help. Hou op kruip by die mense. Stem saam Koos, Talita klim in jou kar en kom laai die komberse in Danville se ouetehuise af.

J ·

Ek behoort op die groep Van:Eks van die Ooste of het. Hulle my uitgehaal toe ek vra kan ons nie blankes help wat vrek van die honger a.g.v BEE nie. Hulle fondse ingestroom vir Plastic View. Het maar net gevra en is uitgehaal as n rassis.

Anti DA ·

Dit is reg so J laat die klomp kant kies maar hoop hulle hou by hulle keuse die Afrikaanssprekende was nog altyd bekend vir hulle “staan saam die groep wat in beheer is ongeag wat hulle siening is”my oupa het hulle ruggraatlose joiners genoem.

realis ·

Dipuo Peters kom hulle toespreek sonder komberse of kos. Seker om stemme te werf. Die wit rasiste sal mos sorg dat hulle geholpe raak.
Die owerhede stel ondersoek in maar verder niks. Siestog
Die tyd dat die lam en die leeu langs mekaar le of die kinders met giftige slange speel het nog nie aangebreek nie.
As die regering nie help nie sal ek ook nie. Amen

Barend ·

Is die beseerdes na privaathospitale geneem, en indien wel, wie betaal hulle mediese koste? Of word hulle gratis behandel?

Verban van "Ek's van Die Ooste" ·

J, weet presies waarvan jy praat. Ook afgegooi van daai groep toe ek vra vir donasies vir ons eie mense. Eers behoortlik uitgehaal daaroor. Vra jy donasies vir jou eie mense kry jy of geen reaksie of jy word vertel Plastic View is priority. NG Moreleta gee met die een hand vir Plastic View, en klap sy eie Suid-Afrikaners met die ander hand. En moet tog nie vergeet…dit hou hul in die media. NG Moreleta het mos lekker groot gronde…soos jy sê, laat hul almal daar gaan intrek

Minx ·

Charity begins at home hoekom nie help waar dit saak maak nie en my mense kom eerste ek ondersteun ook die mense van die weste en Danville laat Die anc hulle help want ons wit plakkers en voorheen bevooregtes kry bokkerol van hulle af nie lees bietjie van Elsa Lourens van die VF+ hoe swaar dit met ons volk gaan daars groot nood in Sonop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.